► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Beide die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit spruit uit die bekruipende sug van radikale swartmense om grond en die besittings van blankes sonder vergoeding te mag ontneem. Dit het in Zimbabwe gebeur, maar ANC politici het jare gelede gesê dit sal nooit in Suid-Afrika gebeur nie.

In 2013 het pres. Jacob Zuma egter tydens die verjaardagviering van die ANC gesê dat 'n wet nodig is om grond en eiendom te mag vervreem sonder vergoeding. Hy het ook gesinspeel daarop dat blankes die grond van swartmense in SA “gesteel” het.

Mettertyd het hierdie wekroep al sterker geword en het Zuma openlik begin verklaar “dat blankes die grond van swartmense in die land gesteel het en dat dit sonder vergoeding aan die regmatige eienaars terugbesorg moet word.” Hy het ook gesê dat al die moeilikheid in SA het begin die dag in 1652 toe Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het.

Spoedig het 'n koor van radikale swart aktiviste vir Zuma al sterker begin steun, met Julius Malema en sy EFF die voorsangers. Vir laasgenoemde het blatante grondgryp sonder vergoeding formele beleid geword en sê hulle “blankes is besoekers wat op hul plek gesit moet word.”

Die gevolg was dat die Wetsontwerp op Onteiening in 2013 die lig gesien het as monsterwet wat die Wet op Onteiening van 1975 moes vervang. Laasgenoemde wet was bedoel om te help om openbare infrastruktuur te bestuur en het markverwante vergoeding in die geval van onteiening voorgeskryf.

Die nuwe wetsontwerp verander die bepaling van vergoeding volgens markwaarde na “billike en regverdige” vergoeding soos dit in artikel 25 van die Grondwet uiteengesit word. Verder bekragtig die huidige wetsontwerp ook die vermoë van die staat om in die “openbare belang” te onteien. In dié opsig sluit die openbare belang grondhervorming en gelyke toegang tot die land se hulpbronne in – dus duidelik polities-gedrewe.

Die reg op private besit van grond en eiendom, regmatig verkry op die basis van gewillige-verkoper-gewillige-koper en gedokumenteer in die aktekantoor, vorm sedert die vroegste beskaafde tye in SA en in die res van die vrye wêreld die hoeksteen van 'n vrye markekonomie. Dit is dan ook uitdruklik verskans in die huidige Grondwet van SA, 108/1996, artikel 25, wat soos volg lui: “25 (1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie. (2) Eiendom mag slegs ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif onteien word – (a) vir 'n openbare doel of in die openbare belang; en (b) onderworpe aan vergoeding, waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling òf deur diegene wat geraak word aanvaar is of deur 'n hof bepaal of goedgekeur is.”

Die wetsontwerp van 2015 is dus in stryd met die Grondwet en boonop word in die wetsontwerp gesê: “Property is not limited to land and includes a right to such property.” Die Wetsontwerp op Onteiening bevat dus 'n sluwe, verreikende voorsiening dat enige eiendom – ook persoonlike besittings, huisinhoud, voertuie, aandele, ens. – sonder vergoeding ontneem kan word.

Daarenteen voer die regering aan dat die nuwe wet nodig is om onteiening landwyd op 'n eenvormige, prosedureel korrekte en nie-arbitrêre wyse te bestuur. Daar word voorts aangevoer die doelwitte van grondhervorming en gelyke toegang tot hulpbronne, as deel van die sogenaamde openbare belang, word ook sterk nagestreef. Die regering ag dus die regverdiging om te onteien breër as bloot net die bou van openbare infrastruktuur.

Volgens kritici van die wetsontwerp, soos verskeie opposisiepartye, Agri SA, Solidariteit, die Instituut vir Rasseverhoudinge, ens., is die bewoording van die teks so wyd dat dit inderdaad 'n Trojaanse perd vir onteiening van eiendom is sonder vergoeding. Hulle sê 'n gevolglike verswakking van private besitregte van ekonomiese hulpbronne en bates sal katastrofale gevolge vir die ekonomie inhou.

