► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Die bekendmaking van die langverwagte verslag van voormalige Openbare Beskermer Thuli Madonsela oor beweerde staatskaping deur die Gupta-sindikaat het bevestig wat die meeste Suid-Afrikaners al lankal vermoed en geweet het, nl. dat pres. Jacob Zuma en die Gupta-gebroedsel betrokke is by massiewe korrupsie van staatsfondse en manipulering van selfs kabinetsaanstellings. Dit volg op uitgerekte politieke manuvreuring deur die Zuma-kamp en hofaansoeke oor en weer in ‘n poging om bekendmaking van die verslag te verhoed, wat egter uiteindelik tevergeefs geblyk het.

Die vernaamste bevindinge in die OB-verslag van 355 bladsye is die volgende:

  • Adjunk-minister Jonas is ‘n pos by die Gupta-familie aangebied in ruil vir uitvoerige gunste vir hul familiebesigheid.
  • Minister Van Rooyen – wat Minister Nene vervang het – het die Saxonwold-area waar die woning van die Guptas is, minstens sewe keer besoek voor sy aanwysing as nuwe Minister van Finansies, een waarvan was die dag tevore.
  • Gedurende die tydperk 2 Augustus 2015 tot 22 Maart 2016 het uitvoerende hoof van Eskom Brian Molefe vir Ajay Gupta altesaam 44 keer gebel, terwyl Gupta vir Molefe 14 keer geskakel het.
  • Die aanstelling van die Eskom-raad was onbehoorlik.
  • Zuma en die uitvoerende gesag het nagelaat om beweringe van Vytjie Mentor asook van Themba Maseko te verifieer en dit geld ook die beweerde knus verhouding tussen Brian Molefe en die Guptas.
  • Zuma en ander kabinetslede het onregmatig ingemeng in die verhouding tussen banke en Gupta-maatskappye.
  • Zuma het onregmatig en in verbreking van die Uitvoerende Etiese Kode sy posisie of inligting aan hom toevertrou, misbruik om homself en Gupta-besighede te verryk, terwyl hy aan sy seun voorkeurbehandeling gegee het in die toekenning van staatskontrakte, besigheidsfinansiering en handelslisensies.
  • Die burgers van SA is benadeel deur die gedrag en optrede van Zuma deurdat hy in gebreke gebly het om die Jonas-beweringe te laat ondersoek.
  • Die besoek van Minister van Minerale Hulpbronne Mosebenzi Zwane aan Switserland vir samesprekings met die Guptas was onbehoorlik.
  • Die toekenning deur Eskom van steenkoolkontrakte aan die Gupta-beheerde maatskappy Tegeta was onregmatig.
  • Regeringsadvertensies is opsetlik gekanaliseer na die Gupta-koerant The New Age.
  • Zuma het moontlik sy wetlike pligte versuim deur nie al hierdie aangeleenthede te ondersoek het nie of daarteen opgetree het nie.

In haar verslag het Madonsela nie aanbeveel dat Zuma bedank nie, maar instede aanbeveel dat Zuma ʼn kommissie van ondersoek onder toesig van ʼn hoofregter aanstel om al die beweringe in die verslag te ondersoek. Vir doeleindes hiervan moet die Nasionale Tesourie toesien dat die kommissie die nodige hulpbronne ontvang. Die regter van die kommissie van ondersoek mag sy of haar eie personeel aanstel en vir doeleindes daarvan het die kommissie dieselfde magte as die OB.

Die kommissie moet binne 180 dae verslag met voorstelle aan Zuma lewer en hy moet dan binne 14 dae aan die Parlement verslag doen. Madonsela beveel voorts aan dat die Parlement binne 180 dae die Uitvoerende Etiese Kode moet hersien. Die OB moet ook enige moontlik onwettige optrede wat deur die ondersoek ontbloot word, onder aandag van die NVG en Valke bring.

Die OB moet implementering monitor van regstellende stappe wat betref die staatskapingverslag, terwyl die sekretaris van die Parlement en die DG van die Presidensie aan die OB moet verslag doen oor die implementering van die regstellende stappe.

