► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

‘n Stryd woed tans oor beplande uraanontginning in die Karoo in ‘n streek tussen Beaufort-Wes en Rietbron wat sdeur skaap- en sybokhaarboerdery gekenmerk word. Van die grootste besware is dat die Australiese maatskappy Peninsula Energy nie behoorlike omgewingsimpakstudies en ‘n openbare deelnameproses gedoen het nie en dat uraanontginning skadelike radio-aktiewe materiaal kan vrystel vir mens, dier en omgewing. Reeds in die sestigerjare is Uraan in die Karoo deur die oliemaatskappy Soekor ontdek, maar daar is nog nooit tot ontginning oorgegaan nie. Verskeie belanghebbende instansies vanaf Agri Oos-Kaap tot Earth Life Africa staan die voorgenome ontginning teen in ‘n aansoek in die Kaapstadse Hooggeregshof, wat vandeesmaand verhoor sal word.  

Anglo American het bekendgemaak dat De Beers Mining in die eerste verkoopsiklus vir 2017 ‘n inkomste van $720 miljoen oftewel sowat R9,7 miljard uit ongeslypte diamante gegenereer het. Dit is aansienklik meer as die $470 miljoen wat in die vorige verkoopsiklus einde 2016 gegenereer is en word toegeskryf aan sterk aanvraag uit veral Indië. 

Volgens die Lesotho Highlands Development Authority (LHDA) sal die kontrakte vir die ingenieursontwerpe van die Lesotho Hoogland Waterprojek Fase II teen die middel van vanjaar toegeken word, met konstruksie om te begin 18 maande later. Die 23 miljard bi-nasionale projek word gefinansier deur die Trans-Caledon Authority, soos opgedra deur die SA regering en sal vergrote watervoorsiening meebring vanaf Lesotho na Gauteng as die ekonomiese hartland van SA. Fase II sluit ook in ‘n hidrokragkomponent wat gebou staan te word gelyktydig met die watertoevoerskema en sal deur Lesotho gefinansier word. Die projek sal na beplanning teen 2025 ten volle operasioneel wees.

Nog selde in die geskiedenis het een man in vredestyd so ‘n praktiese impak in die wêreld gemaak as Amerikaanse president Donald Trump sedert sy inhuldiging op 20 Januarie vanjaar. Die inhuldiging self is letterlik wêreldwyd op TV gevolg en is gekenmerk deur die besliste Christelike inslag daarvan. Hoewel verskil word oor die presiese grootte van die skare wat die inhuldiging bygewoon het – in die omgewing van een miljoen – het anti-Trump gewelddadige betogings in verskeie Amerikaanse stede voorgekom en selfs ook in talle lande. Trump het geen gras onder sy voete laat groei nie en reeds ‘n hele reeks uitvoerende opdragte (executive orders) uitgereik ter uitvoering van sy verkiesingsbeloftes en wat ingrypende invloed het, nie net in die VSA nie, maar ook wêreldwyd. Die eerste buitelandse leier om Trump te besoek, was Britse eerste minister Theresa May, terwyl Trump ook reeds telefonies gesprek gevoer het met pres. Vladimir Putin van Rusland. Oor die algemeen is dit duidelik dat Trump ‘n nuwe era van behoudendheid en nasionalisme inlui.

Volgens ‘n verslag van die International Food Policy Research Institute (IFPRI), getiteld Can sub-Saharan Africa feed itself? sal graanproduksie in Afrika suid van die Sahara teen 20150 nie genoeg wees on al die honger monde te voed nie. ‘n Verwagte  bevolkingsgroei van 2,5 x die huidige getal inwoners tesame met ‘n verwagte inkomstegroei sal die vraag na graan teen 2050 waarskynlik verdriedubbel. Die navorsing vir die verslag, wat lande soos Nigerië, Kenia, Tanzanië en Zambië ingesluit het maar nie Suid-Afrika nie, het bevind dat die opbrengs op graanoeste in die betrokke lande vanaf 20% tot 80% moet styg ten einde in die vraag te voorsien. Van al die lande suid van die Sahara is dit net Suid-Afrika wat ‘n netto voorsiener van voedsel is, met die verantwoordelikheid waarvoor grootliks op die skouers van sowat 34 000 kommersiële boere rus.

‘n Maand in die nuwe jaar in en duidelik is 2017 op ‘n galop met veral twee rigtinggewende tendense.