Sonder eiendomsekerheid sal plaaslike belegging en kapitaalaanwending ernstig gestrem word en kan kapitaalwaardes van eiendom intuimel. Verder bestaan die moontlikheid natuurlik ook dat die onteiening met korrupsie vervleg sal word.

Inmiddels word die gedreun uit radikale politieke geledere al harder dat “blankes die grond gesteel het en dat dit sonder vergoeding teruggevat moet word. "Dit word gestel as sleutel tot “radikale ekonomiese transformasie, volvoering van die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) en kitsoplossing vir grootskaalse swart armoede in die land.”

Zuma is die voorbok in hierdie verband en wil nou hê dat 'n splinternuwe wet aanvaar moet word wat grondonteiening sonder vergoeding maklik maak en dat die Grondwet dienooreenkomstig gewysig word. Hierin word hy gesteun deur die feitlik 24/7 stroom propaganda uit DStv kanaal 405 van ANN7 van die Guptas.

Inmiddels is die Wetsontwerp op Onteiening in 2016 deur die Parlement goedgekeur en na pres. Zuma verwys vir ondertekening en bekragtiging as wet. Zuma het dit egter, eienaardig genoeg, nie geteken nie en dit terugverwys na die Parlement met die kommentaar dat iets van die wetsontwerp of iets prosedureels strydig met die Grondwet is en dat die wetsontwerp weer hersien moet word. Vir die volle teks van hierdie wetsontwerp, kliek hier.

Met die debat oor hierdie wetsontwerp in die Parlement het Malema van die EFF 'n mosie ingedien dat alle swart Parlementslede, insluitende die ANC, moet saamstaan en goedkeur dat 'n wet geformuleer en aanvaar word wat grond- en eiendomsontneming magtig. Die mosie is egter met 261 teen 33 stemme verwerp.

Dit was 'n wonderbaarlike slag vir voorgenome grondgryp en het bewys dat daar 'n formidabele element van swartes in die land is wat grondontneming sonder vergoeding afwys – 'n bemoedigende teken. Desondanks word die eise om grond in blanke besit al skerper en is as gevolg hiervan is die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit in Maart 2017 deur Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinti in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar - slegs tot en met 17 April 2017. Hierdie wetsontwerp het duidelik ten doel om grond van blankes met 'n steelhou in te palm, inderwaarheid om blankes te ontneem van die reg om grond te besit.

Volgens die wetsontwerp sal, indien dit aangeneem word, geen blanke meer eerste die keuse hê om grond te koop nie en sal blanke boere eers wanneer die minister en moontlike swart grondkopers nie belangstel nie, landbougrond kan koop. Selfs landbougrond uit bestorwe boedels word ook aan die beoogde wet onderwerp en moet dit eerste aan die minister en potensiële swart kopers aangebied word voordat dit deur blanke erfgename of ander blankes uit die boedel aangekoop kan word.

Die minister sal ook ingevolge die wetsontwerp landbougrond kan onteien in gevalle waar nie op 'n bedrag tussen die departement en die grondeienaar ooreengekom kan word nie. Vir die volle teks van die wetsontwerp, in Engels, kliek hier.

 http://www.gov.za/documents/regulation-agricultural-land-holdings-bill-draft-17-mar-2017-0000

Midde-in die rumoer oor grond en die kontroversie rondom die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit staan die feite van die breë aangeleentheid kortliks soos volg:

