► Navorsing van Solidariteit toon dat die blanke bevolking van die land van 0-14 jaar met sowat 17 000 toegeneem het en dat totale blanke bevolking sedert verlede jaar met 130 000 mense gegroei het; dus groot behoefte aan werkskepping vir blankes ► Ditsem Nuus skep opwindende digitale markplein, DitsemMarkplein, vir Afrikaanssprekende- en Afrikaner-besighede op Telegram-program vir selfone – om te besoek en in te skakel, volg hierdie skakel ► Solidariteit kondig omvattende wettige belastingprotesveldtog aan, insluitende minstens ses regsaksies, teen staatsondernemings en belastingplunderaars, sê staat kan nie belasting gebruik om te steel nie ► Met ʼn skuld van R441 miljard toon Eskom bedryfsverlies vir 2018/19 finansiële jaar van R20,7 miljard in vergelyking van R2,3 miljard in 2017/18 finansiële jaar, dus styging van 800% in verlies; munisipale skuld by Eskom styg van R13,6 miljard na R19,9 miljard ► Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan kondig aan dat huidige voorsitter van raad van Eskom Jabu Mabuza ook aangestel is as waarnemende uitvoerende hoof ► Verslag van Stats SA toon dat werkloosheidskoers in SA van 27,6% in eerste kwartaal gestyg het na 29% in tweede kwartaal, na raming 17 miljoen werkloses in Suid-Afrika; vermoede dat werklike werkloosheid minstens 60% kan wees ► Diensbetogers te Petrus-Steyn brand uit frustrasie huis van ANC burgermeester Mamiki Mokoena van Nketoana Munisipaliteit af; geen drinkwater in die dorp nie ► In Pretoria staak munisipale werkers van SAMWU met looneis van 18% verhoging, terwyl inflasiekoers ongeveer 5% is; staking gepaard met vandalisme van infrastruktuur en intimidasie van publiek – kyk hierdie videogreep ► AfriForum beraadslaag met Marloth Park Belastingbetalersvereniging ten einde vestiging van steenkoolmyn van 18 000 ha op drumpel van Kruger Nasionale wildtuin by Krokodilbrughek teen te staan ► Groot verdeeldheid in ANC oor ʼn voormalige minister Derek Hanekom met Ace Magashule en Jacob Zuma wat sê hy was “apartheidspioen”, terwyl ANC-veterane en andere hom verdedig as gerespekteerde lid van ANC ► Kyk by hierdie videogreep hoe gemeenskapslede te Burgersfort volgens sosiale media SAPD-beamptes behandel ► Volgens Parlementêre antwoord van Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Lindiwe Zulu, is pensioentrekkers en ander begunstigdes afgelope jaar uit maatskaplike toelaes van gesamentlik meer as R21 miljoen bedrieg, terwyl staatsamptenare op bedrieglike wyse R5,4 miljoen in sak gesteek het vir onbehoorlike siekte verlof ► Gereelde georganiseerde betogings en nagwake voor SA Hoë Kommissariaat in Ottawa, Kanada, teen geweldsmisdaad in SA insluitende teen boere, asook teen etniese suiwering, rassisme en korrupsie ► Op Vrouedag 9 Augustus Antieke & Versamelaarsmark by Voortrekkersmonument, Pretoria, 09:00 tot 15:00, alle stalletjie volbespreek, toegang R30 per voertuig, geen troeteldiere ►

Dit is ons submissie dat in die Bybel vier tipes samelewings verbande vir God belangrik is, nl. huwelike tussen man en vrou, gesinne met ouers en kinders, families en dan volke. Bv. waarom die ellelange familieregisters – dit is omdat dit vir God belangrik is.

Die punt is dat die verskeidenheid van volke ooreenkomstig die wil van God is en dat daarom ook op die Afrikaner die onus rus om sy volksidentiteit te erken, te koester en uit te bou. Hierdie siening is reëlreg teenoor die strewe van die Illuminati of NWO van eenwêreld met alle etniese en kulturele grense uitgewis.

Daarom sê ons dat al hoe blanke Afrikaans sprekendes in SA sal kan oorleef, menslik gesproke, is om as volk te verenig, saam te staan en selfbeskikking toe te pas – altyd met respek vir ander nasionaliteite, etnisiteite en groeperings. Die eintlike naam vir die Afrikanervolk is die Boerevolk, soos wat dit deur die eeue ontwikkel het tot vandag toe.

In die huidige omstandighede van die land en die wêreld – gaan die Boerevolk opstaan, verantwoordelikheid vir sy eie lot aanvaar onder Gods albestier en so sy plek in die wêreld inneem?