Die eerste is die anti-blanke veldtog wat die ANC, die regering en radikale swart politici versnel onder die dekmantel van “radical economic transformation” en wat ten doel het om grond en eiendom by blankes drasties sonder vergoeding te begin oorneem, terwyl terselfdertyd SEB al radikaler toegepas word en dit aan die hand van belastingbetalergeld, wat ook afkomstig is van blanke burgers.

Die sleutelvraag na ons mening is wat gaan blankes en spesifiek behoudende Afrikaners hieromtrent doen? Die tyd van praat is verby en as daar nie vanjaar doeltreffende aksie geneem word nie, kan dit waarskynlilk vir altyd te laat wees.

Die tweede tendens is die golf van konserwatisme en nasionalisme wat pres. Donald Trump veral sedert sy inhuldiging van stapel gestuur het en wat oor die wêreld spoel. Dit is veral Brittanje en Europa wat hierby aansluit, terwyl duidelik ‘n veranderde wêreldorde besig is om vorm aan te neem, met Rusland wat in werklikheid eerder bondgenoot van die Weste is as vyand.

Suid-Afrika as land met sy interne botsende belange gaan beslis ingrypend geraak word deur hierdie twee tendense. 

Die SA Parlement was gisteraand in wat veronderstel was om ‘n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies te wees ten einde die Staatsrede van staatspresident Jacob Zuma aan te hoor, presies die teenoorgestelde van wat demokrasie volgens die Westminster-model veronderstel is om te wees. Klassieke demokrasie is waar die verkose verteenwoordigers van die kieserspubliek veronderstel is om met waardigheid voor die nasie beleid te debatteer, wetgewing aan te neem en die verslag van die staatspresident as uitvoerende gesag aan te hoor. In plaas hiervan het die EFF gisteraand met tipiese terroristiese optrede die verrigtinge so ontwrig dat daar geen keuse was as om hulle met geweld deur die veiligheidspersoneel te laat verwyder nie – met die gevolg ‘n barbaarse bakleiery soos wat die SA Parlement nog nooit gesien het nie en wat ‘n skandvlek is op die tradisie van die Parlement. Daarby is dit so dat die misdadige en korruptiewe reputasie van pres. Zuma so erg is dat hy nie toegelaat word om in sy eie Parlement te praat nie. A.g.v. van die chaos het partye soos die DA en VF Plus ook uitgestap, met die gevolg dat Zuma inderwaarheid nie ‘n staatsrede gelewer het nie, maar ‘n toespraak voor die ANC-koukus gemaak het.

Die SA Parlement was gisteraand in wat veronderstel was om ‘n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies te wees ten einde die Staatsrede van staatspresident Jacob Zuma aan te hoor, presies die teenoorgestelde van wat demokrasie volgens die Westminster-model veronderstel is om te wees. Klassieke demokrasie is waar die verkose verteenwoordigers van die kieserspubliek veronderstel is om met waardigheid voor die nasie beleid te debatteer, wetgewing aan te neem en die verslag van die staatspresident as uitvoerende gesag aan te hoor. In plaas hiervan het die EFF gisteraand met tipiese terroristiese optrede die verrigtinge so ontwrig dat daar geen keuse was as om hulle met geweld deur die veiligheidspersoneel te laat verwyder nie – met die gevolg ‘n barbaarse bakleiery soos wat die SA Parlement nog nooit gesien het nie en wat ‘n skandvlek is op die tradisie van die Parlement. Daarby is dit so dat die misdadige en korruptiewe reputasie van pres. Zuma so erg is dat hy nie toegelaat word om in sy eie Parlement te praat nie. A.g.v. van die chaos het partye soos die DA en VF Plus ook uitgestap, met die gevolg dat Zuma inderwaarheid nie ‘n staatsrede gelewer het nie, maar ‘n toespraak voor die ANC-koukus gemaak het.

Om te rapporteer oor die inhoud van wat pres. Zuma te sê gehad het, is om die voorspelbare algemeenhede van sy korruptiewe bewind te herhaal: Hy beplan om dit te doen waarvoor hy deur groter magte op kunsmatige wyse in sy amp gehou word, nl. om die onverklaarde oorlog teen blankes radikaal te intensifiseer deur die Wet op Onteiening te versnel en te verskerp, grond en eiendom van blankes af te neem sonder vergoeding  en om blankes sover as moontlik uit die ekonomie te boender d.m.v. miljarde vir SEB en verhoogde SEB teikens / ‘n Omkeerstrategie vir staatsondernemings toe te pas, wat beteken verdere beskerming vir Dudu Myeni by die SAA / Die optrede van die Parlementêre komitee oor die SABC te bevraagteken, wat beteken volgehoue beskermimg van Hlaudi Motsoeneng en Kommunikasieminister Faith Muthambi / Vir die rekord ‘n oproep tot eenheid in die land, iets wat hy weet in sy leeftyd prakties nie moontlik is nie.

