► Met meer as 80% van stemme getel in die verkiesing, staan nasionaal die ANC op sowat 57%, DA 22%, EFF 10%, IVP 3% en VF Plus 2,5%, met die res in bondel agterna ► Wat provinsies betref, is ANC loshande top in agt van die nege, met die Wes-Kaap wat steeds onder DA bly ► Algemene patrone op hierdie stadium is dat die ANC redelik gevaar het ten spyte van skandes van staatskaping en die gemors waarin die land gedompel is; DA het nie aan verwagtinge voldoen nie en is waarskynlik grootste verloorder om verskeie redes; IVP, VF Plus en EFF het almal hul mindere steun feitlik verdubbel, grootbek BLF heeltemal uit die bus met slegs sowat 8 000 stemme in totaal ► Kleiner partye maak groot bohaai oor bedrog met stemmery in die verkiesing, maar OVK sê ná deeglike ondersoek is weinig stawende bewyse gevind; luister bv. na hierdie stemgreep van Front Nasionaal en vorm jou eie mening ► Alliance Defending the Autonomy of Churches in SA (AdacSA) vandag in Pretoria se hooggeregshof vir saak om outonomie van kerke en godsdiensvryheid in SA te verdedig ► Zondo-kommissie hoor oor Transnet dat finansiële hoof van die maatskappy het mag gehad om kontrakte en tenders van tot R1 miljard alleen toe te ken ► MTN, een van die boikotters van Steve Hofmeyr, verloor in eerste kwartaal vanjaar meer as 1,3 miljoen kliënte ► Oor wie die beste skolerugbyspan in die land is, word môre in Bloemfontein bepaal wanneer Grey Kollege en Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) mekaar pak ►

Pres. Donald Trump van die VSA met sy aweregse beleid en polities-inkorrekte uitsprake bly steeds die grootste enkele nuusmaker op die wêreldtoneel, veral in soverre hy direk ingaan teen die strewes van die Nuwe Wêreldorde (NWO). So bv. word George Soros van die Open View Foundation en 'n voorste proponent van die NWO soos volg aangehaal : “Trump has almost destroyed the New World Order. I vow to redouble my efforts in pouring million of dollars into opposing everything Trump stands for.”

Dit bring mee dat wat die VSA as die magtigste moondheid ter wêreld ook al doen, ʼn impak het op die res van die wêreld, of mense dit nou wil weet of nie. So is die uitslae van die pasafgelope Amerikaanse middeltermynverkiesings van groot belang, want dit het ʼn invloed op die Amerikaanse beleid teenoor die res van die wêreld.

In die afgelope verkiesings het die Republikeine hul meerderheid in die Senaat versterk, maar hul meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers prysgegee ten gunste van die Demokrate. In die verkiesing van goewerneurs van deelstate was die stryd baie gelykop tussen die Republikeine en Demokrate.

In geheel gesien, het die verkiesings ʼn redelike terugslag vir Trump beteken, hoewel hy steeds stewig in die saal sit. Dit is egter duidelik dat hy ernstig na sy styl en aanbieding behoort te kyk.

Met die land wat feitlik tot in die afgrond gekorrupteer is deur die ANC-regering, die staatskas wat bykans leeg is, die aanhoudende moorde van swart op wit beide op die platteland en in dorpe en stede en die ongeëwenaarde rassediskriminasie teen blanke burgers wil ons die eenvoudige vraag vra: Is daar ʼn volhoubare toekoms vir spesifiek die Afrikaner in Suid-Afrika?

In 1994 het die blankbeheerde regering die regering van SA op ʼn skinkbord aan die ANC as die numeries meerderheidsparty oorhandig. Toe het die land die sterkste ekonomie, weermag en maatskaplike struktuur op die vasteland van Afrika gehad, trouens dit was die enigste ontwikkelde industriële staat op die vasteland.

Hoe lyk die prentjie vandag ná 24 jaar van ANC-bewind? Die land verkoop aan die Guptas en ander rampokkers, die staatskas leeggeplunder deur staatskorrupsie, die weermag in vodde, misdaad van die hoogste in die wêreld en rassediskriminasie teen blankes baie erger as wat sg. apartheid ooit was.