Dit is dus ‘n hele proses wat Madonsela voorstel en wat waarskynlik oor ‘n kwessie van maande uitgevoer gaan word, wat beteken dat die Zumas en die Guptas tyd gaan hê om te hergroepeer en hul verdedigingslinies te reorganiseer. Hoewel Madonsela haar verslag versigtig bewoord het en nie skerp stellings gemaak het nie, dui oorweldigende omstandigheidsgetuienis daarop dat sy ‘n katnes ontbloot het van staatsmisdaad ongeëwenaard in die geskiedenis van SA.

In enige demokratiese land wat sy sout werd is en waarin openbare verantwoordelikheid hoog aangeslaan word, sou die staatshoof onder hierdie omstandighede, onmiddellik moes bedank en krimineel aangekla word. Weens ‘n kombinasie van redes gaan SA egter waarskynlik nog onbepaald in hierdie regeringsgemors sit.

Inmiddels het op die dag van die bekendmaking van die OB-verslag woede teen die Zuma-situasie oorgekook. In Pretoria het die sg. Save South Africa’s Peoples’ Assembly Against State Capturein ‘n volgepakte St. Alban Anglikaanse katedraal byeengekom in ‘n sonderlinge alliansie van uiteenlopende organisasies, instansies en individue en ‘n eendragtige oproep gedoen vir die onmiddellike bedanking van Zuma. Onder die aanwesiges was Paul Mashitile, ANC-leier in Gauteng, Musi Mmaimane, DA-leier, die Kommunistiese leierskap, geestelikes, regsgeleerdes, vakbondleiers, ens.

Die EFF het ‘n gewelddadige massa-protesoptog na die Uniegebou probeer, maar is deur die Polisie met geweld verdryf, waarna hulle winkels en strate geplunder het en die standbeeld van Paul Kruger gevandaliseer het. Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het intussen aangedui dat dit die komende naweek oor die impak van die verslag sal vergader.

Oor die algemeen kan die huidige politieke opset in SA ten beste beskryf word as in ‘n warboel. Eerstens is daar baie persone in die Zuma-dampkring – kabinetslede, senior staatsamptenare, premiers en sakelui – wat òf bewus was van die wydverspreide korrupsie of daarin betrokke was en wat op een of ander wyse verantwoording sal moet doen. Tweedens word wyd aangedring op die onmiddellike bedanking van veral drie ooglopende Zuma-meelopers, nl. Shaun Abrahams (NVG), lt.genl. Berning Ntlemeza (Valke) en Tom Monyane (SAID).

‘n Sleutelvraag op hierdie stadium is, wie gaan instaan vir die regskoste van Zuma van miljoene rand – die belastingbetaler of hyself?

Die groot ligkant van hierdie donkere wolk is dat wat beskryf kan word as die goeie in SA, besig is om die oorhand oor die bose te kry. Daarvoor het baie Christene lank gebid en bid hulle steeds. 

Die huidige sterk sprake dat Eskom kan ineenstort en die land in algehele verduistering kan dompel, kan nie geïgnoreer word nie. Indien dit sou gebeur, sou dit beteken geen elektrisiteit vir o.m. beligting, huishoudelike gebruik, pomp van water, bedryf van besighede, instandhouding van sekuriteit en onderhoud van die Internet nie – dus ‘n katastrofale scenario. Daarby sou dit ‘n tragedie sonder weerga wees – dat die bestuur van ‘n ontwikkelde geïndustrialiseerde land nie in staat is om sy nasionale elektrisiteitsnetwerk in stand te hou nie.

Hoe dit ookal sy, hoe moet die gewone bona fide Suid-Afrikaanse burger hom- of haar- self onder hierdie omstandighede oriënteer? Hierdie vraag kan ten beste beantwoord word indien die volgende realiteite oftewel brokstukke van die Eskom-legkaart bymekaar gesit word:

Huidig in spitstyd het Suid-Afrika in totaal 32 GW elektrisiteit nodig en dit is wat Eskom tans sukkel om te lewer. In 1994 het Suid-Afrika 37,6 GW kapasiteit gehad. Gebrekkige instandhouding en disfunksionele opwek- king het tot die verlies gelei, met beskikbare kapasiteit wat bv. in Desember 2014 tot selfs 24 GW gedaal het.

