► Navorsing van Solidariteit toon dat die blanke bevolking van die land van 0-14 jaar met sowat 17 000 toegeneem het en dat totale blanke bevolking sedert verlede jaar met 130 000 mense gegroei het; dus groot behoefte aan werkskepping vir blankes ► Ditsem Nuus skep opwindende digitale markplein, DitsemMarkplein, vir Afrikaanssprekende- en Afrikaner-besighede op Telegram-program vir selfone – om te besoek en in te skakel, volg hierdie skakel ► Solidariteit kondig omvattende wettige belastingprotesveldtog aan, insluitende minstens ses regsaksies, teen staatsondernemings en belastingplunderaars, sê staat kan nie belasting gebruik om te steel nie ► Met ʼn skuld van R441 miljard toon Eskom bedryfsverlies vir 2018/19 finansiële jaar van R20,7 miljard in vergelyking van R2,3 miljard in 2017/18 finansiële jaar, dus styging van 800% in verlies; munisipale skuld by Eskom styg van R13,6 miljard na R19,9 miljard ► Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan kondig aan dat huidige voorsitter van raad van Eskom Jabu Mabuza ook aangestel is as waarnemende uitvoerende hoof ► Verslag van Stats SA toon dat werkloosheidskoers in SA van 27,6% in eerste kwartaal gestyg het na 29% in tweede kwartaal, na raming 17 miljoen werkloses in Suid-Afrika; vermoede dat werklike werkloosheid minstens 60% kan wees ► Diensbetogers te Petrus-Steyn brand uit frustrasie huis van ANC burgermeester Mamiki Mokoena van Nketoana Munisipaliteit af; geen drinkwater in die dorp nie ► In Pretoria staak munisipale werkers van SAMWU met looneis van 18% verhoging, terwyl inflasiekoers ongeveer 5% is; staking gepaard met vandalisme van infrastruktuur en intimidasie van publiek – kyk hierdie videogreep ► AfriForum beraadslaag met Marloth Park Belastingbetalersvereniging ten einde vestiging van steenkoolmyn van 18 000 ha op drumpel van Kruger Nasionale wildtuin by Krokodilbrughek teen te staan ► Groot verdeeldheid in ANC oor ʼn voormalige minister Derek Hanekom met Ace Magashule en Jacob Zuma wat sê hy was “apartheidspioen”, terwyl ANC-veterane en andere hom verdedig as gerespekteerde lid van ANC ► Kyk by hierdie videogreep hoe gemeenskapslede te Burgersfort volgens sosiale media SAPD-beamptes behandel ► Volgens Parlementêre antwoord van Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Lindiwe Zulu, is pensioentrekkers en ander begunstigdes afgelope jaar uit maatskaplike toelaes van gesamentlik meer as R21 miljoen bedrieg, terwyl staatsamptenare op bedrieglike wyse R5,4 miljoen in sak gesteek het vir onbehoorlike siekte verlof ► Gereelde georganiseerde betogings en nagwake voor SA Hoë Kommissariaat in Ottawa, Kanada, teen geweldsmisdaad in SA insluitende teen boere, asook teen etniese suiwering, rassisme en korrupsie ► Op Vrouedag 9 Augustus Antieke & Versamelaarsmark by Voortrekkersmonument, Pretoria, 09:00 tot 15:00, alle stalletjie volbespreek, toegang R30 per voertuig, geen troeteldiere ►

Internasionale nuusagentskappe berig dat Noord-Korea pas sy vyfde kernbomtoets en grootste nog vir die land gedoen het, met ‘n registrasie van 5,3 op die aardskokskaal. Dit was waarskynlik ‘n 10-kiloton bom en feitlik net so kragtig as die destydse Hiroshima-bom. Die toets het ook diplomatieke en politieke skokgolwe uitgestuur, met veral Suid-Korea, Japan, ander Oosterse state en die VSA wat hoogs verontrus is. Die groot vraag natuurlik is waar hierdie ergste diktatoriële en mees geïsoleerde staat op die planeet die tegnologie en finansies vind om eksperimente op hierdie megaskaal te kan uitvoer. Die kerntoets volg ook kort op die G20 spitsberaad van wêreldleiers wat pas in China gehou is. Inmiddels het Noord-Korea tydens die beraad ook missieltoetse uitgevoer.