Om ʼn lang storie kort te maak, een eenvoudige vraag: Gee vir ons drie goeie redes waarom die Afrikanervolk nog sy heil en toekoms binne die huidige SA moet soek en nie moet wegbreek om op eie gedeelte grondgebied sy selfbeskikking uit te leef nie? Is dit dalk tyd vir Afrikaner-leierskap om op te staan en die geregverdigde eise vir selfbeskikking tot op die vlak van soewereine vryheid op eie grondgebied te stel?

Op hierdie stadium blyk dit in SA twee nuwe banke plaaslik gaan open. Die eerste is een deur die landboumaatskappy Afgri Group Holding (AGH) wat die SA Bank of Athens (Saba) oorgekoop het en as ʼn bank gaan bedryf.

Die tweede is ʼn nuwe digitale bank, Bank Zero, wat hoofsaaklik op digitale platform bedryf gaan word as ʼn nuwe konsep in bankwese in die land. Die uitvoerende hoof is Michael Jordaan, voorheen uitvoerende hoof van FNB.

Albei banke het reeds die nodige klaring en lisensies by SA Reserwebank verkry.

Sol-Tech het aangekondig dat dit vanaf 2019 vir die eerste keer ’n oorbruggingsprogram vir toelating tot

ambagsopleiding by die kollege in vyf dorpe regoor Suid-Afrika gaan aanbied. Deur hierdie toevoeging hoop Sol-Tech om ambagsopleiding vir meer jongmense, ook in die platteland, toeganklik te maak.

Sodoende kry jongmense met onvoldoende skolastiese kwalifikasies die geleentheid om hulself te bekwaam vir gekrediteerde ambagsopleiding en behaling van kwalifikasies. Studente gaan die basiese beginsels van relevante vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Ingenieursgrafika en -ontwerp, en ambag-spesifieke tegniese vakke leer om sodoende die nodige toepaslike onderbou vir verdere studies te verkry.

Die institusionele opleiding vind steeds by Sol-Tech in Pretoria plaas, maar die oorbruggingsprogram gaan net soveel meer jongmense toelating tot opleiding by Sol-Tech bied. Hierdie program word al vir ’n geruime tyd deur middel van voltydse kontaksessies in Pretoria aangebied vir studente wat reeds hul skoolloopbaan voltooi het en die Sol-Tech-keuring geslaag het. Vanaf 2019 sal dit egter vir die eerste maal ook deur middel van ’n

afstandsonderrigmodel met geskeduleerde kontaksessies in samewerking met vyf skole verspreid oor Suid-Afrika aangebied word.

Satellietkampusse op Wolmaransstad (Hoërskool Wolmaransstad), Bethlehem (Bethlehem Voortrekker Hoërskool), Naboomspruit (Hoërskool Hans Strijdom), Worcester (HTS Drostdy) en Klerksdorp (Hoërskool Schoonspruit) verseker dat studente toegang tot gehalte-onderrig in hul eie dorp kan kry. Opleiding gaan aaneenlopend oor ‘n tydperk van 24 weke geskied en leerders moet oor ’n graad 10-sertifikaat

beskik.

Vir meer besonderhede besoek www.sol-tech.co.za of skakel Schikkie Geldenhuys by 082 555 6865.

Ditsem Nuus werk tans om vanjaar vir die sewende agtereenvolgende jaar ʼn Geloftefeeskalender te publiseer van Geloftefeeste wat waar ook al gehou word, ook in die buiteland. ʼn Veldtog word trouens tans van stapel gestuur om vas te stel of Geloftefees nog deur Afrikaners in lande soos Namibië, Engeland, Australië, Nieu-Seeland, die VSA, Kanada, ens. gehou word en/of die Gelofte ten minste vanjaar op Sondag 16 Desember by eredienste gelees word.

