► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Altesaam 61 275 individue, waarvan 2 116 voornemende ouers, 5 147 studente, 4 724 ouers van huidige studente, 4 220 PUK-alumni en tientalle invloedryke Afrikaanssprekendes en 20 Afrikaanse organisasies is, het reeds ʼn enorme nee-stem uitgebring teen planne van die NWU Potch-kampus om sy taalbeleid ten nadeel van Afrikaans te verander. 

Ses keer meer persone het aan die konsultasieproses deelgeneem as wat deelgeneem het aan die konsultasie van die NWU oor die verandering sy handelsmerk en kleur. In ʼn verdere verwikkeling het die konvokasie van die NWU byna eenparig ʼn resolusie aanvaar waarvolgens die huidige taalbeleid waar Afrikaans en Engels primêre onderrigtale is, gesteun word. Daar is ook besluit dat die ontwikkeling van Sotho en Tswana as onderrigtale versnel moet word.

Die bewaargroep vra dat die huidige taalbeleid, wat erken word as een van die beste ter wêreld, behou word; dat die status van Afrikaans as primêre onderrigmedium so bly; dat daar geen afwatering van die taalaanbod geskied nie; en dat Afrikatale as volledige onderrigtale ontwikkel word. In verdure kommentaar sê die groep: “Die Afrikaanse gemeenskap is nie naïef oor die mooi woorde van veeltaligheid wat nou opklink nie. Tukkies, Kovsies en Maties het ons van alle naïwiteit in dié verband gestroop. 

“Hierdie poging van die NWU is nie die einde van transformasie nie, dit is die begin daarvan. Wat kan oorlê, is eise vir dekolonialisering, anargisme, die vernietiging van studentelewe en die radikale rassetransformasie van personeel en student.”

Vir meer besonderhede, kontak Connie Mulder van Solidariteit Navorsingsinstituut by 082 731 8381.

'n Selfverduidelikende mediaverklaring lui soos volg: “Honderde studente het verlede Donderdag in lang rye in gietende reën gestaan om die VF Plus as ‘n minderheidsregte-politieke party by die Universiteit van Pretoria te help registreer. Die boodskap hiermee is dat die tyd aangebreek het om terug te veg teen die vooroordeel, onverdraagsaamheid en die klimaat van rassespanning op kampus.

“Ons studente het ‘n behoefte aan ‘n veilige en stimulerende omgewing waar verskille gerespekteer word en dit nie ontaard in ‘n pynigende smeltkroes telkens wanneer studente van minderheidsgroepe die ANC en EFF aanvat oor hul haatspraak en rassistiese propaganda op kampus nie. Die volgende studente is eenparig verkies om die VF Plus Jeug op Tuks te verteenwoordig: Voorsitter  Daniel Viljoen / Onder-voorsitter Brendan Jordaan / Sekretaris Natasha Labuschagne / Tesourier Kyla-Marie Kraemer / Transformasie  Denine Rudolph.

“Ons missie is: Om te verseker dat toelating tot dié universiteit op meriete geskied / Dat die reg op moedertaalonderrig geprioritiseer en nie gedemoniseer word nie / Om te veg vir studente van minderheidsgroepe se reg tot kultuur- en godsdiensvryheid op kampus. Ons het vir te lank toegelaat dat radikale elemente ons tradisies en kultuur op universiteit onteien.”

Vir meer besonderhede, skakel Jean Kriek by 079 224 7321 of Daniel Viljoen by 072 432 3754.

In 'n mediaverklaring sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus woordvoerder vir Onderwys o.m. soos volg: “Luidens mediaberigte het die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe (CRL) gedreig om optrede teen De Goede Hoop-koshuis in Pretoria te bemiddel, indien dit nie self aksie kan neem nie.

“Navorsing oor multikulturele state wêreldwyd dui daarop dat stabiliteit verseker bevorder word as die staat minderheidsgroepe toelaat en selfs bystaan om onderwys- en ander instellings op te bou en in stand te hou, wat hul identiteit bevorder. Ook die VN het in 1976 en 1992 verklarings tot dié effek aangeneem. Daarom is artikels 181 en 235 oor dié aangeleentheid, deel van die SA Grondwet van 1996.

“Die SA regering, en in besonder die CRL, moet besef dat Afrikaners in die land is om te bly. Meer nog, dat die reg om die bevordering van etniese kultuur in instellings soos koshuise internasionaal aanvaar word, en in die Grondwet verskans word. Wat Afrikaners tans ervaar is niks minder nie as kulturele volksmoord.”