Na ses jaar van uitgerekte regsgedinge en talle vertragings is uiteindelik in die Noord-Gautengse hooggeregshof  ʼn skikking met Khulubuse Zuma bereik dat hy R23 miljoen skadevergoeding aan die Pamodzi- en Aurora-likwidateurs sal betaal. Die Bhana-familielede wat by die Aurora-vernietigingstog betrokke was, is daarenteen kragtens ’n hofbevel gesekwestreer. Dit bring hoop aan die nagenoeg 5 300 voormalige Aurora-werknemers wat nou uit die Zuma-skikking en verkoop van Bhana-bates ’n gedeelte van hulle uitstaande gelde kan terugkry. Zuma het reeds die eerste betaling van R5,5 miljoen gemaak en moet die volgende R16 miljoen in maandelikse paaiemente van R500 000 betaal en die laaste R2 miljoen in maandelikse paaiemente van R100 000 totdat die volle R23 miljoen vereffen is. Volgens Solidariteit, wat die regsgeding met volharding namens hul lede gedryf het in wat waarskynlik die skandaligste geval is in die SA myngeskiedenis, het die Aurora-vennote Zuma en Solly, Fazel en Zubeida Bhana en Yaseem Theba lig daarvan afgekom met dat hulle nagenoeg 5 300 werknemers en hul gesinne in armoede gedompel het en die Pamodzi-mynbates van nagenoeg R1,7 miljard gewetenloos geplunder het. Intussen blyk dit dat regskoste nog ‘n aansienlike hap uit die vergoedingsbedrag kan neem.  

Solidariteit het in ’n voorlegging aan die International Trade Administration Commission (ITAC) gestel dat die SA staalbedryf die risiko loop om inmekaar te tuimel indien voorsorgmaatreëls nie dringend getref word nie. Volgens Marius Croucamp van die Metaal- en Ingenieursbedryf by Solidariteit, word Chinese staal in China gesubsidieer, met die gevolg dat staal op grootskaal in SA gestort word, wat plaaslike staalprodusente onder geweldige druk plaas. Dit het al talle staalondernemings gedwing om hul deure te sluit, wat weer talle broodwinners sonder inkomste laat. So bv. het sowat 2 200 mense hul werk verloor toe Evraz Highveld Steel toegemaak het en ‘n verdere 13 000 toe Highveld Steel self te Witbank gesluit het. Die staalbedryf verskaf sowat 66% van alle werk in die Vaaldriehoek en sou ’n aanleg soos ArcelorMittal ook moet sluit, sou dit die plaaslike ekonomie waarskynlik op sy knieë bring. In 2015 alleen is in die SA staalbedryf sowat 11 000 werksverliese gely.

AfriForum het sy stortingsterreinouditverslag aan Minister van Omgewingsake Edna Molewa en haar topamptenare oorhandig, nadat hull vanjaar stortingsterreine geoudit het. Volgens toepaslike wetgewing en regulasies, onder meer die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis, 59 van 2008, moet ’n stortingsterrein aan bepaalde vereistes voldoen, aan die hand van welke vereistes die oudit gedoen is. Die bevindinge toon dat slegs 15 uit 83 van die stortingsterreine wat geoudit is, oftewel 18%, aan die minimum vereistes voldoen. Van die probleme wat geïdentifiseer is, sluit in onwettige mediese afval word op die terreine gestort, met die gevolg dat ondergrondse water besoedel word; families met kinders is woonagtig op sommige van die terreine; diere wat op stortingsterreine wei en van die afval vreet; dierkarkasse wat onwettig gestort word en swak rehabilitasie en kompaksie op terreine. Voorts is oudits ook gedoen op drie privaatbeheerde stortingsterreine en is bevind dat twee van hulle 100% aan die regulasies voldoen, terwyl die derde ’n persentasie van 76 behaal het - dit teenoor staatsbeheerde stortingsterreine wat ’n gemiddeld van 44,3% tydens die oudit behaal het. Vir meer besonderhede, kontak Chris Boshoff by 072 535 6130 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die nuustoneel in Suid-Afrika word tans ongelukkig oorstroom met slegte nuus en is dit letterlik asof die land uitmekaar wil val. Suid-Afrika, waarin God amptelik die afgelope 22 jaar geen plek het nie, was kennelik nog nooit in so ellendige toestand as tans nie.

Onder hierdie omstandighede kan verwag word dat die aasvoëls van die wêreld op die land gaan toesak. So is sekerlik die internasionale geldmag besig met hul inpalmingsplan, skuif die Chinese hul imperiale pionne reg, lek Moslem-ekstremiste hul lippe af en konkel groot en klein swendelaars optimaal.