Inligting oor Geloftefeeste kan gestuur word na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of skakel 053 207 0127 of besoek die Facebookblad. Vir die 2017 Geloftefeeskalender kliek hier.

Soos wat Ditsem Nuus kontak maak met die onderskeie kontakpersone wat Geloftefeeste landswyd reël, blyk dit dat daar ’n groeiende besef posvat onder Afrikaners van die noodsaaklikheid van nakoming van die Gelofte van Bloedrivier. Dit is asof mense onder die huidige landsomstandighede en bedreiging teen die Afrikaner al meer intens bewus raak van die noodsaak van die Gelofte.

Te midde van die meesal slegte nuus in SA kom ʼn brokkie goeie nuus in die vorm van die uiters besige Mount Edgecombe Wisselaar noord van Durban aan die KZN Noordkus wat pas voltooi is en op 30 Oktober deur Minister van Vervoer Blade Nzimande amptelik geopen is. Die wisselaar open ʼn bottelnek van verkeersophoping by die samevloeiing van die besige N2 en N41 roetes, met sowat 40 000 voertuie per dag wat die afgelope sowat twee jaarbygekom het.

Die wisselaar word gesien as ʼn ikoon i.t.v. siviele ingenieurswese en argitektoniese ontwerp, terwyl dit na beplanning sal bydra tot toename van miljarde rand beleggings in die KZN Noorkusgebied. Die totale projekkoste het R1,1 miljard beloop en is een van die grootste projekte wat Sanral nog in KZN aangepak het. Dit het ook ʼn enorme inspuiting beteken vir kleinsake ontwikkeling in die streek.

In ʼn mediaverklaring sê die VF Plus Gauteng: “Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, is die oorsaak dat 23 000 leerlinge in Gauteng nog nie vir 2019 by skole geplaas is nie. Weens die versuim van die LUR om genoegsame skole in Gauteng te bou, sit die provinsie se onderwysdepartement nou in hierdie krisis.

“In 2015 het Lesufi ʼn verslag ter tafel gelê wat aangedui het dat die provinsie toe slegs 2 922 skole gehad het wat 2 433 342 leerlinge moes bedien. Buiten die 23 000 leerlinge wat nog nie vir 2019 geplaas is nie, is daar ook nog 21 094 leerlinge wat uit die onderwysdepartement se stelsel verwyder is aangesien hulle nie die ‘tersaaklike dokumentasie ingedien het nie’. Daar sal in ʼn latere stadium oorweeg word of hierdie leerlinge wel geakkommodeer kan word of nie.

“In stede daarvan dat Lesufi sy taak as LUR doeltreffend verrig en die belange van kinders eerste stel, het hy sy persoonlike belange voorop gestel en sy politieke agenda op skole probeer afdwing om sy eie loopbaan te bevorder. Nou moet 44 294 leerlinge in die provinsie daaronder ly.”

In 1994 het die blankbeheerde regering die regering van SA op ʼn skinkbord aan die ANC as die numeries meerderheidsparty oorhandig. Toe het die land die sterkste ekonomie, weermag en maatskaplike struktuur op die vasteland van Afrika gehad, trouens dit was die enigste ontwikkelde industriële staat op die vasteland.

Hoe lyk die prentjie vandag ná 24 jaar van ANC-bewind? Die land verkoop aan die Guptas en ander rampokkers, die staatskas leeggeplunder deur staatskorrupsie, die weermag in vodde, misdaad van die hoogste in die wêreld en rassediskriminasie teen blankes baie erger as wat sg. apartheid ooit was.

Om ʼn lang storie kort te maak, een eenvoudige vraag: Gee vir ons drie goeie redes waarom die Afrikanervolk nog sy heil en toekoms binne die huidige SA moet soek en nie moet wegbreek om op eie gedeelte grondgebied sy selfbeskikking uit te leef nie?

Internasionaal is die warmste nuus op die oomblik die stroom van duisende mense wat vanuit Suid-Amerika op die grens tussen Meksiko en die VSA toesak. Dit kan nie anders gesien word as ʼn georkestreerde poging van die Nuwe Wêreldorde (NWO) om die Trump-administrasie te destabiliseer.