  • Volgens historiese vestigingspatrone in wat later Suid-Afrika sou word sedert die 17de eeu, het blankes op onbewoonde grondgebiede gevestig en nêrens grond onregmatig beset nie.
  • Blankes het beskawing in SA ingebring deur wet en orde toe te pas, die wiel bekend te stel, plase en dorpe op te meet, geboue op te rig, paaie, brûe en spoorlyne te bou, mynbou toe te pas en 'n Christelike staatstruktuur te vestig.
  • Die vermoë om grond produktief te benut in die algemene belang, is 'n sleutelfaktor.
  • Sowat 33 000 kommersiële, meesal blanke, boere maak dat SA 'n netto uitvoerder van voedsel is - die enigste op die vasteland.
  • Die mislukkingskoers van grond wat ingevolge “grondhervorming” aan swart boere gegee is, is nagenoeg 95%. Boonop verkies swart begunstigdes meesal geldelike uitbetaling bo grond as sulks.
  • Daar is baie meer grond in staatsbesit en gereserveer vir tradisionele swart gebiede soos die Transkei, QwaQwa, ens., ens. as wat die aanvraag huidiglik onder swart mense is vir produktiewe benutting. Dit op sigself maak dit oorbodig dat grond by blankes gevat moet word om aan sg. “grondhonger” swartes te gee.
  • Sedert die nuwe SA bedeling na 1994 het almal toegang tot grond in SA wat nie vir swart en bruin mense gereserveer is nie, d.m.v. die vrye mark meganisme van vrywillige-verkoper-vrywilige-koper.

Dit is waar die saak tans staan en voel Ditsem Nuus as Afrikaanse koerant dat 'n petisie teen beplande grondgryp soos vervat in die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit, so sterk as moontlik ondersteun moet word en by die Parlement ingedien behoort te word ter ondersteuning van Parlementslede wat albei wetsontwerpe geskrap wil hê. Sonder om reaksionêr te wees, meen ons dat die 1975 Wet steeds voldoende voorsiening maak vir die kwessie van onteiening in die openbare belang.

Derhalwe vra ons ons lesers drie sake:

Met entrepreneurskap wat die sleutel is vir ontwikkeling van die kleinsakesektor in enige ekonomie en wat weer op sy beurt die grootste stimuleerder van ekonomiese groei en die grootste werkverskaffer is, is dit wetenswaardig dat 'n bedryfsregseminaar (franchise seminar) op 9 Maart 2017 deur die Franchise Association of South Africa (FASA) in Bloemfontein aangebied word. Daar is tans in SA sowat 40 000 bedryfsregondernemings wat gesamentlik meer as 10% tot die BNP bydra. Die sukseskoers van bedryfsregte (franchises) word op 90% gestel, terwyl navorsing toon dat 80% van bedryfsregondernemings gelukkig is met hul bedryfsreghouers en dat 72% van berdyfsregondernemings optimisties is oor die toekoms van hul besighede.
Dit is teen hierdie agtergrond dat FASA 'n reeks seminare in die groot stede van die land aanbied. Die geleentheid in Bloemfontein vind plaas te Nelson Mandelarylaan 108 vanaf 11:30 tot 14:00. Die koste beloop R100 per persoon en sluit in 'n eksemplaar van die 2017 FASA Bedryfsreghandleiding en 'n komplementêre toegangskaartjie vir die FASA Franchise Business Festival30 Junie – 2 Julie 2017 te Kayalami.Meer besonderhede by Giuli Osso by 011 615 0359 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.fasa.co.za.

Met entrepreneurskap wat die sleutel is vir ontwikkeling van die kleinsakesektor in enige ekonomie en wat weer op sy beurt die grootste stimuleerder van ekonomiese groei en die grootste werkverskaffer is, is dit wetenswaardig dat 'n bedryfsregseminaar (franchise seminar) op 9 Maart 2017 deur die Franchise Association of South Africa (FASA) in Bloemfontein aangebied word. Daar is tans in SA sowat 40 000 bedryfsregondernemings wat gesamentlik meer as 10% tot die BNP bydra. Die sukseskoers van bedryfsregte (franchises) word op 90% gestel, terwyl navorsing toon dat 80% van bedryfsregondernemings gelukkig is met hul bedryfsreghouers en dat 72% van berdyfsregondernemings optimisties is oor die toekoms van hul besighede.
Dit is teen hierdie agtergrond dat FASA 'n reeks seminare in die groot stede van die land aanbied. Die geleentheid in Bloemfontein vind plaas te Nelson Mandelarylaan 108 vanaf 11:30 tot 14:00. Die koste beloop R100 per persoon en sluit in 'n eksemplaar van die 2017 FASA Bedryfsreghandleiding en 'n komplementêre toegangskaartjie vir die FASA Franchise Business Festival30 Junie – 2 Julie 2017 te Kayalami.Meer besonderhede by Giuli Osso by 011 615 0359 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.fasa.co.za.