Een voorbeeld is dat miljoene hektaar plaasgrond in die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KZN, die Noord-Kaap die Oos-Kaap en die Wes-Kaap tans onder opsie vir mynprospektering van verskillende maatskappye is – ‘n aaklige fisiese bedreiging vir die SA soos ons dit ken.

Dan praat ‘n mens nog nie van die miljoene werklose swartes ryp vir ‘n rewolusie nie.

In die prentjie is ook die Afrikaner met sy unieke posisie in SA. Talle gaan maar net hul gewone gang en “hoop dat dinge gaan verbeter”. Sommige het “joiners” en “hanskakies” geword en omhels die huidige bose bestel in die hoop dat dit hul redding gaan wees. Ander vlug landuit. Nog ander is moedeloos en die arms hang slap.

Dan is daar diegene wat die aanstormende duisternis beveg met watter wettige instrument hulle ookal kan vind. Voorbeelde hiervan is Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand, Orania, die VF Plus, die HNP, die GKK, die FAK, die ATKV, die Afrikanerbond, ens. Op velerlei terreine laat hulle hul geld as die spreekwoordelike sout in die pot.

Dit is duidelik dat ook die Afrikaner in ‘n verbete terugvegpoging betrokke is. Uit ons beskeie hoek doen ons hiermee ‘n oproep dat hierdie terugvegpoging ten volle gesteun moet word en uitgebou word totdat ‘n klinkende oorwinning behaal is.

Hierdie land behoort nie aan die Bose en sy trawante nie – dit staan onder beslag van Jesus Christus en Sy koninkryk. Daarom sê ons: Kom ons verootmoedig ons voor die Almagtige sodat Hy ons land kan genees; kom ons as Afrikaners ontdek weer ons volkskap, want nie as individue nie maar slegs as kollektief kan ons dit maak; laat die Afrikaner / Boerevolk die politieke uitdaging aanvaar om steeds soewereine selfbeskikking op eie grondgebied na te streef.

Terwyl veel deesdae gesê word oor die mag, meesal korrup, wat pres. Jacob Zuma in SA uitoefen en in die proses die land laat gly in die rigting van ‘n diktatuur, is dit nodig om na wyer as bloot die persoon van Zuma te kyk.
SA huiwer tans in ‘n kritieke stadium tussen die twee pole van ‘n stabiele land en anargie en moet daar altyd gebid, gehoop en gewerk word dat die land na eersgenoemde pool sal swaai. Baie mense in die land, verteenwoordigend van alle rasse, deel hierdie strewe, maar daar moet nie ‘n illusie wees dat daar kragtige magte binnelands sowel as buitelands is wat hulle beywer vir die omverwerping van die bestaande samelewingsorde in SA nie.
Geoordeel op sy doen en late lyk dit of Zuma deel is van die radikale kant en dat dientengevolge hy deur kragtige magte, veral die gekonsentreerde internasionale geldmag wat na wêreldoorheersing streef, in die kussings gehou word.

Die besluit van die oorkoepelende gesag van die NG Kerk om homoseksuele op die kansel en in die ampte toe te laat, is eenvoudig volgens die Woord van God ‘n gruwel.
Wedergebore lidmate van die kerk kan nie daarmee saamleef nie. Derhalwe sal skeiding noodwendig moet kom.
Soos die Belhar-kwessie duidelik gewys het, is daar ‘n groot gaping tussen die “topstruktuur” van die NG Kerk (pro-Belhar) en gemeentelede op voetsoolvlak (oorwegend anti-Belhar).
Die punt in geval van skeiding is: Hou die oog op die eiendomme en finansies van die NG Kerk, wat ‘n klein fortuin werd is. Met skeiding, wie gaan met hierdie koek wegstap? Beslis nie die homo-aanhangers nie. Húlle is dit wat vreemde vuur op die altaar gebring het en dus hul eie potjie moet gaan krap.
Alle mense word deur sonde getref en ons verdoem nie homoseksueles nie. God het alle mense lief, maar hoe met sonde en sondaars onderskeidelik gehandel moet word, is die Woord glashelder.