• In 1992 het die regering / Eskom met die BHP Billiton ‘n ooreenkoms gesluit waardeur die maatskappy vir sy smelters te Richardsbaai en Maputo by Eskom krag sou koop teen ‘n prys onder die produksiekoste van Eskom. Hierdie ooreenkoms kon nog nooit geregver- dig word nie en tans tap die smelters sowat 1 300 MW van Eskom se huidige vermoë - en indien dit beëindig kan word, sou dit alle Fase 1 beurtkrag onmiddellik uitskakel.

• Die Witskrif oor Energie van 1998 het ele- ktrisiteitstekort in 2007 voorspel, maar die destydse kabinet het ‘n moratorium op nuwe Eskom kragstasies geplaas, met die hoop dat die private sektor sou toetree, wat egter nooit gebeur het nie, hoofsaaklik a.g.v. die uitvloei van kundigheid uit die land.

• In 2005 het die regering besluit om die Medupi en Kusile kragstasies te bou, maar geeneen van hulle is nog naastenby by produksiestadium nie. By Medupi staak tans 13 000 van die 14 000 werkers. Dit lyk of die totale projekkoste vir hierdie twee krag- stasies op hierdie stadium sowat R50 miljard beloop.

• Eskom bestee tans meer as R1 miljard per maand aan diesel om sy noodkragopwekkers in die Suid- en Wes-Kaap aan die gang te hou. Volgens ‘n berig in die Sunday Times is van hierdie dieselverskaffers aan Eskom ANC-kaders, waaronder ‘n tandarts en ‘n skoonheidsterapeut.

• In Januarie vanjaar het Eskom die regering gevra vir ‘n onmiddellike kontantinspuiting van R3 miljard om dieselaankope oor die ko- rttermyn te finansier. Dit is bo en behalwe die R20 miljard hulppakket wat Minister van Finansies Nhlanhla Nene in sy begrot- ingsrede in Oktober verlede jaar vir Eskom geoormerk het.

• Intussen lyk dit of die regering voete sleep om die kragnetwerk in SA te privatiseer en hoewel drie rondtes van goedgekeurde al- ternatiewe energieverskaffers reeds deur die Dept. van Energie afgehandel is, is dit te min om ‘n wesentlike verskil aan die to- tale energiebehoeftes van die land te maak. Inmiddels blyk dit ook dat die eintlike rede waarom die voorsitter van die Eskom-raad Zola Tsotsi vroeër vanjaar verplig was om te bedank, die feit is dat hy drasties die inbring van private kragverskaffers in die nasionale netwerk voorgestaan het.

• Dit lyk egter of daar tans meer onaf hanklike kragprodusente is, hoofsaaklik in die son- en windsektor wat besig is om infrastruktuur op te rig vir die opwekking van sowat 18 000 MW krag. Hulle moet egter nog deur die goedkeuringsproses gaan om by die bestaande nasionale netwerk ingeskakel te kan word.

• Intussen spook Eskom om die uitstaande to- tale skuld van munisipaliteite van R3,68 miljard in te vorder, o.m. deur drastiese afsny van krag aan 20 munisipaliteite gedurende spitstye.

• Soweto alleen skuld Eskom R4 miljard, maar nog geen aksie hierteen is geneem nie.

• Dan is daar natuurlik ook die ooreenkoms wat Minister van Energie Tina Joemat-Pettersson verlede jaar met die Russe gesluit het teen ‘n kontrakbedrag van R1 triljard, wat skynbaar meer is as die totale jaarlikse be- groting van die SA staatskas.

• Die verliese wat Eskom ly a.g.v. onwettige kragaftapping en kabeldiefstal, is geweldig, met betroubare syfers moeilik bekombaar.

