► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Eendragtige Afrikaner-optrede

Ons ondersteun die Angus Buchan-geleide byeenkoms op 22 April 2017 te Bloemfontein van harte, omdat dit 'n noodsaaklike gesamentlike verootmoediging van die burgers van hierdie land verteenwoordig voor die almagtige en regverdige God wat die lot van die nasies en volke bepaal. Terwyl ons glo dat God verhoor het en dat 'n nuwe era vir Suid-Afrika aangebreek het, meen ons ook dat 'n mens prakties jou huis in orde moet kry. In hierdie opsig is een van die feite dat die Afrikaner 'n volk is, of hy dit nou wil weet of nie. Die geskiedenis en huidige opset wys dat die Afrikaner as deel van multikulturele Suid-Afrika ook 'n volk in eie reg is. Indien die Bybel mooi gelees word, word gesien dat die wil van God vir menslike verhoudings is, is instandhouding van onderskeidelik huwelike, gesinne, families en volke. In hierdie verband geld die goue reël steeds: God liefhê bo almal en die naaste soos jouself. Dit plaas 'n verpligting op die Afrikaner om sy volksidentiteit te koester en terselfdertyd ander identiteite te respekteer, soos ook wat hy verwag hulle moet teenoor hom optree. Daar is nie 'n ander sinvolle praktiese pad vir die Afrikaner as hierdie roetekaart nie. Teen hierdie agtergrond doen ons hiermee 'n beroep op daadwerklike stappe tot Afrikanereenheid, veral in die ongekende bedreiging wat die Afrikaner tans in die gesig staar. Huidig word alles moontlik gedoen deur die Nuwe Wêreldorde (NWO) met sy handperde om die Afrikaneridentiteit te vernietig op elke lewensterrein en woed trouens 'n onverklaarde burgeroorlog teen die Afrikaner met sy basies Christelike inslag. Ja, ons is volkome afhanklik van die Here, vir Sy leiding en voorsienigheid, maar die Woord leer ook dat 'n sterk man sy huis moet beveilig. Vir die Afrikaner sou ons sê dit behels o.a. die volgende stappe: • Alle welwillende volksgesinde Afrikaners moet daadwerklik bymekaarkom en 'n deurslaggewende dinkskrum hou oor die pad vorentoe. • Ons moet op die verskillende lewensterreine elkeen doen wat ons hand vind om te doen om ons volksidentiteit te beskerm, te handhaaf en uit te bou. Dit sluit in kerke, skole, universiteite, die werksplek, politiek, ons grond en besittings, die howe, ons taal, kultuurerfenisse, ens. • Spesifiek wat betref twee aspekte is dit hoog tyd om te sê genoeg is genoeg: Eerstens, die klakkelose en onophoudelike uitmoording van blankes aan die hand van swartmense. Dit is ongeëwenaard en verskriklik en kan eenvoudig nie so aangaan nie. Tweedens, belastinggeld wat deur die ANC-regering gebruik word om die Afrikaner te ondergrawe deur SEB, sportkwotas, uitboendering uit openbare instansies soos universiteite, die howe, ens. Ook hieraan moet 'n einde kom en word en word belastingweerhouding al meer 'n kragtige opsie. • Ander realiteite wat in die oë gekyk moet word, is o.m. die kriminalisering van die Afrikanergeskiedenis, die gruwelike uit verband ruk van “apartheid”, die werklike redes waarom swartmense ná 23 jaar onder 'n swart regering slegter daaraan toe is as voor 1994, presies hoekom die meerderheid altyd teen die minderheid beskerm moet word, in hoeverre die uitskuif van die blanke / Afrikaner uit die SA samelewing bydra tot die huidige rommelstatus van die land, die tydbom waarop SA tans sit met sy massa onopgeleide en werkklose jeugdiges, e.s.m. • 'n Faktor wat nie uit die oog verloor behoort te word nie, is die bykans 1,5 miljoen Afrikaners wat die afgelope sowat kwarteeu geëmigreer het – die sg. diaspora. Hoewel hulle gekies het om hul heil elders te gaan soek, is daar van hulle in wie die Afrikanerhart steeds hoorbaar klop en van wie die meeste goedgekwalifiseerde en welaf mense is. 'n Manier om 'n terugvloei of heraanknoping te bewerkstellig moet gevind word. • Die logiese en onontwykbare opsie van selfbeskikking met al sy implikasies, insluitende volhoubare grondgebied, moet in behandeling geneem word. Ons submissie word weerspieël in drie selfverduidelikende aanhalings – een van 'n voormalige SA eerste minister en twee van twee vormalige Amerikaanse presidente: Dr. DF Malan het gesê: Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort. Theodore Rooseveldt het gesê: If we don’t hang together, we will all hang separately. Richard Nixon het gesê: The basic rule of Soviet behaviour was laid down years ago by Lenin: Probe with bayonets. If you encounter steel, withdraw. If you encounter mush, continue. The question is which will the the Soviets encounter: steel or mush? Ten slotte, twee finale doelwitte moet altyd in die visier gehou word: • Dit gaan in die finale instansie oor handhawing van die Evangelie binne die globale stryd tot die jongste dag: Lig vs. Duisternis. • Vryheid – Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Piet Roodt - Vrydag, 25 Mei 2018

    Die redaksie betree gevaarlike terrein om dele van die ou volkslied teen die einde van die berig aan te haal. Het pres Ramaphosa nie nou met die afhandeling van die debat oor sy brotingspos in die Parlement daarteen gewaarsku nie?
    So wil hulle die Afrikaner afkraak en breek tot almal soos die liberales praat en askies se omdat ons leef.
    Die ou landsvlag en volkslied is NIE simbole van apartheid en diskriminasie nie. Dis simbole wat die Afrikaner se geskiedenis uitbeeld. Ek sal tot die dag dat ek doodgaan trots wees op my volkslied (die Stem) en op my ou landsvlag.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top