Om te rapporteer oor die inhoud van wat pres. Zuma te sê gehad het, is om die voorspelbare algemeenhede van sy korruptiewe bewind te herhaal: Hy beplan om dit te doen waarvoor hy deur groter magte op kunsmatige wyse in sy amp gehou word, nl. om die onverklaarde oorlog teen blankes radikaal te intensifiseer deur die Wet op Onteiening te versnel en te verskerp, grond en eiendom van blankes af te neem sonder vergoeding  en om blankes sover as moontlik uit die ekonomie te boender d.m.v. miljarde vir SEB en verhoogde SEB teikens / ‘n Omkeerstrategie vir staatsondernemings toe te pas, wat beteken verdere beskerming vir Dudu Myeni by die SAA / Die optrede van die Parlementêre komitee oor die SABC te bevraagteken, wat beteken volgehoue beskermimg van Hlaudi Motsoeneng en Kommunikasieminister Faith Muthambi / Vir die rekord ‘n oproep tot eenheid in die land, iets wat hy weet in sy leeftyd prakties nie moontlik is nie.

Enkele uittreksels uit kommentare op die “staatsrede” van pres. Zuma gisteraand: Leier van opposisie Mmusi Maimane: “The events which unfolded at Parliament show that ANC under Jacob Zuma has broken Parliament, broken the Constitution and broken our country.” / Leier van die VF Plus dr. Pieter Groenewald: “Omstandighede in die NA het so ‘n chaotiese laagtepunt bereik weens die optrede van die EFF en van sy ondersteuners in die openbare galery dat die VF Plus ‘n punt bereik het waar hy nie anders kon as om uit te stap nie. In die raadsaal kon die voorsittende beampties nie die berekende chaos beheer wat vir meer as ‘n uur ononderbroke voortgeduur het nie. Dit het uiteindelik tot chaos en vandalisme gelei waar stoele gebreek is en waterbottels en harde hoede rondgegooi is. Op die galery het EFF-ondersteuners ‘n tipe van traangas tussen die publiek ingegooi.” / President van Agri SA Johannes Moller (slegs in Engels ontvang): “Amidst trying circumstances president Zuma carried himself well when delivering the SONA last night. He did deal with a number of related matters in visionary manner and the principles in relation to transformation expressed by him can in my view on especially a co-operative basis between government and private sector be put into practice.” / The SA Council of Churches (SACC): “Yes, regrettably, South Africa and the rest of the continent have now become accustomed to the annual February tragi-comical theatre of our Parliament! Is there an end in sight, or is the deepening pathology of our political and governmental environment a precipitous hurtle into the dark abyss? God forbid! This is not The South Africa We Pray For!” 

Lourie (60) en Celia van der Merwe (60) van Steynstraat 38, Marquard, is die afgelope Saterdag om ongeveer 23:00 in hul huis deur ‘n aanvaller en deur messteke en houe met gewigte oor die kop wreedaardig aangerand. Die aanvaller het brandstof en chemikalieë oor Lourie uitgegooi en Celia beveel om hom aan die brand te steek. Sy het geweier. Die aanvaller het toe van die chemikalieë in Lourie se oë gegooi, die skade waarvan nog bepaal moet word. Die egpaar het hulself hewiglik teengesit waarna die aanvaller gevlug het met ‘n selfoon en R200. Te Polokwane (Pietersburg), h/v Logan- en Marcusstraat, is Tanya Wiers (44) oordag dood in haar huis aangetref terwyl haar man by sy werk en haar kinders in die skool was – sy is met ‘n steakmes doodgesteek, haar oë is uitgesteek, haar langbroek en onderklere uitgetrek en die naam Tefo is met die steakmes in ‘n kasdeur uitgekerf. ‘n 25-jarige man is reeds in hegtenis geneem met juweliersware van Wiers in sy besit, maar daar word na nog verdagtes gesoek.