Die volgende is 'n ledeverklaring wat dr. Pieter Mulder van die VF Plus in die Parlement gemaak het oor die betekenis van die Slag van Majuba op 27 Februarie 1881:Die tweede helfte van die 19de eeu in Suider-Afrika is gekenmerk en oorheers deur Britse imperialisme en Britse kolonialisme. Cecil John Rhodes het die simbool van hierdie Britse imperialisme in Suidelike Afrika geword en in n toespraak by Oxford in 1877 het hy gesê: I think that what God would like me to do is to paint as much of the map of Africa British Red as possible.
As gevolg van hierdie benadering volg die Anglo-Zoeloe oorlog in 1879 tussen die Britse Ryk en die Zoeloe Koninkryk. Dit word in 1881 gevolg deur die eerste Anglo-Boereoorlog tussen die Britse Ryk en die Afrikaner Boere burgers van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Gister was dit presies 136 jaar na die slag van Majuba waar die Britte oortuigend deur die Boere verslaan is. Die Britse genl. Colley het die berg Amajuba beset as deel van sy veldtog om die ZAR in te val en vir Brittanje te annekseer.
Die Boere o.l.v. van genl. Piet Joubert en Nicolaas Smit het die Britte egter oortuigend verslaan in wat ek graag die Eerste Vryheidsoorlog noem. Colley is tydens die geveg gedood. Hierdie oorlog was die enigste oorlog wat die Britte in die 19de eeu en tot vandag toe verloor het. Hulle het ook alvier die veldslae tydens die oorlog verloor. Ons bring graag hulde aan daardie Boere wat bereid was om te veg teen Britse imperialisme."

Daar heers groot omstredenheid rondom Brian Molefe wat deur pres. Jacob Zuma na die Parlement ontplooi is, na gespekuleer word om in 'n invloedryke pos t.o.v. die Dept. van Finansies aangestel te word. In die eerste plek het Molefe einde verlede jaar homself genoop gevoel om te bedank as uitvoerende hoof van Eskom nadat die Openbare Beskermer hom met klinkklare bewyse geïmpliseer het as 'n meeloper van die Gupta-familie en hul staatskaping-verbintenis met Zuma.
Tweedens, vóór Eskom was Molefe uitvoerende hoof van Transnet waar hy vyandiggesind was t.o.v. die kontroversiële terughouding van pensioengeld ter waarde van sowat R79 miljard aan 67000 verarmde, afgetrede Transnet werknemers en het Molefe gesê dat hulle begunstigdes van apartheid is wat op geen vergoeding aanspraak kan maak nie. As die pensioenarisse die rewolusie in die strate verder wil voer, moet hulle net so sê. Derdens het Molefe tydens sy termyn by Eskom 'n borgskap van R840 000 skynbaar onregmatig toegeken aan die verbete anti-blanke aktivis Jimmy Manye vir sy sg.
Progressive Professionals Forum, wat aktief 'n stryd voer om van Pravin Gordhan as Minister van Finansies ontslae te raak. Vierdens het dit aan die lig gekom dat Molefe 'n paleis van 'n woning in die luukse landgoed Cornwall Hill in Pretoria, as 'n tweede woning by 'n mede-ANC kader gekoop het vir R10 miljoen, terwyl die markwaardasie van die eiendom op R18 miljoen geraam word.

