► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 42

Tuis

 

pdf iconLaai die Ditsem Nuus September 2019 uitgawe hier af:

Laai PDF af (15 MB)

 

Ditsem Nuus met sy gedrukte en aanlyn digitale formaat, tesame met hierdie webwerf en die weeklikse elektroniese nuusbrief DitsemBlits, bied uitstekende geleentheid vir advertering by ons teikenmark, nl. middel- en hoër- inkomste Afrikaanssprekendes veral in die sentraal-Vrystaat en Bo-Karoo, maar ook landswyd en selfs in die buiteland. Verskillende advertensiepakkette met betalingsopsies wat prys beïnvloed, asook plasingfrekwensies van keuse, is beskikbaar.

Alle advertensies in die gedrukte formaat verskyn outomaties en sonder ekstra koste ook aanlyn in die digitale Ditsem Nuus.

Vir die advertensietariewe met voorbeeldgroottes van die gedrukte formaat, kliek hier.

Vir die advertensietariewe vir advertensies op die webwerf stuur vir ons 'n epos om 'n kwotasie te kry by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Soos gesien kan word, is die tariewe uiters billik, met die tariewe vir die digitale formaat met sy landswye strekking goedkoper as die tariewe vir die gedrukte formaat.

Ditsem Nuus verseker adverteerders van ons beste persoonlikke diens. Indien ’n adverteerder ons voorsien van die nodige inligting, maak ons ‘n proef en lê dit voor ter finalisering. Alternatiewelik kan ons van drukgereedmateriaal voorsien word in PDF formaat.

Ditsem Nuus spesialiseer ook in promosie-artikels bestaande uit redaksionele profiel, foto’s en dan korporatiewe besonderhede (logo en kontakbesonderhede).

Om te adverteer, kontak ons gerus by 051 436 0552 of 082 773 2150 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., of vul onderstaande in en stuur vir ons.

 

Joomla forms builder by JoomlaShine

Die oop gedeelte van die webwerf bevat in digitale formaat die maandelikse gedrukte koerant, die advertensietariewe vir verskillende formate en ‘n intekenfasiliteit.

Ditsem Nuus bely God drieënig, uit, deur en tot wie alle dinge is en daarmee saam die saligmaking in Jesus Christus vir alle mense wat dit persoonlik in geloof aanvaar. Hierdie belydenis en geloof het ingevolge die Bybel bepaalde praktiese implikasies.

Welkom by Ditsem Nuus

In 'n tyd wanneer die Afrikaner onder groter druk as ooit is om as volk voort te bestaan en sy regmatige plek in Suid-Afrika en in die wêreld in te neem, is dit noodsaaklik dat nuus en inligting wat saakmaak vir die Afrikaner van vandag, by hom / haar uitkom. Dit is presies wat Ditsem Nuus doen, 'n koerant wat sedert 2008 maandeliks gepubliseer word en versprei word te Kimberley, Bloemfontein en 12 dorpe in die suidwes-Vrystaat en Bo-Karoo van die Noord-Kaap. Die gedrukte uitgawe van die koerant word ook in digitale formaat op die Internet gepubliseer.

Gebaseer te Orania, bedryf Ditsem Nuus ook 'n dinamiese webwerf, Facebookblad en Twitter-rekening, almal waarvan daagliks opgedateer word. Daarbenewens stuur Ditsem Nuus ook die elektroniese nuuspakket, DitsemBlits, uit, met daaglikse Nuushooftrekke en 'n weeklikse Nuusbulletin.

Om nuus waarheidsgetrou, gebalanseerd, op tyd en professioneel te verskaf, verg kundigheid, dryfkrag, tyd, personeel, infrastruktuur en harde werk en dit het gemaak dat nuus 'n kommoditeit geword het – daar is onvermydelik 'n geldwaarde aan gekoppel. Daarom, om vandag noodsaaklike nuus en inligting by regsinnige Afrikaners uit te kry, moet Ditsem Nuus sorg dat dit finansieel volhoubaar bly.

Dit doen Ditsem Nuus deur advertensieruimte te verkoop in die koerant, asook op sy webwerf, terwyl die DitsemBlits op 'n intekenpakket van slegs R240 per jaar beskikbaar gestel word.

Indien dit vir u, geagte leser, belangrik is dat Ditsem Nuus die nuus en inligting verskaf wat dit doen, dan vra ons u om die koerantonderneming op en van of alvier die volgende wyses finansieel te ondersteun:

  • U besigheid in Ditsem Nuus maandelikse koerant adverteer as medium om strategiese teikenmark van middel- en hoër-inkomste Afrikaanssprekendes te bereik – kliek hier vir tariewe en vinnige prosessering
  • U besigheid op ditsem.net te adverteer – kliek hier vir vinnige prosessering
  • Inteken op DitsemBlits @ slegs R240 per jaar – kliek hier vir vinnige prosessering
  • Maak 'n donasie as Vriend van Ditsem deur die maklike betalingsmetode regs bo aan enige bladsy te volg – enige bedrag is welkom. U kan selfs gereelde betalings doen. Vir 'n donasie van R1 000 of meer, kom u naam en adres op die adreslys van DitsemBlits gratis vir die volgende vyf jaar (60 maande)

Sluit dus gerus aan by die Ditsem-familie en help bou aan 'n volhoubare Afikanervolk!

Ditsem Nuus, met kantore te Bloemfontein en Orania, bestaan uit ‘n maandelikse gedrukte uitgawe en ‘n weeklikse elektroniese uitgawe, terwyl ‘n weeklikse elektroniese nuusbrief, DitsemBlits, ook uitgestuur word.

Go to top