• Dit blyk ook dat die hoof kantoor van Eskom onder sg. Exercise Breaking Dawn ‘n inoefening gehou het sou dit gebeur dat die krag- netwerk totaal in duie stort.

• Ekonome reken dat beurtkrag die land tans tussen R20 miljard en R60 miljard per maand kos.

Die aanduidings is dat indien Eskom sou platval, dit minstens twee weke sou duur voor- dat dit naastenby weer in bedryf sou wees. Wat die geval ookal mag wees, dit is duidelik dat, soos een kommentator opmerk, die Eskom- krisis die grootste bedreiging is wat SA die afgelope 100 jaar in die gesig gestaar het. Dit is egter logies om tot die gevolgtrekking te kom dat die Eskom-krisis kunsmatig is en dat volkome menslik-rehabiliteerbaar is. In geheel gesien, lê die sentrale oplossing waarskynlik in grootskaalse privatisering van energieverskaffing in SA.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die ge- wone landsburger hom- of haarself - indivi- dueel en groepsgewys - vir die toekoms moet

Kommer bestaan oor die teenwoordigheid, invloed en werklike bedoelinge van die snelgroeiende aantal Chinese in Suid-Afrika, tans betroubaar beraam op minstens 350 000, hoewel die getal in werklikheid meer as 0,5 miljoen kan wees.

Nie slegs is groot getalle Chinese in die stedelike komplekse van die land aanwesig nie,maar daar is tans haas geen plattelandse dorpie sonder Chinese winkels en handelaars nie, veral in die Vrystaat.

Dit is welbekend dat China aktief sy teenwoordigeheid en ekonomiese betrokkenheid op die vasteland van Afrika bevorder, maar dat dit veral sy oog het op Suid-Afrika as die voorste ekonomie op die vasteland met die mees gevestigde infrastruktuur. Op politieke gebied bestaan hartlike samewerking tussen die huidige SA regering en die bewindhebbers in Beijing.

Voortspruitend hieruit het China die grootste handelsvennoot van SA geword met tweerigting handelsverkeer wat vanaf reeds 2012 tot 2013 met 32% gespring het vanaf R205 miljard tot R270 miljard. Dit sluit in groot wedersydse beleggings, bv. Chinese maatskappye wat mynmaatskapppye in SA gekoop het, 'n Chinese bankgroep wat 20% aandeel in Standard Bank gekoop het, Naspers wat 'n groot aandeel in die Chinese Internetmaatskappy Tencent het, ens.

China soek veral grondstowwe en minerale by SA, terwyl van hier af op massiewe skaal Chinese vervaardigde verbruikersgoedere ingevoer word.

Hoewel die geskiedenis van Chinese in SA oor die afgelope 150 jaar strek, toon 'n Franse studie wat gepubliseer is op die webwerf www.remi.revues.org hoedat veral sedert die laat negentigerjare en in hierdie eeu migrasiegolwe vanaf China na SA plaasgevind het. Nadat in die sewentiger- en tagtigerjare heelwat burgers van Taiwan na SA gekom het, het hulle getalle weer gekrimp en het die groot stroom Chinese vanaf die vasteland gekom.

Die Franse verslag wys in besonder patrone uit van vestiging van Chinese op Vrystaatse plattelandse dorpe. Baie van hierdie Chinese kom vanaf die mindergegoede en plattelandse provinsie Fujian en dikwels kom hulle die land onwettig vanafbuurstate binne.

Chinese word in SA in terme van die nuwe rassewetgewing van die huidige regering geklassifiseer as "swart" en daarom is hulle nie onderhewig aan voorskrifte vir swart ekonomiese bemagtiging nie. Voorts bestaan in die praktyk twyfel oor die mate waarin Chinese sakelui BTW en ander SA belasting betaal.