In ‘n mediaverklaring sê die FAK: “Afrikaans dans op die note en lirieke van die FAK-Sangbundel en om dit met n splinternuwe baadjie uit te gee, getuig van die lewenskragtigheid van Afrikaans, veral in n tyd waar ons taal op vele terreinne op die kantlyn geskuif word. Geslagte Afrikaanse kinders het met die FAK-Sangbundel grootgeword en om hierdie rede is ou liedjies steeds gewild. Teen hierdie agtergrond het die FAK  die enorme taak aangepak om ‘n tweede druk van die FAK Sangbundel Volume II uit te bring met omvangryke hersiening. Die eerste FAK-Sangbundel is in 1937 uitgegee met 314 liedere, terwyl in 1961 die tweede, hersiene Nuwe FAK-Sangbundel onder hoofredakteurskap van Dirk de Villiers verskyn het met n bykomende 74 liedere. In 1979 het ‘n derde sangbundel die lig gesien met toevoeging van nuwe Afrikaanse liedjies wat oor die afgelope 40 jaar deel van die Afrikaanse musiekerfenis geword het. Uiteindelik kon die FAK in 2012 die nuwe FAK-Sangbundel Volume II uitreik, met bykomend 400 nuwe Afrikaanse liedjies wat geskryf is sedert 1979. Nuwe kategorieë sluit o.a. in: immergroen en populêr, kleinkuns, kinderliedjies, geestelike liedjies, tradisionele liedjies; kunsmusiek en koormusiek. Die bundel bevat ook ’n rubriekindeling, ’n register van liedere se titels en eerste reëls. In die jongste bundel maak kunstenaars soos Chris Chameleon, Anton Goosen, Anneli van Rooyen, Coenie de Villiers, Laurika Rauch, Bok van Blerk en selfs die Heuwels Fantasties bydraes. FAK-Sangbundel Volume II, druk twee, is beskikbaar by Proetea Boekhuis en uitgesoekte boekwinkels. Vir meer besonderhede, kontak Johan Jansen van Vuuren by 012 301 1777 of 083 265 5533 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die jaarlikse Mining Indaba 2017 is vanaf 6-9 Februarie te Kaapstad gehou, maar dit is duidelik dat op ‘n konfrontasie tussen die regering en die mynbousektor afgestuur word. Dit is veral die hersiene Mining Charter oftewel Mynbou Handves met sy hoogverskerpte SEB-teikens wat die twisappel is. Die regering wil met die nuwe Handves, wat na verwagting later vanjaar gefinaliseer sal word, met een sprong beheer oor die mynwese in die land effektiewelik in swart hande plaas  In kommentaar hierop sê Solidariteit: “Net soos verlede jaar het die minister sy departement tot datums verbind waarteen die hersiene mynbouhandves en die Wet op Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumbronne (MPRDA) gefinaliseer sal wees, maar die inhoud daarvan is steeds duister. Met die handves wat in Maart 2017 gepubliseer sal word en die wet wat in Junie 2017 gefinaliseer sal wees, aldus die minister, heers daar steeds kommer, veral wat betref die onrealistiese aanstellingsyfers waarvolgens o.m. in middelvlakbestuursposte 88% swart aanstellings moet wees – ’n verdubbeling van die riglyn in die vorige handves.” Van sy kant af sê Neal Froneman van Sibanye Gold en president van die Kamer van Mynwese: “We will not be bullied or beaten into submission. We have to do the right things and if it results in legal action, then so be it.”

Die jongste omsetsyfers en finansiële resultate van Facebook as maatskappy, weerspieël die ongelooflike pas waarteen digitale kommunikasie tans uitbrei en hoe dit inderdaad ‘n leefstylrewolusie in die samelewing teweegbring. In ‘n geglobaliseerde samelewing geskied dit nie net binne plaaslike gemeenskappe en lande nie, maar wentel dit om die aardbol en laat geen land dieselfde nie. Die digitale platforms waarop mense in hul massas kommunikeer, het ook ongekende adverteringsgeleenthede vir besighede geskep, wat blitsvinnig in ‘n multimiljard dollar bedryf ontwikkel het en wat steeds sneeubal. Die resultate wat Facebook pas vir die 4de kwartaal van 2016 en dus vir verlede jaar vrygestel het, toon dat die aantal aktiewe maandelikse gebruikers van Facebook gegroei het na 1,86 miljard mense, terwyl die aktiewe daaglikse gebruikers staan op 1,23 miljard – ‘n toename van 17% teenoor 2015 en ‘n rekord vir enige sosiale media ter wêreld. Inkomste van Facebook vir die 4de kwartaal van 2016 het opgeskiet na $8,81 miljard (sowat R119 miljard) teenoor $5,84 miljard vir die 4de kwartaal van 2015 – ‘n toename van 51%. Die totale inkomste van Facebook vir 2016 was $27.6 miljard (sowat R372,6 miljard). Hierdie inkomste is hoofsaaklik advertensie-inkomste, waarvan 84% selfoonadvertensies is en dus toon watter groeiende en kragtige mark slimfoongebruikers geword het. 