Uit die getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping wat tans uitstroom en daagliks op TV voor die oë en ore van die hele land afspeel, word getoon in watter ongelooflike mate SA die afgelope 25-jaar stelselmatig deur ANC-bewind afgebreek is. Die korrupsie is eenvoudig duiselingwekkend.

Veral die getuienis van die voormalige bedryfshoof van die maatskappy Bosasa, Angelo Agrizzi, soos wat hy dit duidelik en op die punt af uitspel, toon dat die geval Bosasa op sy eie staatskaping is. Vroeër is getuienis voor die kommissie het die geblyk hoe die land tydens Jacob Zuma-era, in medewerking met die Guptas, gekaap is, maar Bosasa is nou hoofstuk twee.

Pas het die Mpati-kommissie begin met sittings oor wat in en rondom die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gebeur het en kommentators voorspel dat daar waarskynlik hoofstuk drie van staatskaping gaan uitkom. Hoe dit ookal sy, die punt is dat met die implisering ANC- en regeringsleiers tot op die hoogste vlak, die slotsom onvermydelik is dat SA regeer word deur ʼn bende rampokkers.

Jammer om dit so te stel, maar dit is die waarheid, waarvan nie weggeskaam kan word nie. Hieruit vloei allerhande noodwendige gevolge, soos die gruwelike wyse waarop die armes in die land ingedoen word, die klug wat gemaak word van swart ekonomiese bemagtiging en die vraag of blanke belastingbetalers langer ʼn bedeling moet finansier wat duidelik daarop ingestel is om hulle te ondergrawe?

Suid-Afrika het by ‘n kruispad gekom en vir hulle wat wil oorleef en vooruitgaan, is dit tyd vir drastiese besluite.

Van al die onlangse nuus in ʼn snelveranderende Suid-Afrika is die enkele gevaarlikste verwikkeling, dié omtrent die finansieel wankelende Eskom. Volgens die nasionale kragvoorsiener self gaan die onderneming vir die 2018/19 boekjaar ʼn verlies van R11,2 miljard ly en dit bo-op sy reeds bestaande skuld van R419 miljard – ʼn syfer wat oor die volgende drie jaar kan oploop na R650 miljard.

Wat nou gebeur, is dat Eskom geld leen om rente op sy skuld te betaal, m.a.w. dit is ʼn afwaartse spiraal in dieper skuld in. Die redes hiervoor is infrastruktuur wat oor 25 jaar nie opgegradeer is nie, begrotingsberamings vir die nuwe Medupi en Kusile kragsentrales wat totaal handuitgeruk het en die kragvoorsiener wat deur grootskaalse korrupsie en wanbestuur as ʼn melkkoei vir persoonlike selfverryking misbruik is.

Hieroor kan natuurlik in meer detail ingegaan word, maar die punt is, soos wat tans gesien kan word, daar geen omdraaipunt in sig is vir die afwaartse skuldspiraal van Eskom nie. Terwyl ʼn mens positief moet bly en positiewe woorde moet spreek, moet die realiteit in die oë gekyk word dat indien Eskom as nasionale kragvoorsiener sou vou, dit letterlik nag in SA kan wees soos nog nooit tevore nie.

Dit kan beteken geen elektrisiteit vir yskaste, kasregisters, petrolpompe, Internet – noem maar op – en die maatskaplike en misdadige gevolge wat daaruit kan spruit. Dit is ʼn aaklige scenario, waarvoor proaktief effektiewe gebeurlikheidsbeplanning en implementering spoedeisend gedoen behoort te word.

Na ons mening kan nie langer gewag word vir die regering en Eskom om die situasie te beredder nie. Daar moet bv. private alternatiewe energie-opwekking op grootskaal geïmplementeer word, om strategie uitgewerk en in plek gestel word, ens. Ons het nie al die oplossings nie, maar dat daar wel unieke oplossings moet kom, terwille van beskawing, oorlewing en voortbestaan, veral ook vir die Afrikaner en die swakkes in die samelewing, is verseker.

Wat is kans vir alternatiewe energie vir meeste Suid-Afrikaners? Kan dit wees dat slegs dié wat nie alternatiewe energie kan bekostig nie, aan Eskom gekoppel bly?

Bedenkinge oor volhoubaarheid van ESKOM wat geld leen om skuld te diens

Is Zimbabwe huidiglik op die rand van ineenstorting?