Huidiglik is die groot nuus die bouwerk wat begin is aan die reuse Chinese stad op 1 600 ha by Modderfontein aangrensend aan Sandton. Hierdie grond is deur 'n Chinese konglomeraat gekoop en tans is 300 residensiele eenhede en 'n uitgebreide straat- en padnetwerk besig om gestalte aan te neem. Volgens beplanning gaan daar uiteindelik voorsiening gemaak word vir 30 000 gesinne en 20 000 werksgeleenthede. Volgens die hoofoperasionele beampte van die ontwikkelingsmaatskappy, Zendai South Africa, Du Wendui, is dit 'n 10 tot 15 jaar projek, met die doel om die Manhattan van Afrika tot stand te bring. "Dit gaan die toekomstige hoofstad van Afrika word," word Wendui aangehaal. Die projek sluit in 'n sentrale sakekern, hospitaal en mediese fasiliteite, 'n biblioteek, uitgebreide ontspanningsgeriewe, kerke, ens.

Zendai Africa word in die projek in vennootskap bygestaan deur PCCW Global, die Hong Kong-gebaseerde afdeling van multinasionale telekommaatskappy HKT dit is en die mikpunt om die hele projek tegnologies op 'n uiters gevorderde vlak te laat funksioneer. Verder word berig dat Edenvale wat aan Modderfontein grens, reeds krioel van Chinese met uithangborde slegs in Chinees, terwyl Cyrildene, 'n klipgooi weg, ook reeds as 'n Chinese voorstad bestempel word.

Terwyl daar ook positiewes is in verhoudinge met China en Chinese nie geëtiketteer wil word nie, bestaan daar twyfel oor die werklike bedoelinge van die Kommunistiese regering in China, veral met die SA regering wat kwesbaar is vanwee wydverspreide korrupsie.

In buurstate soos Zimbabwe is die Chinese ook al deeglik ingegrawe, terwyl onderhandelinge aan die gang is met Angola en Namibie oor vlootbasisse vir China aan die Atlantiese kus. Twee eeue gelede het Napoleon gese, in Afrikaans aangehaal: "China is 'n slapende reus; laat haar slaap, want as sy wakker word, gaan sy die wereld roer." China is nou reeds geruime tyd wakker en kennelik besig om die wereld te roer, ook in SA.

Ditsem Nuus het ‘n kort video laat maak oor Projek Opstaan wat die koerant sedert 2011 bedryf onder behoeftige kinders, hoofsaaklik blank, woonagtig te Erlichpark, Bloemfontein. Die video op Youtube kan gesien word by hierdie skakel. www.youtube.com/watch?v=mM2up6Rlr5o

In ‘n mediaverklaring sê die Nasionale Konserwatiewe Party dat in samewerking met Miljoen stemme vir Steve alle organisasies, besighede en individue genooi word om ‘n Eenheidsberaad op 25 Februarie 2017 by die NG Kerk h/v Dickensonlaan en Trumperstraat, Waverley, Pretoria, by te woon.

Die mediaverklaring lui voorts soos volg: “Dit het nou noodsaaklik geraak dat op alle gebiede eenheid bereik moet word, daar is baie duplisering van aksies en dat organisasies nou eerder onder een sambreel hulle take moet verrig om ons Afrikanervolk weer op te hef. Dit kan die volgende insluit maar nie beperk daartoe nie.: Die strukturering van ‘n oorkoepende liggaam en hoe dit bereik kan word / Planne beraam om ons volk te herenig / Ons volk beveilig en eiendom beskerm / Maniere ondersoek om ons volk op te hef, insluitende selfhelp en werkskepping / Moedertaalonderwys en –onderrig / Selfbeskikking en hoe dit bereik kan word.” Daar sal ook ʼn bywoningregister wees met ‘n registrasiefooi van R100, wat ‘n vingerete en basiese skryfbehoeftes insluit. Registrasievorms is beskikbaar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Vir meer besonderhede, kontak Trevor Stumke by 012 546 7370 ofHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

In ‘n mediaverklaring sê die Nasionale Konserwatiewe Party dat in samewerking met Miljoen stemme vir Steve alle organisasies, besighede en individue genooi word om ‘n Eenheidsberaad op 25 Februarie 2017 by die NG Kerk h/v Dickensonlaan en Trumperstraat, Waverley, Pretoria, by te woon. Die mediaverklaring lui voorts soos volg: “Dit het nou noodsaaklik geraak dat op alle gebiede eenheid bereik moet word, daar is baie duplisering van aksies en dat organisasies nou eerder onder een sambreel hulle take moet verrig om ons Afrikanervolk weer op te hef.

