►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Jeugtydbom in SA

'n Ipsos-meningsopname vandeesmaand met die oog op Jeugdag het weereens aan die lig gebring dat SA wat betref swart en bruin jeug op 'n tydbom sit. Volgens die opname is sowat 18,5% van die bevolking onder 19 jaar; 66% is onder 35; werk slegs 20% van die groep tussen 15 en 24 jaar heeltyds of deeltyds; is 41% werkloos; het 1% opgegee om werk te soek; is die res in tersiêre instellings betrokke; en in die groep 19 tot 24 jaar het slegs 2% grade; 45% van 15- tot 17-jariges en 34% van 18- tot 24-jariges dink die SA ekonomie gaan nie herstel nie; en ongeveer 66% van die jeug onder 25 jaar dink Suid-Afrika is polities op die verkeerde pad. Afgesien van die resultate van hierdie opname word berig dat in baie skole is minder as die helfte van die kurrikulum teen die einde van die jaar gedek; het slegs 32% van Wiskunde-onderwysers die wenslike vlak van kennis vir die gr. 6-kurrikulum bereik; en in baie skole is kinders teen gr. 9 steeds ongeletterd. Dit beteken dat die ANC-beheerde onderwysstelsel grootliks halfgeskoolde leerders in die grootmenswêreld instoot. Drie feite wat ook in die prentjie kom, is, eerstens, dat sowat 23 000 skoolmeisies jaarliks in SA swanger raak en dus vir 'n groot gros buite-egtelike kinders binne verbrokkelde gesinstrukture verantwoordelik is. Tweedens a.g.v. HIV-Vigs en talle ander faktore word 'n massa kinders in hoofsaaklik die swart en bruin gemeenskappe in “afwesige vader”-gesinne groot, wat 'n enorme maatskaplike probleem veroorsaak. Derdens, oorskry die getal welsynsontvangers nou in SA die getal salarisverdieners, wat 'n onhoudbare maatskaplike en ekonomiese situasie skep. Daarom is dit duidelik dat SA op 'n jeugtydbom sit.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top