Die jongste omsetsyfers en finansiële resultate van Facebook as maatskappy, weerspieël die ongelooflike pas waarteen digitale kommunikasie tans uitbrei en hoe dit inderdaad ‘n leefstylrewolusie in die samelewing teweegbring. In ‘n geglobaliseerde samelewing geskied dit nie net binne plaaslike gemeenskappe en lande nie, maar wentel dit om die aardbol en laat geen land dieselfde nie.

Afgesien daarvan dat die Internet op sigself ‘n rewolusie in menslike kommunikasie veroorsaak het, het die ontploffing van sosiale media soos Facebook, Twitter, Instagram, WhatsApp en vele ander, veral onder die jeug van die wêreld ingrypend verander hoe mense leef, wat hulle dink, wat hulle koop en waarna hulle streef. Hierdie platforms waarop mense in hul massas kommunikeer, het ook ongekende adverteringsgeleenthede vir besighede geskep, wat blitsvinnig in ‘n multimiljard dollar bedryf ontwikkel het en wat steeds sneeubal.

Die resultate wat Facebook pas vir die 4de kwartaal van 2016 en dus vir verlede jaar vrygestel het, toon dat die aantal aktiewe maandelikse gebruikers van Facebook gegroei het na 1,86 miljard mense, terwyl die aktiewe daaglikse gebruikers staan op 1,23 miljard – ‘n toename van 17% teenoor 2015 en ‘n rekord vir enige sosiale media ter wêreld.

Inkomste van Facebook vir die 4de kwartaal van 2016 het opgeskiet na $8,81 miljard (sowat R119 miljard) teenoor $5,84 miljard vir die 4de kwartaal van 2015 – ‘n toename van 51%. Die totale inkomste van Facebook vir 2016 was $27.6 miljard (sowat R372,6 miljard).

Hierdie inkomste is hoofsaaklik advertensie-inkomste, waarvan 84% selfoonadvertensies is en dus toon watter groeiende en kragtige mark slimfoongebruikers geword het. Interessant is dat volgens die Facebook-resultate die gemiddelde inkomste per Facebook-gebruiker in Noord-Amerika ongeveer $20 (sowat R270) in alleenlik die 4de kwartaal van 2016 was – op met 68,5% vanaf $13.70 in die ooreenstemmende kwartaal in 2015.

Volgens die stigter van Facebook, die veelbesproke Mark Zuckerberg wat die onderneming in 2004 saam met voormalige vennote begin het, is die kapasiteit vir Facebook op hierdie stadium om veel meer advertensies te dra, feitlik versadig en moet na ander vorme van inkomste-generering gekyk word, soos die videomark wat groot onderontginde potensiaal het. Zuckerberg het sy oog op China, mits die streng sentrale beheer van die Kommunistiese regering aanvaarbaar geakkommodeer kan word.

Van die digitale era – ook genoem die vierde industriële rewolusie – word gesê dat tegnologie elke 18 maande verdubbel in krag en halveer in koste. Wat die digitale rewolusie massiewe momentum gee, is die digitale koppeling van verskillende komponente soos Google met al sy fasette, webwerwe, forums, e-handel, allerlei toeps, notifikasies en vele meer - te veel om in hierdie beperkte ruimte te noem.

Daar word beraam dat daar in 2020, 80 miljard gekonnekteerde digitale apparate in die wêreld sal wees en dat die waarde van die globale Internet-ekonomie $14,7 triljard sal beloop.

Die punt is dat dit vir die gewone intelligente Internet-gebruiker en besighede wat by die digitale era aangepas het, moontlik geword het om sonder groot koste selfs miljoene mense te bereik vir bemarkingsdoeleindes.

Ook natuurlik die media is meegesleur deur die digitale era en is vandag die meeste tradisionele media soos koerante, tydskrifte, radiostasies, TV-kanale, ens. getransformeer in geïntegreerde multimedia-ondernemings. Dit is dus ook die voorhandliggende rigting vir Ditsem Nuus – ‘n pad wat die koerant reeds besig is om te loop. 