Dit kan die volgende insluit maar nie beperk daartoe nie.: Die strukturering van ‘n oorkoepende liggaam en hoe dit bereik kan word / Planne beraam om ons volk te herenig / Ons volk beveilig en eiendom beskerm / Maniere ondersoek om ons volk op te hef, insluitende selfhelp en werkskepping / Moedertaalonderwys en –onderrig / Selfbeskikking en hoe dit bereik kan word.” Daar sal ook ʼn bywoningregister wees met ‘n registrasiefooi van R100, wat ‘n vingerete en basiese skryfbehoeftes insluit. Registrasievorms is beskikbaar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Vir meer besonderhede, kontak Trevor Stumke by 012 546 7370 ofHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Op 14 Februarie het Syngenta hul jaarlikse Grain Academy vir vanjaar by Riviera on the Vaal in Vereeniginggeloods as ʼn leierskapontwikkelingsprogram vir jong kommersiële produsente landswyd. In vennootskap met die Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool en met die ondersteuning van Graan SA, is die program vir 2017 baie sterker gefokus op leierskap vir beter prestasie in die landbouwêreld. Vanjaar is die fokus meer op die kuns van leierskap, maar ook op innerlike vervulling en die positiewe impak wat dit op 'n landbousaak het. Die Grain Academy program teiken elke jaar 'n klein groepie invloedryke produsente wat die voortou kan neem met die konsep van slimboerdery – 'n konsep wat die status quo uitdaag. Hierdie jaar spog die program met ses vroueprodusente – 'n merkwaardige opwaartse neiging wat in die landbou gesien word. Vir meer besonderhede, volg bostaande skakels of besoek Grain Academy op Facebook. Navrae kan ook gerig word aan Isadora Isaacs van Idea Engineers by 011 803 0030 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Op 13 Januarie is Hannes Kidson en sy vrou Ester, albei 69 jaar, wreedaardig vermoor op hul plaas Oortjies tussen Jachtfontein en Westonaria. Ester, wat onlangs ‘n heupvervanging ondergaan het en in ‘n rolstoel was, se keel is afgesny, terwyl Hannes in sy werkstoor gevind is, ook met sy keel afgesny. Hul lyke is omstreeks 15:30 die middag deur hul plaaswerkers gevind, wat aan die Polisie gesê het dat lone die dag uitbetaal is en dat roof moontlik, volgens hulle, die motief kon wees. Geen inhegtenisname is sover bekend, tot op datum gedoen nie. Verlede jaar was daar volgens TLU SA 72 plaasmoorde in die land.

‘n Mediaverklaring van die VF Plus lui soos volg: “Tydens die afgelope ‘spesiale raadsvergadering’ gehou op 16 Januarie 2017 in die Ventersdorp/Tlokwe 405 Stadsraad, het die ANC dit duidelik gemaak dat druk eerder op besighede en boere geplaas gaan word om op te dok vir agterstallige Eskom-skuld. Die burgermeester het die huidige Eskom/Ventersdorp kwessie met ʼn huwelik vergelyk: ‘you (Potchefstroom) married a poor husband (Ventersdorp), you can’t just divorce him… you help him..’