Met die herdenking van die sluipmoord op dr. HF Verwoerd vandeesmaand 50 jaar gelede doen Ditsem Nuus in die September 2016 uitgawe ‘n spesiale fokus op hierdie geskiedkundige maar tragiese gebeurtenis. Daarin val die soeklig bondig op die werklike beleid en betekenis van dr. Verwoerd, asook op die geweldige impak wat sy sluipmoord op die geskiedenis van Suid-Afrika en wyer gehad het. Om hierdie fokus in die vorm van ‘n dubbelblad te kan doen, het Ditsem Nuus die finansiële ondersteuning van borgskap benodig ter dekking van druk-, verspeiding- en ander noodsaaklike oorhoofse koste, maar dit was opmerklik hoe instansies en persone hulself distandieer van die Verwoerd-nalatenskap. Tog was daar ’n minderheid persone en instansies wat bereid is om op te staan vir hierdie saak en hul hand daarvoor in die sak te steek. Daarvoor het Ditsem Nuus opregte waardering en is daar dankbaarheid dat die fokus gedoen kon word en dat daarin aangetoon kan word dat die degenererende geskiedkundige verloop van SA oor die afgelope vyf dekades die beleid en sienswyse van dr. Verwoerd reg bewys het.

.  

Nie minder nie as 444 inskrywings is vanjaar ontvang vir die gesogte goue of silwer-Pendoring-kompetisie van die ATKV. Volgens laasgenoemde beleef Afrikaanse inskrywings ʼn rekordjaar, terwyl ook verblydend is die groot aantal inskrywings in inheemse Afrika-tale vir die eerste keer, met Zoeloe-inskrywings wat die septer swaai, gevolg deur Xhosa- en Sotho-inskrywings. Die groot aantal studente-inskrywings – wat amper verdubbel het – het ook verras. In die agentskapsafdeling het kategorieë Vernuf en Radio-kommunikasie vir die meeste inskrywings gesorg, en in die studente-afdeling die kategorieë Gedrukte Kommunikasie en Kommunikasie-ontwerp. Die beoordeling vind 7-9 September 2016 by Mediapark in Aucklandpark plaas, met die finaliste op Vrydag, 16 September 2016 aangekondig en die wenners op 28 Oktober 2016 by ‘n gala-aand by Vodacom World in Midrand. Sluit aan by die Pendoring Facebook-groep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring. 

Teken gerus in op DitsemBlits en ontvang weekliks nuus wat saakmaak vir die Afrikaner @ slegs R240 per jaar!

Slegs R240 per JAAR

DitsemBlits-fZV01luJoXY4wicV

DitsemBlits

Standard Bank

140 320 105

Spaarrekening

Takkode: 05-55-34

Die termes en voorwaardes kan gesien word deur HIERDIE skakel te selekteer.

Joomla forms builder by JoomlaShine

‘n Boek wat pas verskyn het en wat hoogs insiggewend is vir elkeen wat die toekoms van SA bona fide op die hart dra, is A Manifesto for Social Change deur Moeletsi Mbeki,in samewerking met sy niggie Nobantu Mbeki. As navorser, politieke kommentator en geleentheidspreker is Moeletsi Mbeki ‘n swart persoon wat in eie reg onwrikbaar staan vir reg en geregtigheid, nugterheid en balans in SA.

Hy is bekend dat hy nie doekies omdraai nie en meedoënloos kortpad vat na die waarheid. Hoewel hy ‘n broer van oud-pres. Thabo Mbeki is, is hy wat betref politieke sienswyse en optrede presies die teenoorgestelde.

In A Manifesto for Social Change, beslaande slegs 120 bladsye, takel hy die verwoestende impak van korrupsie in die land kaalkop en sê hy dat die werklose en halfopgeleide swartmassa ryp is vir rewolusie. Aan die hand hiervan skets hy vier verwagte toekomsscenarios vir SA wat enige realistiese leser sal skud.

Die boek is gepubliseer deur Picador Africa en kos R160.

‘n Groepie wedergebore Christene van die Bloemfontein-omgewing wat die VolkseieVerootmoedigingsaksie (VVA) tot stand gebring het, doen in ‘n media verklaring ‘n beroep op die Afrikanervolk, ook bekend as die Boerevolk, om deur ‘n doelgerigte aksie tot volslae verootmoediging voor God Drieënig as die Albeskikker te kom. In die mediaverklaring word die Skrifgedeelte 2 Kronieke 7: 13-14 as hoeksteen uitgelig. In die mediaverklaring word  gesê: ”Intensiewe introspeksie is nodig, sonder dat dit hoegenaamd gaan oor die vals skuldgevoel wat die liberalisme soos ‘n albatros om die nek van die Afrikaner wil hang. Dit gaan alleenlik oor wat die Afrikaner in ootmoed, berou en opregtheid direk teenoor die Alhoë bely – in die geloof dat Hy genadig is en sal toelaat dat hierdie volk weer opstaan en voluit gaan op die pad waarop Hy lei.’’ Die VVA het ‘n Facebook-blad spesifiek vir die verootmoedigingoproep geskep en daarop is benewens die volle teks van hul mediaverklaring, ook bepaalde voorgestelde gebedsonderwerpe gepubliseer. Die skakelpersoon van die VVA is dr. Jann Schlebusch en hy kan gekontak word by 072 959 3214 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .

Volgens die jongste syfers van Statistieke SA het die aantal toeriste-aankomste in SA in die eerste ses maande vanjaar toegeneem, met ‘n totale getal van 4 969 087 – ‘n 19% styging vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die hoof markte vir toerisme is onderskeidelik die VSA (19% styging), Duitsland (21% styging) en Verenigde Koninkryk (2% styging). Volgens Statistieke SA indien hierdie syfers vergelyk word met die toename in globale toerismestroom, dan het die buitelandse toerismemark in SA met slegs 0,57% gegroei, d.w.s. feitlik gestagneer. Inmiddels blyk dit dat die toerismestroom na Kaapstad so druk is dat akkommodasie ‘n probleem is en dat oorlopende somerspatrone na wintertyd gekanaliseer word.

Daar is aangekondig dat die gewilde jaarlikse Boertjiefees te Bultfontein nie meer aangebied gaan word nie en dat reëlings getref is dat dit tot ‘n mate vervang sal word deur ‘n Makiti Kontreifees wat 2-3 September vanjaar by die Amariskool te Welkom gehou sal word. Die nuwe fees beplan o.m. 130 stalletjies, ‘n pretpark, ‘n mini-sirkus, padwedlope oor 4,9 km en 10 km, talentkompetisies, ‘n babakompetisie, bulletjie rugby, sport vir gestremdes, Mnr. en Mej. Makiti, ‘n biertuin, ‘n wyntuin en restaurante. Van die kunstenaars wat optree is Mathys Roets, Caroline, Pieter Koen en Lolla en Doffel. Toegangsgelde is betaalbaar.  

 

pdf iconLaai die Ditsem Nuus Julie 2019 uitgawe hier af:

Laai PDF af (19 MB)

 

Dankie vir u belangstelling in DitsemBlits.

U sal binnekort 'n epos ontvang van PayGate waar u maklik die betaling van R240 kan maak deur die skakel in die epos te volg.

Ons sal opvolg met jou unieke verwyssingsnommer en sal 'n bevestigingsepos stuur nadat ons u betaling ontvang het.

 

paygate1

1.) Terugbetalingsbeleid (Refund policy):

Die intekenfooi betaalbaar om die weeklikse elektroniese nuusbrief Ditsemblits te ontvang, is R20 per maand betaalbaar vooruit vir 'n minimum van 12 x maande, welke bedrag geensins terugbetaalbaar is nie indien die kliënt gedurende die termyn ontvangs van die nuusbrief sou kanseleer.

2.) Terme en voorwaardes:

DitsemNuus stuur die weeklikse nuusbrief uit aan intekenare @ R20 per maand intekenfooi, welke bedrag vooruitbetaalbaar is vir 'n minimum van 12 x maande = R240 vir 12 maande, hierdie bedrag is betaalbaar in die rekening van DitsemBlits, Standard Bank, rekeningnommer 140 320 105, in welke geval die intekenaar 'n unieke verwyssingsnommer van Ditsem Nuus ontvang en ook die DitsemBlits dan per epos ontvang vanaf die begin van die maand volgende op die maand van intekening, geldig vir die daaropvolgende 12 x maande. Die intekenaar onderneem omnie die nuusbrief aan te stuur aan enige ander persoon nie. Ditsem Nuus onderneem om alle besonderhede van die intekenaar vertroulik en slegs binne intieme rekords te bou en dit nie uit te gee aan enige buitepersoon of instansie nie.

3.) Sekuriteitsbeleid

Ditsem Nuus het by sy kantore te Oranje Eggo S39, Orania, maatreëls in plek ten einde te sorg dat alle inligting m.b.t intekenare op DitsemBlits veilig en sekuur is teen enige inbreek van of lekkasie na enige buite-instansie of persoon.

Bladsy 95 van 96
Go to top