Aanvanklik is duisende per vragmotors en busse vanaf verskeie lande soos Guatemala, Honduras, ens. aangery en in Meksiko afgelaai. Die Meksikaanse polisie en weermag het die stroom probeer stop, maar is grootliks eenvoudig uit die pad gevee, wat gewys het dat hierdie nie net bloot vlugtelinge is nie, maar jong opgeleide vegters.

In reaksie het die VSA sowat 15 000 soldate op die grens gemonster om die inval af te weer. Pres. Trump het gesê dit blyk dat onder hierdie “vlugtelinge” is opgeleide terroriste wat gestuur is om die VSA in te dring.

‘n Berig doen op sosiale media die rondte dat onlangs te Port-Elizabeth die 13de gesamentlike polisiëringsentrum tussen die SAPD en die Chinese diplomatieke verteenwoordiging in SA geopen is. Volgens die berig is die sentrum te PE amptelik geopen deur Oos-Kaap kommissaris lt.genl. Liziwe Mtshinga en Yu Yuan van die Chinese ambassade in Pretoria.

Hierby is foto’s van die amptelike opening van die PE sentrum. Kan lesers meer lig werp op die betroubaarheid van hierdie berig?

Die jeugbemagtigingsprojek, YES, van pres. Cyril Ramaphosa, wat met algemene belastingbetaalde bedryf word, is slegs vir swart, bruin en Indiër jeugdiges en sluit spesifiek blanke jeugdiges uit. Die projek is daarop gemik om jeugdiges tussen die ouderdomme van 18 en 35 te ondersteun om spoedig ‘n werk of ‘n heenkome te vind.

In reaksie hierop sê Solidariteit Jeug in ‘n mediaverklaring: “Hierdie rassemaatreëls is die nuutste in ʼn lang rits rasbehepte beleide wat ten doel het om wit mense bloot op grond van hul velkleur tot tweedeklas burgery te verneder. Uitsluiting op grond van ras is besig om die norm te word. Dit kan gesien word in gevalle soos Sasol se Khanyisa-aandeleskema. Ons durf nie toelaat dat rasse-uitsluiting alledaags en normaal word nie.”

Solidariteit Jeug het in ‘n brief aan Ramaphosa beswaar gemaak teen die uitsluiting van blankes op grond van hul velkleur, terwyl die VF-Plus Jeug by die MRK beswaar gemaak het. In reaksie hierop het YES op Twitter aangekondig dat hulle hul registrasieblad ook vir werklose blanke jeugdiges oopgestel het.

In kommentaar op hierdie jongste stap van YES sê Solidariteit Jeug egter: “Alhoewel Yes4Youth aanvoer dat die program nou oop is vir alle rasse, word jy steeds uitgesluit uit die program as jy wit is. ʼn Boodskap deel jou met hoflike minagting mee dat jy van ander webwerwe kan gebruik maak om jou CV te plaas. Jy kwalifiseer steeds nie vir die YES-program nie, want jy is nie net jonk en werkloos nie – maar wit.”

Solidariteit Jeug gaan nou voort om ʼn klagskrif saam te stel wat mense die geleentheid sal bied om ʼn brief aan die president oor die uitsluiting van werklose jeugdiges bloot op grond van hul velkleur te onderteken - om die klagskrif te onderteken, klik hier. Voorts word tans ʼn regsmening ingewin oor moontlike litigasie in hierdie verband.

“Afrikaanse skole moet hulself posisioneer om ten volle te privatiseer om sodoende te verseker dat onderrig in Afrikaans steeds in 2030 sal plaasvind.” Dit is een van die kernaanbevelings wat ’n span Afrikaanse kundiges maak in ’n verslag getiteld Afrikaans: Visie 2030. Die verslag sal in detail bespreek word tydens ’n beraad van Afrikaanse organisasies wat in November gehou word. Afrikaans: Visie 2030 kan hier afgelaai word.

