► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Chinese Nobelpryswenner sterf ná lang aanhouding

Liu Xiaobo (28/12/1955 – 13/07/2017) was ‘n Chinese skrywer, digter, literêre kritikus en menseregte-aktivis wat hom beywer het vir politieke hervorminge in China en het vreedsame veldtogte gelei teen die Kommunistiese diktatuur. Hy het verskeie leierskapposisies beklee en is a.g.v. sy anti-Kommunistiese stand verskeie kere in hegtenis geneem en tronkstraf opgelê, die laaste keer in 2009 toe hy tot 11 jaar gevangenisstraf gevonnis is.

In 2010 is die Nobel Vredesprys aan hom toegeken terwyl hy in die tronk was. Op 26 Junie 2017 is mediese parool aan hom verleen op grond daarvan dat hy terminaal siek was aan lewerkanker. Hy is op 13 Julie 2017 in 'n hospitaal oorlede.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top