Tans word kennisgewings (slegs ±50 per dag as gevolg van interne arbeidskwessies) aan omtrent 241 besighede en 1 854 boere uitgestuur om alle agterstallige munisipale rekenings op datum te bring voor 1 Februarie 2017 en indien nie sal elektrisiteitstoevoer opgeskort word. Dít is ten spyte van die feit dat meer as 1 000 munisipale rekeninge in Ventersdorp navrae/probleme het wat R4.7miljoen beloop. Verder is R9.7 miljoen verskuldig deur 1 556 individue wat in buurte om Ventersdorp woonagtig is. Staatsinstansies is tans R11.1 miljoen verskuldig aan die munisipaliteit vir kraglewering. Die totale agterstallige bedrag verskuldig aan Eskom (sonder rente) beloop tans R47 968 322.32. Ventersdorp se vorderingskoers van Desember 2016 was minder as 30%.”

Sedert die begin van die jaar het sowat 19 verskillende verwoestende veldbrande in die Wes-Kaap na raming sowat 50 000 ha waardevolle weiveld, landerye, wingerde, huise, geskiedkundige geboue en vee verwoes met die totale skade op hierdie stadium geskat op honderde miljoen rand. Dorpe en distrikte wat deurgelooop het, sluit o.m. in Paarl, Caledon, Overberg, Somerset-Wes, Drakenstein en selfs tot by Stilbaai en o.a. het die Calais Wynlandgoed in die slag gebly, terwyl ook Oryx helikopters ingespan is om te help met brandbestryding. Talle mense het vreesbevange uit hul huise gevlug, maar genadiglik was daar nog geen menselewensverlies nie. Dringende gebedsgroepe is landswyd gestig en teen gister het reën begin uitsak in die streek en het dit gelyk asof die brande onder beheer gekom het. Getuienisse van inwoners doen op sosiale media die rondte van huise en mense wat eenvoudig wonderbaarlik gespaar is. Die tragiek van die brande is egter dat daar oorvloed van ooggetuienis is dat die brande opsetlik gestig is – feite wat deur Wes-Kaap Landbou gestaaf word.

In een van die sterkste uitsprake nóg oor rassekwotas het die Appèlhof op 2 Desember 2016 bevind dat rassekwotas ongrondwetlik en irrasioneel is. Dit was in ‘n saak waarin die Minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling en die Meester van die Hooggeregshof die appèllante was, terwyl Solidariteit, verskeie verenigings wat namens besorgde insolvensiepraktisyns opgetree het en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) die respondente was. Die saak het gehandel oor ʼn beleid oor die aanstelling van insolvensiepraktisyns wat die Minister Februarie 2014 in die Staatskoerant gepubliseer het en wat erge bepalings bevat het oor onbillike kwotas vir verskillende rasse in die werksplek. In reaksie sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit: “Dit is ʼn baie ernstige aanklag teen ʼn regering wat wil hê dat rassisme deur wetgewing tot misdaad verklaar moet word.” In hul uitspraak het regters Mathopo, Mpati, Swain en Van der Merwe bevind dat hierdie beleid en stelsel ongrondwetlik en irrasioneel is en het dit onwettig en ongeldig verklaar. ʼn Kostebevel is teen die Minister en die Meester.”

In ‘n mediaverklaring sê die Vereninging van Regslui vir Afrikaans (VRA): “Dit het tot ons kennis gekom dat die National Forum wat tans aandag gee aan die samestelling van die Legal Practice Council (LPC) wat kragtens die Legal Practice Act 28 van 2014 tot stand moet kom, oorweeg om by die Minister van Justisie aan te beveel dat die LPC ooreenkomstig streng ras- en geslagskwotas saamgestel moet word. Terwyl ons van mening is dat die samestelling van nasionale liggame soos die toekomstige Legal Practice Council die demografie van die land moet verreken, is ons sterk gekant teen die idee dat ʼn rasse- of enige ander kwota as beginsel aangewend word in die samestelling en verkiesing van die LPC. Sodanige kwotastelsel is klaarblyklik strydig met die Wet self en met die Grondwet en druis in teen die vrye uitoefening van keuse in ʼn demokratiese verkiesing. Instede daarvan behoort ʼn gesonde en buigsame formule eerder as gewraakte kwotas aangewend te word.” Vir meer besonderhede, kontak Tiaan van Dyk van die VRA by 082 825 8876.

Bladsy 90 van 96
Go to top