► Pres. Cyril Ramaphosa vra nasionale dialoog oor moontlikheid om pensioenfondse in bankrot staatsondernemings te belê – “Ons finansiële bronne is uitgeput, terwyl ons ontwikkelingsbehoeftes enorm is” ► Vraag op sosiale media: Hoekom kry regering nie die miljarde staatsgeld wat gesteel is terug nie, maar wil nou die pensioengeld vat van mense wat hard gewerk het daarvoor en toegewyd gespaar het? ► Menseregtekommissie oorweeg stappe teen Ernst Roets van AfriForum oor vertoon van vorige landsvlag op sosiale media, word as “verdelend” beskou ► Petroljoggies landswyd dreig om volgende week te staak oor salarisse, eis verhoging van 12%, maar werkgewers bied slegs 5% ► Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, moes gister meer as R10 miljoen aan Eskom pensioenfonds terugbetaal as onwettig ontvang, maar nog geen teken daarvan nie ► Veldbrand wat versprei tot in St. Francisbaai verwoes 12 huise tot die grond toe ► Storm oor aanranding van blanke kleuters deur swart personeel by Myne Maatjies Dagsorg Sentrum in Randfontein, ouers woedend, drie persone gearresteer, MRK swyg soos graf ► Lastereis van oud-minister Derek Hanekom van R500 000 teen oud-pres. Jacob Zuma, vandag in hooggeregshof in Durban aangehoor, eis omdat Zuma Hanekom “apartheidspioen” genoem het ► Curriebekerreeks word hierdie naweek voortgesit, met slegs Griekwas wat verseker is van plek in halfeindstryd ►

Elim as die enkelkwartiere vir enkellopende mans in Orania is besig om ‘n nuwe baadjie aan te trek, met inwoners wat self ook besig is om hand by te sit met skoonmaak en opgradering. Op versoek van inwoners van Elim by ‘n openbare vergadering vir die woonbuurt Kleingeluk, het Projek VatVyf, as instansie vir maatskaplike opheffing ook betrokke geraak, in oorleg met die eienaarmaatskappy Gousblom Ontwikkeling.

Aansienlike skoonmaakaksie is al onderneem, terwyl boukundige opgradering deur Gousblom gedoen word. Op die foto is twee inwoners, Abram Pretorius en Danie Swanepoel, besig om badkamers en toilette skoon te spuit.

Foto: Ditsem Nuus

Go to top