► Navorsing van Solidariteit toon dat die blanke bevolking van die land van 0-14 jaar met sowat 17 000 toegeneem het en dat totale blanke bevolking sedert verlede jaar met 130 000 mense gegroei het; dus groot behoefte aan werkskepping vir blankes ► Ditsem Nuus skep opwindende digitale markplein, DitsemMarkplein, vir Afrikaanssprekende- en Afrikaner-besighede op Telegram-program vir selfone – om te besoek en in te skakel, volg hierdie skakel ► Solidariteit kondig omvattende wettige belastingprotesveldtog aan, insluitende minstens ses regsaksies, teen staatsondernemings en belastingplunderaars, sê staat kan nie belasting gebruik om te steel nie ► Met ʼn skuld van R441 miljard toon Eskom bedryfsverlies vir 2018/19 finansiële jaar van R20,7 miljard in vergelyking van R2,3 miljard in 2017/18 finansiële jaar, dus styging van 800% in verlies; munisipale skuld by Eskom styg van R13,6 miljard na R19,9 miljard ► Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan kondig aan dat huidige voorsitter van raad van Eskom Jabu Mabuza ook aangestel is as waarnemende uitvoerende hoof ► Verslag van Stats SA toon dat werkloosheidskoers in SA van 27,6% in eerste kwartaal gestyg het na 29% in tweede kwartaal, na raming 17 miljoen werkloses in Suid-Afrika; vermoede dat werklike werkloosheid minstens 60% kan wees ► Diensbetogers te Petrus-Steyn brand uit frustrasie huis van ANC burgermeester Mamiki Mokoena van Nketoana Munisipaliteit af; geen drinkwater in die dorp nie ► In Pretoria staak munisipale werkers van SAMWU met looneis van 18% verhoging, terwyl inflasiekoers ongeveer 5% is; staking gepaard met vandalisme van infrastruktuur en intimidasie van publiek – kyk hierdie videogreep ► AfriForum beraadslaag met Marloth Park Belastingbetalersvereniging ten einde vestiging van steenkoolmyn van 18 000 ha op drumpel van Kruger Nasionale wildtuin by Krokodilbrughek teen te staan ► Groot verdeeldheid in ANC oor ʼn voormalige minister Derek Hanekom met Ace Magashule en Jacob Zuma wat sê hy was “apartheidspioen”, terwyl ANC-veterane en andere hom verdedig as gerespekteerde lid van ANC ► Kyk by hierdie videogreep hoe gemeenskapslede te Burgersfort volgens sosiale media SAPD-beamptes behandel ► Volgens Parlementêre antwoord van Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Lindiwe Zulu, is pensioentrekkers en ander begunstigdes afgelope jaar uit maatskaplike toelaes van gesamentlik meer as R21 miljoen bedrieg, terwyl staatsamptenare op bedrieglike wyse R5,4 miljoen in sak gesteek het vir onbehoorlike siekte verlof ► Gereelde georganiseerde betogings en nagwake voor SA Hoë Kommissariaat in Ottawa, Kanada, teen geweldsmisdaad in SA insluitende teen boere, asook teen etniese suiwering, rassisme en korrupsie ► Op Vrouedag 9 Augustus Antieke & Versamelaarsmark by Voortrekkersmonument, Pretoria, 09:00 tot 15:00, alle stalletjie volbespreek, toegang R30 per voertuig, geen troeteldiere ►

Wettiging van dagga open deur vir dwelms

Die beslissing op 25 Mei 2018 van die Wes-Kaapse hooggeregshof dat dit ongrondwetlik is om die gebruik van dagga deur volwassenes in privaat wonings te verbied en dat derhalwe die besit, verbouing en gebruik van dagga by die huis vir privaat gebruik toegelaat moet word, het die deur wawyd oopgegooi vir toenemende dwelmmisbruik, veral onder die jeug. Wat gebeur, is dat die grens met dwelms vervaag en dat ‘n groot grys gebied geskep word waarbinne dit moeilik geword het om te bepaal of die gebruik van dagga en verwante dwelms inderdaad ‘n kriminele oortreding is.

Hierdie grys asrea word nou deur gewetenlose dwelmhandelaars uitgebuit om allerlei soorte daggaverwante dwelms te smokkel, sonder dat daar klinklare bewyse is waarop hulle gearresteer kan word. Hierdie onrusbarende verskynsel is reeds besig om soos onkruid op SA skoolterreine op te skiet

So doen video’s tans op sosiale media die rondte van kinders en en jongmense wat psigotiese aanvalle beleef nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het. Minstens 13 mense, van wie sommige kinders so jonk as 14 jaar, moes mediese behandeling ontvang nadat hulle die middel Herbal blend gerook het. Nie net is dié middel ʼn lewensgevaarlike konkoksie van verskillende dwelms nie, dit word wettig oor die toonbank in verskeie winkels verkoop

Een van die video’s wat tans die ronde doen, wys twee jongmans wat in ʼn byna besete toestand is nadat hulle Herbal blend gerook het. Op die video kan gesien word hoe een (22) op ʼn bed rondspring en onbeheersd in ʼn kamer rondval, terwyl sy vriend op die grond lê, onherkenbare brabbeltaal uiter en aanhoudend ruk.

Herbal blend word in ongemerkte swart pakkies verkoop met selfs die geur van die inhoud wat op die pakkie aangedui word. ʼn Pakkie kos ongeveer R45 en sowat 10 sigarette kan uit een pakkie gerol word. Die middel lyk baie soos dagga, hoewel daar ooglopend veel meer as dagga in die hoogs potente mengsel is. Herbal blend is maar een van die “versterkte” daggaprodukte wat tans deur die smokkelmark beskikbaar gemaak word.

Hoewel gesê kan word dat in die Suid-Afrika van vandag, is dit die plig van die wetstoepassingsowerhede om die dwelmplaag hok te slaan, maar gegee die onbeheerste misdaadvlakke, grootlikse Godlose moraliteit en losbandige leefwyse, is dit 'n pypdroom op sigself. Die beste oplossing is natuurlik geleë in voorkoming - kinders en jong mense behoort betyds deeglik ingelig te word van die vernietigende gevare van dwelmmisbruik en verslawing.

In hierdie opsig is prakties deur en deur bewys dat die belangrikste fort 'n gesonde en liefdevolle gesinslewe is bestaande uit pa, ma en kinders. Egskeiding kan katastrofaal wees, terwyl as die grootste maatskaplike euwel uitgewys is, nie net in SA nie maar wêreldoor, afwesige pa’s.

Ook vir die Afrikanervolk stel die proaktiewe bekamping van die dwelmgevaar ‘n geweldige uitdaging om sy geslag van môre te beveilig en te verseker. In die finale instansie bly dit egter in die eerste plek 'n saak van gebed, want niemand is te goed of te hoog vir hierdie plaag in 'n wêreld wat besig is om sy morele remme te verloor nie.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top