VSA verlam omdat Trump geld vir muur met Meksiko wil hê en Demokrate weier om dit te gee

Stemming vandag in Britse Laerhuis kan bepaal Brexit met ooreenkoms met EU, Brexit met geen ooreenkoms of geen Brexit nie

Op die internasionale front is van die belangrikste verwikkelinge die stryd wat pres. Donald Trump van die VSA teen die Demokratiese Huis van Verteenwoordigers het vir befondsing van $5 miljard vir ʼn muur op die grens met Meksiko; die veldtog wat eerste minister Theresa May voer om Brittanje op 29 Maart vanjaar te laat Brexit met uittrede uit die EU; die stryd wat talle lande in Europa het om hulself van parasitiese Moslem-instroming te red en hul nasionalisme te herontdek; die knou wat die VSA die magtige Chinese ekonomie toegedien het met die instelling van veel skerper invoertariewe; en die nuwe regse koers wat Brasilië en Meksiko in Latyns-Amerika inslaan onder onderskeidelik presidente Jair Bolsonaro en Andrés Obrador.

Geloftefees is afgelope 15 en 16 Desember met geesdrif deur Afrikaners gevier in ongeveer 200 Geloftefeeste en -dienste landswyd en selfs in die VK, VSA en Nieu-Seeland en is bewys daarvan dat daar nog ʼn kerngedeelte van die Afrikanersvolk is wat onherroeplik verbind is tot hul lotsbepaling onder die hand van God – besoek gerus die Geloftefeeskalender Facebookblad

Pres. Cyril Ramaphosa het met ANC-viering te Inanda, Durban, weereens beklemtoon dat grondonteiening sonder vergoeding “gaan gebeur of mense nou daarvan hou of nie.” Hierdie voorgenome skuif is onwettig, al het die Parlement dit sogenaamd goedgekeur en sou gepoog word om dit te implementeer, kan Suid-Afrika as staat sy kantelpunt bereik. Afrikaners is sagmoedige mense en nie offensief nie, maar as hul grond en eiendom nou goedsmoeds gesteel word, kan die onverklaarde burgeroorlog teen hulle beantwoord word.

laerskool reyneke   willem aangeval 11 1 19

Die Dubbelestandaarde wat tans in Suid-Afrika toegepas word om die blanke, in besonder die Afrikaner, in submissie in te boelie, skrei teen hemele.

Te Clifton-strand word deur swart politieke radikaliste gejil dat alle blankes in die see gejaag moet word en as hulle nie wil nie, moet hulle elkeen een koeël kry. ʼn Skaap word op barbaarse wyse geslag om die punt te bewys. Hieroor geen woord van repudiasie van die staatspresident, enige regeringsleier en die Menseregtekommissie (MRK) nie.

Aan die ander kant bars ʼn storm los oor een klassie in die Laerskool Schweizer-Reneke waar Gr. 0 kinders ter wille van taal in groepies verdeel is. Die ANC betoog in massa, terwyl die MRK ‘n diepgaande ondersoek na die aangeleentheid gelas. Terselfdertyd as voorbeeld, oorval ses swart aanvallers te Warden vir Willem Rademeyer (64) in sy huis, rand hom gruwelik aan en beroof hom, maar dit word nie gesien as rassisme nie.

Ons sê vir die Boere-Afrikaner is dit tyd om op te staan, heeltemal polities inkorrek te word, die waarheid te noem soos dit is en te se dat hierdie geboelie is verder totaal onaanvaarbaar. Indien dit voortduur, moet daar noodwendig gevolge wees wat seermaak.

In Duitsland tans gewelddadige betogings teen Moslem “immigrante” – nie aansluiting by golf in Frankryk?

Is werklike rede vir gewelddadige betogings in Frankryk teen pres. Emanuel Macron burgerlike weerstand teen Islamisering van Frankryk?

By Clifton slag swart radikales skaap as simbool om blankes dood te maak en MRK uiter nie woord en lig nie vraag; by Laerskool Schweizer-Reneke word swart en wit kinders in een klassie gegroepeer volgens taal en MRK begin diepgaande ondersoek. Wat dink jy daarvan?

Op die internasionale toneel slaan die blou blitse steeds hoofsaaklik uit om die persoon en administrasie van pres. Donald Trump van die VSA. Hy is besig om met sy polities-inkorrekte beleid van nasionalisme die kaarte en planne van die Nuwe Wêreld Orde (NWO) met hul globalisme lelik deurmekaar te krap. Die resultaat is ʼn volskaalse politieke oorlog tussen Trump en die NWO

Die NWO het as hul tentakels die internasionale media soos CNN, die BBC, die New York Times, ens. terwyl iemand soos pres. Emanuel Macron van Frankryk nasionalisme afgekam het as vyand van die mensdom. Die politieke vlamme wat tans in Brittanje hoog brand rondom eerste minister Theresa May met haar Brexit-plan, is ook deel van die stryd tussen nasionalisme en globalisme.

Intussen is nasionalisme egter besig om sterk veld te wen in talle lande in die wêreld, soos Pole, Hongarye, Italië, Griekeland, Serwië, Japan, ens.  By hierdie golf van nasionalisme is dit vir die Afrikanervolk ook besonder belangrik om by aansluiting te vind.

