► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Die huidige sterk sprake dat Eskom kan ineenstort en die land in algehele verduistering kan dompel, kan nie geïgnoreer word nie. Indien dit sou gebeur, sou dit beteken geen elektrisiteit vir o.m. beligting, huishoudelike gebruik, pomp van water, bedryf van besighede, instandhouding van sekuriteit en onderhoud van die Internet nie – dus ‘n katastrofale scenario. Daarby sou dit ‘n tragedie sonder weerga wees – dat die bestuur van ‘n ontwikkelde geïndustrialiseerde land nie in staat is om sy nasionale elektrisiteitsnetwerk in stand te hou nie.

Hoe dit ookal sy, hoe moet die gewone bona fide Suid-Afrikaanse burger hom- of haar- self onder hierdie omstandighede oriënteer? Hierdie vraag kan ten beste beantwoord word indien die volgende realiteite oftewel brokstukke van die Eskom-legkaart bymekaar gesit word:

Huidig in spitstyd het Suid-Afrika in totaal 32 GW elektrisiteit nodig en dit is wat Eskom tans sukkel om te lewer. In 1994 het Suid-Afrika 37,6 GW kapasiteit gehad. Gebrekkige instandhouding en disfunksionele opwek- king het tot die verlies gelei, met beskikbare kapasiteit wat bv. in Desember 2014 tot selfs 24 GW gedaal het.

• In 1992 het die regering / Eskom met die BHP Billiton ‘n ooreenkoms gesluit waardeur die maatskappy vir sy smelters te Richardsbaai en Maputo by Eskom krag sou koop teen ‘n prys onder die produksiekoste van Eskom. Hierdie ooreenkoms kon nog nooit geregver- dig word nie en tans tap die smelters sowat 1 300 MW van Eskom se huidige vermoë - en indien dit beëindig kan word, sou dit alle Fase 1 beurtkrag onmiddellik uitskakel.

• Die Witskrif oor Energie van 1998 het ele- ktrisiteitstekort in 2007 voorspel, maar die destydse kabinet het ‘n moratorium op nuwe Eskom kragstasies geplaas, met die hoop dat die private sektor sou toetree, wat egter nooit gebeur het nie, hoofsaaklik a.g.v. die uitvloei van kundigheid uit die land.

• In 2005 het die regering besluit om die Medupi en Kusile kragstasies te bou, maar geeneen van hulle is nog naastenby by produksiestadium nie. By Medupi staak tans 13 000 van die 14 000 werkers. Dit lyk of die totale projekkoste vir hierdie twee krag- stasies op hierdie stadium sowat R50 miljard beloop.

• Eskom bestee tans meer as R1 miljard per maand aan diesel om sy noodkragopwekkers in die Suid- en Wes-Kaap aan die gang te hou. Volgens ‘n berig in die Sunday Times is van hierdie dieselverskaffers aan Eskom ANC-kaders, waaronder ‘n tandarts en ‘n skoonheidsterapeut.

• In Januarie vanjaar het Eskom die regering gevra vir ‘n onmiddellike kontantinspuiting van R3 miljard om dieselaankope oor die ko- rttermyn te finansier. Dit is bo en behalwe die R20 miljard hulppakket wat Minister van Finansies Nhlanhla Nene in sy begrot- ingsrede in Oktober verlede jaar vir Eskom geoormerk het.

• Intussen lyk dit of die regering voete sleep om die kragnetwerk in SA te privatiseer en hoewel drie rondtes van goedgekeurde al- ternatiewe energieverskaffers reeds deur die Dept. van Energie afgehandel is, is dit te min om ‘n wesentlike verskil aan die to- tale energiebehoeftes van die land te maak. Inmiddels blyk dit ook dat die eintlike rede waarom die voorsitter van die Eskom-raad Zola Tsotsi vroeër vanjaar verplig was om te bedank, die feit is dat hy drasties die inbring van private kragverskaffers in die nasionale netwerk voorgestaan het.

• Dit lyk egter of daar tans meer onaf hanklike kragprodusente is, hoofsaaklik in die son- en windsektor wat besig is om infrastruktuur op te rig vir die opwekking van sowat 18 000 MW krag. Hulle moet egter nog deur die goedkeuringsproses gaan om by die bestaande nasionale netwerk ingeskakel te kan word.

• Intussen spook Eskom om die uitstaande to- tale skuld van munisipaliteite van R3,68 miljard in te vorder, o.m. deur drastiese afsny van krag aan 20 munisipaliteite gedurende spitstye.

• Soweto alleen skuld Eskom R4 miljard, maar nog geen aksie hierteen is geneem nie.

• Dan is daar natuurlik ook die ooreenkoms wat Minister van Energie Tina Joemat-Pettersson verlede jaar met die Russe gesluit het teen ‘n kontrakbedrag van R1 triljard, wat skynbaar meer is as die totale jaarlikse be- groting van die SA staatskas.

• Die verliese wat Eskom ly a.g.v. onwettige kragaftapping en kabeldiefstal, is geweldig, met betroubare syfers moeilik bekombaar.

• Dit blyk ook dat die hoof kantoor van Eskom onder sg. Exercise Breaking Dawn ‘n inoefening gehou het sou dit gebeur dat die krag- netwerk totaal in duie stort.

• Ekonome reken dat beurtkrag die land tans tussen R20 miljard en R60 miljard per maand kos.

Die aanduidings is dat indien Eskom sou platval, dit minstens twee weke sou duur voor- dat dit naastenby weer in bedryf sou wees. Wat die geval ookal mag wees, dit is duidelik dat, soos een kommentator opmerk, die Eskom- krisis die grootste bedreiging is wat SA die afgelope 100 jaar in die gesig gestaar het. Dit is egter logies om tot die gevolgtrekking te kom dat die Eskom-krisis kunsmatig is en dat volkome menslik-rehabiliteerbaar is. In geheel gesien, lê die sentrale oplossing waarskynlik in grootskaalse privatisering van energieverskaffing in SA.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die ge- wone landsburger hom- of haarself - indivi- dueel en groepsgewys - vir die toekoms moet

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top