Die outeurs van Visie 2030, Bertus de Villiers, Deon Geldenhuys en Heinrich Matthee, is kundiges op die terreine van vergelykende staatkunde, politieke dinamika en strategiese studies. Hulle het die werk onderneem in opvolging van ’n beraad van Afrikaanse organisasies wat in 2017 plaasgevind het. Tydens die 2017-beraad is die behoefte uitgespreek dat ’n oorhoofse visie vir die behoud en ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur vir 2030 daargestel word.

Die outeurs beklemtoon dat Afrikaanse onderwys vanaf kleuteronderrig tot universiteitsopleiding dié belangrikste vereiste vir die behoud en ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur is. Vanweë die koste verbonde aan onderrig en die verwagte afname in regeringsubsidies vir Afrikaanse onderrig stel hul die volgende voor:

  • Vestiging van Afrikaanse kleuterskole vir elke woonbuurt of dorp waar dit geregverdig kan word. Die ideaal is om ʼn selfgefinansierde kleuterskool wat in Afrikaans onderrig aanbied, op plaaslike vlak daar te stel. Kerke en kerkterreine kan ’n baie nuttige basis hiervoor wees.
  • Vestiging van Afrikaanse laerskole vir elke plaaslike gebied wat dit kan regverdig. Die ideaal is om ʼn selfgefinansierde laerskool te vestig in elke omgewing waar ongeveer 5 000 tot 7 000 Afrikaanssprekendes woon. Sakelui kan betrek word om fasiliteite te ontwikkel en te verhuur.
  • Vestiging van Afrikaanse hoërskole vir elke gebied wat dit kan regverdig. Die ideaal is om in elke omgewing waar ongeveer 10 000 – 12 000 Afrikaanssprekendes woon, ʼn selfgefinansierde sekondêre skool te vestig of om met bestaande onafhanklike skole saam te werk.
  • Die aanbied van onderwysopleiding om onderriginstellings op alle vlakke te bedien. Sodanige sentrum sal vanweë skaalbesparing waarskynlik slegs op nasionale vlak aangebied kan word.

’n Onvermydelike implikasie van hierdie voorstelle is dat Afrikaanse onderrig nie in elke dorp of elke woonbuurt sal kan plaasvind nie. Keuses sal gemaak moet word waar dienste aangebied kan word en hoe verblyf en vervoer ontwikkel kan word vir kinders wat reis. Die outeurs beveel ook aan “dat ʼn kultuurakkoord met die regering onderhandel word waarvolgens die plek van Afrikaans in die samelewing erken word, die bydrae van die Afrikaanse kultuur waardeer word en ’n gedeelde patriotisme bevestig word.”

Ten slotte word voorgestel dat “plaaslike diensverskaffingsbesighede” gestig word om basiese dienste op ’n kontrakbasis aan plaaslike owerhede te verskaf. Sodoende kan plaaslike gemeenskappe saamwerk om hul lewensgehalte te verbeter.

Die outeurs huldig die mening dat Afrikaanse organisasies hulself dringend moet herposisioneer met die oog op 2030. Die tyd het aangebreek om die regte dinge te doen en om dié dinge reg te doen. “Indien daar nie nou opgetree word nie, sal die prentjie vir die Afrikaanse taal en kultuur in 2030 droewig daar uitsien,” aldus die verslag.

Visie 2030 word bespreek tydens ’n driedaagse beraad wat vanaf 1 tot 3 November 2018 plaasvind en wat geborg word deur die Solidariteit Navorsingsinstituut om kritieke gesprekvoering oor Visie 2030 te bevorder.

Die dood van een enkele persoon tot dusver vanjaar wat die meeste nuusdekking regoor die wêreld getrek het, was die verdwyning van en moord op die Saoedi-joernalis Jamal Khashoggi in die Saoedi-konsulaat in Istanboel, Turkye. Aanvanklik het die Saoedi-kroonprins en die koning alle kennis omtrent die verdwyning van Khashoggi ontken, maar later toegegee dat hy vermoor is tydens ʼn operasie wat verkeerd sou geloop het.