Dit lyk of Suid-Afrika ná 24 jaar van ANC-bewind rotsbodem geslaan het – munisipaliteite is bankrot, disfunksioneel en kan nie meer hul salarisse betaal nie; die SAL ná R33 miljard is nog nie lewensvatbaar nie; Transnet is bankrot; Denel kan nie meer salarisse betaal nie; Eskom is in miljarde rand skuld en wankel as nasionale kragvoorsiener; Telkom is besig om te sink; staatshospitale het selfs nie meer vir beddegoed geld nie; die SANW trek só noustrop dat dit kwalik meer die land kan verdedig; die SAID hardloop in die rooi; die SAPD het nie meer genoeg voertuie om misdaad te bekamp nie; en die staatskas is een kerf bo leeg.

Brandstofpryse was nog nooit so hoog nie; BTW styg en kospryse ruk handuit.

Korrupsie in die staatsektor van miljarde der miljarde rand, om nie eens te praat van kaping van die SA staat nie, het die land op sy knieë – inderdaad rotsbodem.

Voorwaar ʼn donker prentjie soos wat hierdie mooi en ryk land nog nooit voorheen gesien het nie. Wat is die oplossing, veral vir die Afrikaner?

Solidariteit praat van die blankes in die land verdig tot 30 dorpe, maar wat se langtermynoplossing bied dit?

Wat veral vir blankes en dan ook spesifiek vir Afrikaners van wesenlike belang is, is die ongelooflike onreg van sg. swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie. Die swaarverdiende belastinggeld van blankes word direk deur die ANC-regering aangewend tot uitsluitlike voordeel van swartes en om spesifiek blanke te ondergrawe. Hoe lank gaan blankes nog hierdie sieklike situasie verduur?

Intussen is daar te Orania ʼn plekkie vir die Afrikaner om legitiem sy eie te noem. Daar kan die Afrikaner weer bou aan selfbeskikking tot by soewereiniteit, maar hoekom is Orania nog nie vir die Afrikaner ʼn bestemming van voorkeur nie?

Ons wil graag hoor wat sê ons lesers op hierdie vrae? Laat ons gerus weet by epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Op die SA nuusfront is die grootste en belangrikste gebeurtenis die afgelope week die aankondiging van die Grondwetlike Hersieningskomitee dat artikel 25 van die SA Grondwet gewysig moet word ten einde voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding. Daarmee is beslis ʼn nuwe hoofstuk in die tragiese geskiedenis van SA sedert 1994 ingelui.

Om mee te begin, is dit na ons mening duidelik uit die formulering van die SA Grondwet in sy huidige vorm dat die bedoeling in 1994 was dat privaatregtelike besit van eiendom grondwetlik verskans moet wees en dat hierdie hoeksteen van ʼn vrye ekonomie onaantasbaar moet staan. Om nou die Grondwet te wil verander ter wille van onteiening, kom inderwaarheid neer op ook ʼn verbreking van die gees van die destydse Codesa-ooreenkoms vir magsoorname.

Voorts dien deeglik in gedagte gehou te word, dat tydens die openbare deelnameproses vroeër vanjaar. die meerderheid skriftelike voorleggings aan die Hersieningskomitee gekant was teen wysiging van die Grondwet. Daarenteen was op die openbare verhore oor die saak, gehou grotendeels op veneus in swart woongebiede, populistiese en militante swart massas oorwegend ten gunste van die wysiging van die Grondwet.

Daarby is dit opmerklik dat sopas die ANC in die Parlement geweier het dat politieke partye en belanghebbende instansies die inhoud van voorleggings aan die Hersieningskomitee bespreek en het die Komitee soos ʼn stoomroller sy aanbeveling gemaak. Daarmee is die siening bevestig dat die uitkoms van de Komitee lank vooraf deur die ANC, EFF en hul meelopers bepaal is en dat die komitee in werklikheid net  ʼn rookskerm was.

Tans is opposisiepartye in die Parlement, insluitende die DA, VF Plus, ACDP en andere, tesame met ʼn wye reeks van belanghebbende instansies, eensstemmig dat weens die onregmatigheid en kontaminasie van die proses, die stryd oor Grondwetwysiging vir doeleindes van grondonteiening sonder vergoeding nou eers begin het. Dit is duidelik dat daar baie sterk teenkanting teen die wysiging van die Grondwet en onteiening sonder vergoeding is en dat kompromie nie ʼn opsie is nie.

Dit is ons mening dat hierdie saak eenvoudig neerkom op staatsgesanksioneerde eiendomsdiefstal en dat dit ʼn groot stap sou wees om in SA ʼn Kommunistiese bestel te skep. Daarom moet dit teengestaan word met alle mag en ten alle koste.

Bladsy 7 van 96
Go to top