Wat met hierdie digitale rewolusie ook opmerklik bly, is dat, soos huidige politieke en ekonomiese gebeure in die wêreld wys, behoudende lewenswaardes, koestering van eie identiteit en nasionalisme ononderdrukbaar hul plek behou. 

Word feitelik gelet op die ampstermyn van vorige Amerikaanse president Barack Obama blyk dit asof die VSA op ‘n pad van selfvernietiging was. Daar is bv. begin om Islam in skole te leer, terwyl Christenskap en die Bybel al meer uit skole verban is; hofsake is in Amerika aanhangig gemaak deur Moslems wat op een of ander wyse aanstoot neem teen die Amerikaanse kultuur; en die dra van burkas is oraloor toegelaat, sonder om te weet wat daaronder weggesteek is.

Voorts het Moslems begin om werkgewers aan te vat wat hulle aanspreek indien hulle weier om werk te doen wat hulle persoonlik in botsing ag met Sharia-wet; die destydse Amerikaanse prokureur-generaal het gedreig om enige een te vervolg wat “anti-Moslem-spraak” beoefen; en ‘n buitelandse beleid is gevolg om sekulêre Midde Oosterse diktators vriendelik teenoor die Weste, te vervang met Moslem-ekstremiste, soos in Libië, Egipte en wat gepoog is in Sirië. Verder het die onttrekking van Amerikaanse troepe uit Irak en die Midde Ooste ‘n vakuum geskep vir ISIS; het die Pentagon en faksies van die CIA terroristegroepe in Irak en Sirië en wat in alliansie is en was met ISIS, gesteun teen die wettige Siriese regering; en ‘n ooreenkoms met Iran is ten alle koste aangegaan waardeur daardie land militêre kernkrag kan ontwikkel en terselfdertyd is miljarde dollar vir verwante programme beskikbaar gestel.

Wat sy militêre slaankrag betref, het die VSA sy kernvermoë afgeskaal na 1950-vlakke in lyn met die ideaal van ‘n kernvrye Amerika; die Amerikaanse vloot is verklein na die omvang wat dit was voor Wêreldoorlog I, die leër is na voor-1940 vlak gebring, die lugmag het honderde vliegtuie geskrap en ‘n ontslagproses van 40 000 weermagpersoneel is in werking gstel. Tydens die Obama-termyn was daar skielik nie meer geld vir arm gestremde militêre veterane, werklose Amerikaners en ontwortelde Amerikaners nie, maar “Siriese vlugteling- en hervestigingsprogramme” is ryklik befonds.

Obama het die jaarlikse Christelike gebedsgeleentheid by die Withuis afgeskaf, kon nie Christelike begrafnisse van ‘n voormalige Amerikaanse eerste dame, ‘n hooggeregshofregter en ‘n weermagsgeneraal in aksie gesterf, bywoon nie, a.g.v. ander skynbare onbelangrike afsprake. Hy het ‘n groot afvaardiging na die begrafnis van Michael Brown gestuur, maar ‘n klein een na die begrafnis van Margaret Thatcher en terwyl hy nie iets gemaak het van die moord op weermagslegende Chris Kyle nie, het hy die Amerikaanse vlag halfmas laat hang vir Whitney Houston.

Hierbo is onder kommentare op die “staatsrede” van pres. Zuma o.a. dié van president van Agri SA Johannes Moller aangehaal wat gesê het dat Zuma goed gedoen het, visionêre leierskap getoon het en beginsels vir transformasie neergelê het waarmee die private sektor ‘n pad kan loop.

Hierdie kommentaar is in teenstelling met so vele wat die gebeure in die Parlement as ‘n sirkus beskryf, om dit sag te stel, terwyl die baanrekord van Zuma met sy staatskaping bedenklik is, om dit weereens sag te stel. Zuma het herhaaldelik verklaar dat hy van plan is om die plase van blankes af te vat, ongeag of ‘n boer sy grond wil verkoop of nie, teen ‘n bedrag wat die staat pas. ‘n Verontregte boer sal die staat nie kan hof toe vat nie.

In die aanskyn van hierdie verklaarde radikale bedreiging, is dit regtig die siening van Agri SA en sy president, soos hierbo aangehaal?

Bladsy 92 van 96
Go to top