► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Wat gaan vir wat in wêreldpolitiek

Die wêreldpolitiek oor die algemeen is op sy beste verwarrend met baie grys areas, sodat 'n mens nie altyd weet wat gaan vir wat en wie is aan die “regte” kant en wie nie. Ons beskeie siening is basies dat die sterkste menslike faktor in die wêreldpolitiek, naas nasionalisme, is die Illuminati oftewel Nuwe Wêreldorde (NWO). Dié bestaan uit 'n gekoördineerde ekonomiese en finansiële mag, in die hande van die Bose, wat as mikpunt het wêreldoorheersing en gerekenariseerde beheer oor die ganse mensdom. Om dit te bereik, manipuleer hulle sover hulle kan elke politieke en ander mag en is in die proses gewetenloos – oorloë, hongersnood, ekonomiese ellende, selfs siektes, is bloot instrumente wat hulle gebruik. Die NWO is hoofsaaklik in die Westerse wêreld gesetel en het selfs al bv. instansies soos die Amerikaanse en Britse geheime dienste sodanig geïnfiltreer dat hulle dit grootliks beheer. Vandaar dat huidige berigte sin maak dat die CIA van Amerika tot 95% van terroristiese aanslae in die wêreld orkestreer en dat die NWU 'n skakel het met die Britse skakelmaatskappy BellPottinger wat glo namens die ANC die rassistiese aanvalle op blankes in SA stook. Een van die staatslui in die wêreld wat moontlik nie inpas by die NWO agenda nie, is pres. Vladimir Putin van Rusland. Die NWO-geïnfiltreerde Amerikaanse regering het die afgelope ses jaar verskeie stabiele, Westersgesinde diktature in die Midde-Ooste, soos Tunisië, Egipte en Libië, omver laat werp en hulle in onstabiliteit of chaos laat verval. Hulle het hard probeer om dit met Sirië ook reg te kry, maar pres. Al-Assad het vasgeskop en 'n bloedige burgeroorlog teen Moslem-militantes was die gevolg. Rusland het met sy lugmag ingegryp en die skaal in die guns van die Siriese regering geswaai. In die proses is ISIS in Irak en in 'n deel van Turkye 'n nekslag toegedien. Toe kom die gifgasaanval in Sirië, wat die Amerikaanse regering sê die werk van die weermag van Assad was en waarvoor Rusland ook verantwoordelikheid moet aanvaar. Uit weerwraak beveel pres. Trump dat die Siriese regering gebombardeer moet word en dit bring konfrontasie met Putin, met wie Trump vroeër politieke voetjie-voetjie gespeel het. Hierdie skuif van Trump maak nie sin nie, want vroeër is anvaar dat hy wat Trump is ook anti-NWO is en hul kaarte lelik deurmekaar krap. Dit is teen hierdie agtergrond dat Putin sê dat 95% van terroristiese aanvalle in die wêreld CIA-georkestreer is en dat hy deeglike ervaring daarvan het. T.o.v. die internasionale mediawêreld word gesê groot media soos CNN, die BBC, Al Jazeera, New York Times, Washington Post e.s.m. is in die hande van die NWO en sing hul gesang, terwyl RT televisie pro-Russies en anti-NWO is. Daarom propageer die NWO-media dat Putin / Rusland die skurk van die wêreld is, terwyl RT 'n presies teenoorgestelde storie vertel. Dit wil dus voorkom dat die tradisionele siening van Wes (VSA, Wes-Europa, Japan, Australië, Suid-Korea en Taiwan, ens.) vs. Oos (Rusland op sy eie, China op sy eie, Noord-Korea, ens.) nie heeltemal korrek is nie. Instede is Rusland onder Putin, hoewel nie vlekkeloos nie, eintlik die goeie Cowboy in die jongste verhaal. Insiggewend in hierdie verband is dat sedert die VSA en sy Europese bondgenote militêr in die Midde Ooste begin inmeng het oor die laaste sowat 15 jaar, het die Christendom in die Midde Ooste baie swaar begin kry en in getalle drasties afgeneem. Sedert Rusland egter die laaste twee jaar die stad skaal geswaai het en ISIS se rug gebreek het, toon die Christendom oplewing in die Midde Ooste en begin hul getalle weer toeneem. In hierdie verband skryf Geopende Deure met hul intieme ondersteuning van die Vervolgde Kerk in hul jongste SA nuusbrief: “Indien ons die huidige situasie in die Midde Ooste vergelyk met verlede jaar, kan ons sien dat omstandighede vir ons broers en susters in Christus wonderbaarlik verbeter het. In Irak – namate sommige areas van die beheer van die Islamitiese Staat bevry is – het sommige Christene teruggekeer na hul tuistes. Ons is vol hoop dat ander binnekort sal volg.”
Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top