Dit blyk dat die taalbeleid van die Noordwes Universiteit onder skoot is, hoewel nog nie duidelik tot watter mate nie – aan die een kant t.o.v. die ontwikkeling van 'n nuwe taalbeleid vir die universiteit sê oorhoofse rektor Dan Kgwadi die bestaande meertalige beleid bly, maar aan die anderkant meen ingeligtes en sommige oud-studente dat moontlik die doodsklok vir Afrikaans by die universiteit kon gelui het.

Die universiteit het op 9 Maart 2018 aangekondig dat ʼn konsultasieproses oor die nuwe beleid van stapel gestuur gaan word, met sluitingsdatum vir insette op 31 Maart. Na beoog word sal die nuwe beleid reeds so vroeg as Junie 2018 aan die universiteitsraad voorgelê word.

In ‘n mediaverklaring sê dr. Dirk Hermann van Solidariteit en oud PUK: “Ons het wel toegang gehad tot ʼn beleidsdokument wat deur prof. Robert Balfour, Adjunk-vise-kanselier vir Onderrig en Leer, aan die Bestuurskomitee van die NWU voorgelê is en waarin gekonstateer word dat die onderrigtaal van die universiteit Engels moet wees – ook op die Potch-kampus.” Hermann sê voorts in ‘n mediaverklaring: “Ons moet reageer deur in ons duisende ‘nee’ te sê. Ons moet die universiteit se konsultasieproses voor ʼn groot toets te staan bring: As tienduisende mense ‘nee’ sê, gaan die universiteit steeds ‘ja’ sê? As hulle dit sou doen, kan die hele proses as irrasioneel bewys word. Dit kan die grootste Afrikaanse veldtog nóg vir Afrikaans wees.

“Die Afrikaanse gemeenskap moet ook besef dat ons in ʼn baie sterk posisie is om druk op die universiteit uit te oefen. ʼn Groot gedeelte van die universiteit se inkomste, wat insluit studentegeld, donasies en bemakings, is uit die Afrikaanse gemeenskap afkomstig. Sprekers van die taal moet nou die nodige selfvertroue aan die dag lê om die laaste openbare plek waar Afrikaans nog primêr op tersiêre vlak onderrig word, te verdedig.

“Die NWU se taalbeleid is groter as die NWU. Dit gaan nou oor ʼn taal wat veg vir die oorlewing van haar hoërorde- akademiese funksie wat oor ʼn tydperk van 100 jaar ontwikkel is. Dit is eenvoudig te kosbaar om bloot te laat vaar en niemand by die NWU het die reg om dit te weg te neem nie. Ons moet die NWU se konsultasieproses met ʼn stortvloed van nee-stemme tref.

“Die Afrikaanse gemeenskap is moeg van beloftes wat herhaaldelik verbreek word. ʼn Aggressiewe Engelse beleid word maar net telkens met mooiklinkende geurmiddels in die vorm van uitinge oor die akkommodering van Afrikaans en mooi konsulterende prosesse opgedis. Wat by Tukkies, Maties en Kovsies gebeur het, het die Afrikaanse gemeenskap van alle naïwiteit gestroop. By die NWU moet ons net eenvoudig sê: Nee!”

In Maart vanjaar vind die verkiesing van beheerliggaam van meer as 24 000 skole landswyd plaas en volgens die SA Onderwysunie (SAOU) is dit van kritieke belang dat alle ouers die grootste moeite doen om hulle te vergewis van wie die kandidate is of indien hulle 'n konstruktiewe bydrae kan maak, self te staan. Daarby is dit net so belangrik dat ouers ook hul stemreg in die verkiesings beoefen.

Dit is veral van belang vir Afrikaners en Afrikaanssprekende ouers ten einde te verseker dat hulle kinders kwaliteit onderwys ontvang en dit in 'n kultuurvriendelike omgewing. Artikels 20 en 21 van die Skolewet bepaal die funksies waarvolgens 'n beheerliggaam rigtinggewende inspraak in 'n skool kan hê en dit is 'n kosbare kleinood wat ten alle koste bewaar moet word, veral in die lig van die huidige dreigement dat die Skolewet ingrypend kan verander.

Vir meer besonderhede besoek www.saou.co.za.