Wat egter mettertyd duidelik na vore gekom het, wat met Khashoggi gebeur het, is basies die volgende: Binne 20 minute nadat hy die Saoedi-konsulaat in Istanboel binnegegaan het om persoonlike dokumente te bekom, was hy gemartel, vermoor en in stukke opgesaag deur ʼn 15-man moordbende in direkte opdrag van die Saoedi-regeerder kroonprins Salman. Die operasie is selfs uitgevoer per Skype instruksie deur die hoofveiligheidsraadgewer van Salman.

Die verskillende dele van die lyk is skynbaar op die terrein van die konsulaat begrawe, asook oorblyfsels in ʼn woud buite Istanboel, terwyl selfs skynbaar dele na Saoedi-Arabië gesmokkel is.

Soos wat die waarheid na vore gekom het, het internasionale veroordeling van die grusame en blatante moord opgelaai en is daar tans tekens dat die VSA sy dekadeslange diplomatieke en besigheidsondersteuning vir Saoedi-Arabië wil opskort – met die enorme internasionale kettingreaksie wat dit waarskynlik tot gevolg sal hê.

Tydens die spitsberaad oor werke (“Jobs summit”) op 4 Oktober in Johannesburg het pres. Cyril Ramaphosa dat die regering ʼn bedrag van R100 miljard geoormerk het om swart nyweraars - bestaande en potensieel – te finansier. Hierdie program sal bestuur word deur die Financial Sector Transformation Council en die Dept. van Handel en Nywerheid.

Die pakket vir swart nyweraars vorm deel van die uitgebreide plan wat Ramaphosa voorgelê om werkskepping in SA ingrypend te bevorder. Hy het ook gewaarsku teen die negatiewe impak wat die sg. Vierde Industriële Rewolusie op werkskepping kan hê.

Duisende lede van die vakbond Solidariteit het gister saam met onder meer AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, die FAK en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) in Sandton betoog teen rassediskriminasie by Sasol en teen diskriminasie teen blankes oor die algemeen. Die massaprotesaksie spruit uit Sasol se Khanyisa-aandeleskema vir werknemers wat blanke werknemers uitsluit en net vir swart werkers beskikbaar gestel is.

Solidariteit het in Januarie vanjaar ’n dispuut met Sasol verklaar omdat wit werknemers van die tweede ronde van dié skema uitgesluit is. Die geskil is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys, maar dit het op ʼn dooiepunt geëindig.

Die massa-optog het ʼn memorandum oor hul griewe oorhandig by onderskeidelik die Sasol hoofkantoor in Sandton asook by die kantore van die JSE, waar Sasol as maatskappy genoteer is. Die memorandum aan die JSE lewer ook kritiek op die JSE bemagtigingsegment waarvolgens net swart met swart mag verhandel.

Optoggangers het gesê: “Ons gaan nie toelaat dat rasse-uitsluiting genormaliseer word nie.” Hulle het plakkate gehad met slagspreuke soos: “Velkleur bepaal nie my waarde nie.”

Groot kommer is uitgespreek deur opposisie partye en militêre kundiges oor die aankondiging van Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Lindiwe Sisulu dat Suid-Afrika genader is deur Saoedi-Arabië om ʼn aandeel in die staatsonderneming Denel te koop. Hierdie aankondiging kom te midde van die internasionale storm rondom die moord op die gewese Saoedi-joernalis Jamal Khashoggi en die moontlike kansellasie deur die VSA van militêre kontrakte met die Saoedi’s ter waarde van sowat $400 miljard.

Die kommer gaan veral daaroor dat Denel steeds beskik oor fantastiese militêre tegnologie en kundigheid wat veral ontwikkel is tydens die vorige bedeling en wat rampspoedig kan wees indien dit in die hande van vreemdes sou val. Die kommer is voorts dat die transaksie met die Saoedi’s baie aanloklik vir die SA-regering kan wees met hul feitlik bankrot staatsbegroting.

Bladsy 8 van 95
Go to top