‘n Sanral-projek om die N12 tussen Kimberley en Hopetown, veral die gedeelte vanaf Ritchie na Hopetown, te herseël, veroorsaak tans groot oponthoude vir verkeer en is daar bv. tussen Ritchie en Hopetown minstens agt stop-ry-punte. Die brug oor die Oranjerivier by Hopetown word ook tans breër gemaak met nog 'n baan met pilare in die rivier wat bygebou word. Hierdie is 'n projek op sy eie wat deur die firma Botes & Kennedy Manyano gehanteer word. Na verneem word, behoort die herseëlprojek van Sanral binne die eersvolgende twee maande afgehandel te word, maar die brugprojek sal na verwagting eers teen middel 2018 voltooi word.
Die verkeersvertragings op die pad veroorsaak dat talle mense eerder die roete via Douglas tussen Kimberley en Hopetown volg, maar dit is ‘n ongeveer 70 km draai. Andere reis vanaf Ritchie oor Jacobsdal, Koffiefontein en Luckhoff, maar dit is 'n nog groter draai. In die proses gaan tallose besigheidsure verlore.

Verskeie groot konstruksieprojekte tans onderweg in Kimberley, soos die voltooiing van die Sol Plaatje Universiteit-kampus, die nuwe Lenmed Harthospitaal, die nuwe Fabricia Trading Post DIY-sakekompleks, ens., toon dat daar groot potensiaal vir sake-uitbreiding en entrepreneuriese inisiatiewe in Kimberley is, maar bepaalde knelpunte ondermyn sakevertroue in die stad. Die eerste is gebrekkige dienslewering en instandhouding van infrastruktuur deur die Sol Plaatje Munisipaliteit, in besonder wat betref water en elektrisiteit. A.g.v. onvoldoende vooruitbeplanning in die verlede is opgaarfasiliteite nie behoorlik ontwikkel nie en gevolglik kom onderbrekings in watertoevoer gereeld voor, 'n probleem wat vererger word deur voortdurende pyplekkasies en defektiewe waterpompe.
Waterbeperkings vir inwoners geld steeds ondanks die afgelope goeie reëns. Kragonderbrekings a.g.v. defekte in die munisipale netwerk kom eweneens gereeld voor, met gebiede in die stad wat sporadies sonder krag is en lyk dit soms selfs of beurtkrag aan die orde van die dag is. Nog 'n knelpunt is onwettige sakebedrywighede wat in die stad op redelike algemene skaal voorkom, soos sypaadjiestalletjies wat soos paddastoele opskiet, meesalongelisensieerd is en dikwels besigheid bedryf met produkte onder vals handelsname. Veral in die middestad van Kimberley is dit 'n bydraende faktor tot toenemende misdaad.
Voorts het die Valke en die SAPD onlangs op talle voedselprodukte met verstreke rakleeftyd toegeslaan en dit gekonfiskeer. Vrae word ook gevra in watter mate handelaars soos van Chinese, Pakistani, Bangladesji en Nigeriese oorsprong enigsins belasting, veral BTW, betaal. Ondanks die knelpunte blyk dit volgens 'n ondersoek wat Ditsem Nuus gedoen het, dat dit veral die dienste- en kleinhandelsektor in die stad is wat groei toon, terwyl toerisme in verskillende aspekte ook goed deurkom. Daar is egter nie veel tekens van vervaardiging as die sektor wat die sterkste stimuleerder vir ekonomiese groei is nie en is daar bv. weinig nuwe besighede wat in 'n nywerheidsgebied soos Kimdustria oopmaak.