Twee oorwegend Afrikaner / blanke koshuise by die Universiteit van Pretoria is vir alle praktiese doeleindes verban uit die universiteitslewe. De Goede Hoop Koshuis, met afdelings vir mans en dames, wat homself verklaar het as “slegs Afrikaans en Christelik”, is ná ingryping in die sg. Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities (CRL Kommisie, is die koshuis bestempel as 'n oorblyfsel van “apartheid” en verbied om aan studentebedrywighede op kampus deel te neem.

Sonop Koshuis met sy lang en tradisieryke geskiedenis het 160 inwoners, waarvan slegs ses swart is. As gevolg daarvan is die koshuis geskors uit alle eerstejaarsbedrywighede op kampus, omdat dit nie aan die kwotavereistes van die universiteit voldoen nie.

Dit is uiters tragies dat by 'n universiteit wat deur Afrikaners begin is met onderrigmedium Afrikaans, handhawing van die Afrikaner- en Afrikaanse identiteit as 'n misdaad geklassifiseer word en dienooreenkomstig verban word. Die ironie is dat aangebore volkskap 'n basiese mensereg is wat in die volkereg en ook in artikel 2 (7) van die handves van die VN erken word.

In 'n artikel gepubliseer in Volksblad sê die uitvoerende hoof van Fedsas Paul Colditz:

“In slegs 2 484 van die 23 719 openbare skole in Suid-Afrika, word Afrikaans as onderrigtaal gebruik, hetsy vir enkel-, dubbel- of parallelmedium-onderrig. Die enkelmedium- Afrikaanse skole is ‘n skamele 1 279, oftewel ‘n raps meer as 5% van die totale getal skole. Met die dubbel- of parallelmediumskole bygereken is dit net meer as 10% van die totale aantal skole.


“Gedurende die dekade 2006 tot 2016 het in Gauteng die leerlingtal in openbare skole met 348 118 toegeneem. Met die veronderstelling dat elke skool 1 000 leerlinge moet of kan akkommodeer, sou dit dus die bou van ongeveer 348 nuwe skole impliseer. Die werklikheid egter is dat die getal skole in Gauteng gedurende die betrokke dekade met slegs 85 toegeneem het.

“Hierdie syfers bewys ‘n volslae gebrek aan behoorlike beplanning en leierskap. Voeg dan nog daarby dat ouers met hul voete stem op soek na onderwys van ‘n beter gehalte vir hul kinders en dat sekere skole in die provinsie leegloop omdat ouers aan die ellende van swak onderwys probeer ontkom, dan is dit duidelik waarom daar soveel druk op die skole is wat goed funksioneer.


“Dit het dus niks met taal te doen nie.

“Die probleem met wanfunksionele skole en gevolglik swak onderwys is inderdaad reusagtig. Wanneer byna 80% van gr. 4-leerlinge nie met begrip kan lees nie, wanneer derduisende kinders jaarliks uit die skoolstelsel val, wanneer derduisende kinders landwyd onderrig ontneem word omdat die departemente nie deeltydse onderwysers aanstel om vakatures te vul nie of skoothoofde en onderwysers nie aangestel word nie en subsidies waarop skole geregtig is, nie uitbetaal word nie omdat provinsies se begrotings uitgeput is, is dit nie Afrikaanse skole - of enige ander skool - se skuld nie.


“Funksionele skole - insluitend Afrikaanse skole - doen te midde van hul eie oorvol programme baie moeite om uit te reik na minder bevoorregte gemeenskappe en skole. Enige individuele skool kan egter min doen om die massiewe stelselprobleme uit die weg te ruim of op te los. Die staat moet die skuld vir die probleme kry.


“By funksionele skole is die uitmuntende leierskap van beheerliggame en skoolhoofde wat hul gemeenskappe lei om self verantwoordelikheid vir hul skole te aanvaar wat uitnemendheid en funksionaliteit tot gevolg het. Dit doen hulle ten spyte van die onderwysdepartement en nie danksy die departement nie.”

ITSI, die e-leerverskaffer van Pretoria, het aangekondig dat vanjaar bykans 20 000 leerders van sowat 25 opvoedkundige instansies, hoofsaaklik skole, in Suid-Afrika tradisionele onderrig gaan vervang met e-leer. Die gepatenteerde oplossing van ITSI bied ‘n gratis e-lesertoepassing vir gemaklike toegang tot ‘n verskeidenheid van e-boeke. Gebruikers van die toepassing kan notas en vryhandsketse byvoeg tot die teks, belangrike gedeeltes in die e-boek met verskillende kleure uitlig en outomaties opsommings genereer.