Verskeie groot konstruksieprojekte tans onderweg in Kimberley, soos die voltooiing van die Sol Plaatje Universiteit-kampus, die nuwe Lenmed Harthospitaal, die nuwe Fabricia Trading Post DIY-sakekompleks, ens., toon dat daar groot potensiaal vir sake-uitbreiding en entrepreneuriese inisiatiewe in Kimberley is, maar bepaalde knelpunte ondermyn sakevertroue in die stad. Die eerste is gebrekkige dienslewering en instandhouding van infrastruktuur deur die Sol Plaatje Munisipaliteit, in besonder wat betref water en elektrisiteit. A.g.v. onvoldoende vooruitbeplanning in die verlede is opgaarfasiliteite nie behoorlik ontwikkel nie en gevolglik kom onderbrekings in watertoevoer gereeld voor, 'n probleem wat vererger word deur voortdurende pyplekkasies en defektiewe waterpompe.
Waterbeperkings vir inwoners geld steeds ondanks die afgelope goeie reëns. Kragonderbrekings a.g.v. defekte in die munisipale netwerk kom eweneens gereeld voor, met gebiede in die stad wat sporadies sonder krag is en lyk dit soms selfs of beurtkrag aan die orde van die dag is. Nog 'n knelpunt is onwettige sakebedrywighede wat in die stad op redelike algemene skaal voorkom, soos sypaadjiestalletjies wat soos paddastoele opskiet, meesalongelisensieerd is en dikwels besigheid bedryf met produkte onder vals handelsname. Veral in die middestad van Kimberley is dit 'n bydraende faktor tot toenemende misdaad.
Voorts het die Valke en die SAPD onlangs op talle voedselprodukte met verstreke rakleeftyd toegeslaan en dit gekonfiskeer. Vrae word ook gevra in watter mate handelaars soos van Chinese, Pakistani, Bangladesji en Nigeriese oorsprong enigsins belasting, veral BTW, betaal. Ondanks die knelpunte blyk dit volgens 'n ondersoek wat Ditsem Nuus gedoen het, dat dit veral die dienste- en kleinhandelsektor in die stad is wat groei toon, terwyl toerisme in verskillende aspekte ook goed deurkom. Daar is egter nie veel tekens van vervaardiging as die sektor wat die sterkste stimuleerder vir ekonomiese groei is nie en is daar bv. weinig nuwe besighede wat in 'n nywerheidsgebied soos Kimdustria oopmaak.

Ná 'n jarelange hofstryd deur Solidariteit en AfriForum om die amptelike transformasieteikens oftewel raskwotas vir SA sportkodes uit Minister van Sport Fikile Mbalula te kry, het laasgenoemde dit uiteindelik verlede week drupsgewys bekendgemaak. Sover vasgestel kan word, is dit soos volg: ?Rugby nasionaal senior mans: Spanne moet 45% gekleurd wees, maar 30% van die spelers moet swart (d.w.s. nie bruin of Indiër nie) wees. ?Rugby vroue: Spanne moet 80% gekleurd wees. ?Sokker nasionaal: Spanne moet 75% swart en 25% gekleurd (bruin en Indiër) wees. ?Krieket nasionaal: Spanne moet 60% gekleurd wees, terwyl 27% van die span swart moet wees. ?Atletiek bestuurstruktuur nasionaal: 100% swart. Meer betroubare besonderhede is egter nie op hierdie stadium beskikbaar nie, maar bogenoemde kan as betroubaar gereken word. Die prentjie in elk geval wat na vore kom, is om blankes sover moontlik uit SA sport te druk.

Ná 'n jarelange hofstryd deur Solidariteit en AfriForum om die amptelike transformasieteikens oftewel raskwotas vir SA sportkodes uit Minister van Sport Fikile Mbalula te kry, het laasgenoemde dit uiteindelik verlede week drupsgewys bekendgemaak. Sover vasgestel kan word, is dit soos volg: ?Rugby nasionaal senior mans: Spanne moet 45% gekleurd wees, maar 30% van die spelers moet swart (d.w.s. nie bruin of Indiër nie) wees. ?Rugby vroue: Spanne moet 80% gekleurd wees. ?Sokker nasionaal: Spanne moet 75% swart en 25% gekleurd (bruin en Indiër) wees. ?Krieket nasionaal: Spanne moet 60% gekleurd wees, terwyl 27% van die span swart moet wees. ?Atletiek bestuurstruktuur nasionaal: 100% swart. Meer betroubare besonderhede is egter nie op hierdie stadium beskikbaar nie, maar bogenoemde kan as betroubaar gereken word. Die prentjie in elk geval wat na vore kom, is om blankes sover moontlik uit SA sport te druk.

Die Orania Karnaval – vanjaar 6-8 April – is die sosiale hoogtepunt op die jaarkalender van die dorp. Die wye verskeidenheid stalletjies en uitstallings bied 'n venster van wat op die dorp aangaan, terwyl 'n aantreklike sport- en vermaaklikheidsprogram help om besoekers van heinde en verre te trek. As sulks is die Karnaval 'n ware Afrikanerfees met iets vir almal. In hierdie fokus word terselfdertyd 'n blik gegee op die groeiende besigheidskrag van Orania – die wydlopende verskeidenheid produkte en dienste wat besighede op die dorp bied, nie net plaaslik nie, maar ook vir die streek. Dit toon dat Orania toenemend 'n streksentrum word.

Rekordreënval

Sover volgens rekords vasgestel kan word, het Orania in Februarie 2017 die hoogste reënval die afgelope sewe jaar gehad – 197 mm vir die maand. Ludwig Everson op die dorp sê dat volgens sy metings was die reënval in Januarie en Februarei 2017 saam 268 mm, waar dit in die hele 2016 slegs 229 mm was. In 2015 was dit 218 mm, in 2014 413 mm en in die laaste ses maande van 2013 was dit 119 mm. Sover bekend was die maksimum nog in een maand 200 mm in Januarie 2010. Die langste totale droogte was Junie en Julie 2014 met geen reën nie.

Nuwe Ora reekse

Die Ora is die “geldeenheid” van Orania met waarde in die dorp Ø1 = R1 en word gerugsteun deur die OSK as bank van Orania, wat amptelik by die SA Reserwebank geregistreer is. Die uitreiking van die Ora, wat in wese 'n koeponstelsel is, word deur die Orania Sakekamer hanteer, wat elke drie jaar nuwe Ora-reekse vrystel. Vanjaar word op 6 April tydens die Karnaval nuwe Ø10, Ø20, Ø50, Ø100 en Ø200 reekse vrygestel. Die eerste 10 van elke reeks word dan per veiling aangebied. Navrae: Johan Olivier by 083 657 7607.

n Skryfskool aangebied deur prof. Nico Luwes van die UV Dept. Drama en Toneelkunde op Oranie op 4 Maart 2017, is bygewoon deur 38 belangstellendes wisselende in ouderdomme van 14 tot 85 jaar. Voortspruitend hieruit word ‘n toneelkompetisie later van jaar deur die plaaslike kunste- instansie OKeR aangebied. Op die foto geneem by die skryfskool van links Frans de Klerk jr., Talia Hugo, prof. Nico Luwes, Lida Strydom, Stefnie Muller en Sumarie de Wet

'n Skryfskool aangebied deur prof. Nico Luwes van die UV Dept. Drama en Toneelkunde op Oranie op 4 Maart 2017, is bygewoon deur 38 belangstellendes wisselende in ouderdomme van 14 tot 85 jaar. Voortspruitend hieruit word ‘n toneelkompetisie later van jaar deur die plaaslike kunste- instansie OKeR aangebied. Op die foto geneem by die skryfskool van links Frans de Klerk jr., Talia Hugo, prof. Nico Luwes, Lida Strydom, Stefnie Muller en Sumarie de Wet