Die geïntegreerde e-leerplatform gee die onderwyser die vermoë om opvoedkundige hulpmiddels soos videos, klankgrepe, addisionele teks en selfontwikkelde-onderrigmateriaal direk in die leerder se boek te voeg. Verder bied dit die funksies om nuusbriewe te deel, vinnige opname van leerderbywoning en toegang tot programme wat denkvaardighede verbeter.

Sodoende trek nie net leerders voordeel uit die gebruik van digitale hulpmiddels en toestelle nie, maar ook onderwysers trek voordeel uit hulpmiddels soos template vir les- en onderrigplanne, template om assesserings op te stel en om beskikbare of selfontwikkelde inhoud met leerders te deel. Die data wat deur die stelsel verskaf word, bemagtig onderwysers om werklik hul leer- en onderrig tot ‘n spesifieke leerder te verpersoonlik.

ITSI het in Pretoria ontstaan, maar het reeds na Engeland en die Midde-Ooste uitgebrei.

Vir meer besonderhede, besoek www.it.si of https://www.facebook.com/itsiDigital/ of https://twitter.com/ITSI_SA of https://www.linkedin.com/company/9384984/.

Die bekende bruin joernalis en politieke kommentator Rhoda Kadalie, wat destyds ‘n verbete sg. anti-apartheidsaktivis was, skryf o.m. soos volg in ‘n rubriek in Volksblad onder die opskrif Verwoerd klop ANC-onderwys:

Ek kan met die beste wil ter wêreld nie verstaan hoekom die ANC nie ons onderwysstelsel kan verbeter nie. ‘n Vinnige kykie na die 2017-resulate toon dié party het selfs die “die goeie dinge” wat met Bantoe-onderwys onder Hendrik Verwoerd en daaropvolgende NP-regerings behaal is, ongedaan gemaak.

Hierdie yslike erkenning klink onsmaaklik, maar word bevestig deur grondige bewyse wat in 2012 deur Hermann Giliomee en Laurie Schlemmer gepubliseer is. Hulle het die uitgawes vir en resultate van Bantoe-onderwys onder Verwoerd en daaropvolgende regimes nagespoor en bevind dat, ondanks apartheid meer geldelike en vaardige menslike hulpbronne in swart onerwys gestort is soos wat meer swart meer swart mense die mark betree het. Selfs verbasender is dat die gehalte van die Bantoe-onderwys hoër was as dié in die meeste huidige swart skole.

Hierdie is ‘n aanklag wat moeilik aanvaar word deur diegene wat apartheid in al sy vorms verag het. In teenstelling met die algemene opvatting, het onderwys vir swart mense sedert die demokratiese verkiesing van die ANC in 1994 agteruit gegaan. Dit gebeur maklik wanneer die regering die slaagsyfer so laag stel dat leerlinge én onderwysers laag mik – en vakbonde onderwysers desondanks beskerm.

Beter resultate vereis groter nougesetheid van onderwysers, inspeksies, beter beleggings van kapitaal en menslike hulpbronne en gedissiplineerde vakbonde.

In konteks beskou, skets die syfers ‘n somber prentjie. Die matriekslaagsyfer is niks om oor trots te wees nie, in ag genome die jaarlikse ritueel van “massering” van resultate.

Ek wed dat minstens 50% van die 153 610 leerlinge wat met universiteitstoelating geslaag het, nie geskik is nie.

Hoe die topmatriekuitslae vir 2017 lyk in verhouding met die demografie van die land, blyk o.m. uit die volgende lys van die 10 topmatriekleerlinge in die Vrystaat vir verlede jaar:

  1. Stehann van Jaarsveld (St. Andrews School)
  2. Janneke Venter (Hoërskool Witteberg)
  3. Johannes van Graan (Hoërskool Witteberg)
  4. Ansuné Naudé (Eunice High School)
  5. Soné du Pisanie (Hoërskool Sentraal)
  6. Minee van den Berg (Meisieskool Oranje)
  7. Carike Moolman (Meisieskool Oranje)
  8. Phole Mofokeng (Mampoi High School)
  9. Franco Marais (Grey Kollege)
  10. Johanna van Wyk (Hoërskool Voortrekker)

Uit die SA bevolking van sowat 60 miljoen is 4,5 miljoen blank oftewel 7,5%.

Bladsy 2 van 5
Go to top