Gevaarligte Om gedrukte media op ‘ n besigheidsgrondslag volhoubaar te bedryf, vereis hoë oorhoofse koste en daarom moet ruimte op papier so ekonomies as moontlik benut word. Vir Ditsem Nuus vereis dit dat aan die hand van verskillende kriteria geprioritiseer moet word wat ons in elke uitgawe publiseer. Ons kan oor koeitjies en kalfies / allerlei “brood en spele” skryf, of ons kan vir lesers aanbied dit wat ons glo in hul beste belang is –nuus wat saakmaak. Uit dit wat ons in hierdie uitgawe ingesit het, wil ons veral die volgende drie punte uitlig as gevaarligte wat in ons land flits:
• Die onverklaarde burgeroorlog wat pres. Zuma, die EFF en ander swart radikales teen blankes voer, soos blyk uit SEB, gruwelike plaasmoorde, voornemende grondgryp, ens.
• Dreigende wetgewing om grondgryp sonder vergoeding te magtig, te“regverdig”en te implementeer. Dit gaan gepaard met die groot leuen oor grond in SA.
• Die SASSA-tydbom. Dit kan nie volhoubaar onderhou word nie en as dit nie wonderbaarlik geleidelik deur ‘ n groeiende ekonomie ontlont word nie, staar die land ‘ n rewolusie in die gesig.

Ons sê dit is tyd vir verootmoediging voor God, vir Afrikaners om saam te staan en te beplan, vir respektering van ander etniese identiteite en vir aksie– laasgenoemde militêr as dit moet.

Die Bybel is gevul met ware verhale van mense wat in situasies was waarin hulle prakties spreekwoordelik nie kat se kans gestaan het om te oorleef nie.As daar selfs vir iemand in Jesus se teenwoordigheid ‘ n doodstyding oorgedra word, dan sê Jesus: “Moenie vrees nie; glo net.” (Markus 5:36). In die Britse Museum is ‘ n ou landkaart wat dateer uit die sestiende eeu waarop allerhande skrikaanjaende aantekeninge aangebring is. Op sommige plekke staan: Hier is reuse; hier is vurige skerpioene; hier is drake. Die wetenskaplike sir John Franklin het die kaart ‘ n tyd lank besit. Hy het die angswekkende aanduidings doodgekrap en bo-oor die hele kaart geskryf: Hier is God.

Met Orania wat toenemend die gasheer word vir sportgeleenthede, soos die aanbieding vanjaar vir die tweede keer van die AVS o/21-Bokkietoernooi met agt rugby- en ses netbalspanne, is daar 'n nypende behoefte aan doelmatige akkommodasie. Met die oog hierop is die Steenbok Herberg net langs die sportterrein van die dorp tans in aanbou. Dit is 'n dubbelverdiepverdieping gebou van 1 152 m2en bied verblyf vir 208 persone. Die afgelope 58 werksdae is meer as 100 000 stene gelê en na beplanning sal die gebou vroeg in April voltooi wees.

As deel van die ontwikkeling van Orania vanaf 'n dorp na 'n stad is stappe om suksesvolle tersiêre opleidingsinstansies op die dorp te vestig. In hierdie verband is daar reeds drie formele opleidingsinstansies wat kursusse oor 'n diverse reeks vakgebiede aanbied, nl. Bo-Karoo Opleidingsentrum, Technik Akademie en Exellencia Haarakademie. Voortvloeiend hieruit is die konsep gebore om vir plaaslike studente die dorp as ‘n informele kampus in te rig. Dit het op 27 Februarie 2017 formele beslag gekry met die loodsing van die Orania Kampusprojek met 28 studente en ses dosente, elk met 'n eie Orania-studentekaart. Studente word ook die geleentheid gebied omop 'n ordelike wyse en op spesiale voorwaardes by plaaslike sport- en kultuurinstellings in te skakel, terwyl ook spesiale voorsiening gemaak word by restaurante en winkels. Die studente is ook van plan om 'n mini-jool te reël.

Bladsy 86 van 97
Go to top