► Pres. Cyril Ramaphosa vra nasionale dialoog oor moontlikheid om pensioenfondse in bankrot staatsondernemings te belê – “Ons finansiële bronne is uitgeput, terwyl ons ontwikkelingsbehoeftes enorm is” ► Vraag op sosiale media: Hoekom kry regering nie die miljarde staatsgeld wat gesteel is terug nie, maar wil nou die pensioengeld vat van mense wat hard gewerk het daarvoor en toegewyd gespaar het? ► Menseregtekommissie oorweeg stappe teen Ernst Roets van AfriForum oor vertoon van vorige landsvlag op sosiale media, word as “verdelend” beskou ► Petroljoggies landswyd dreig om volgende week te staak oor salarisse, eis verhoging van 12%, maar werkgewers bied slegs 5% ► Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, moes gister meer as R10 miljoen aan Eskom pensioenfonds terugbetaal as onwettig ontvang, maar nog geen teken daarvan nie ► Veldbrand wat versprei tot in St. Francisbaai verwoes 12 huise tot die grond toe ► Storm oor aanranding van blanke kleuters deur swart personeel by Myne Maatjies Dagsorg Sentrum in Randfontein, ouers woedend, drie persone gearresteer, MRK swyg soos graf ► Lastereis van oud-minister Derek Hanekom van R500 000 teen oud-pres. Jacob Zuma, vandag in hooggeregshof in Durban aangehoor, eis omdat Zuma Hanekom “apartheidspioen” genoem het ► Curriebekerreeks word hierdie naweek voortgesit, met slegs Griekwas wat verseker is van plek in halfeindstryd ►

Met al meer nasionale handelsmerke wat in Orania vestig, is die jongste geval Orion Hardeware wat ʼn franchise van DIY Depot bekom het. Nadat Ronel en Frik Bekker Orion Hardeware onlangs oorgekoop het, het hulle met die nasionale hardewaregroep DIY Depot begin onderhandel oor ʼn franchise ten einde hul produkreekse uit te brei en meer mededingend te kan aanbied.

Die resultaat was ʼn suksesvolle ooreenkoms en vanaf 1 Julie 2019 is Orion Hardeware DIY Depot in volle bedryf. Die amptelik opening van die uitgebreide en opgegradeerde winkel is 7 – 10 Augustus, waartydens ʼn massa spesiale aanbiedinge geld.

Ronel sê hulle nooi alle bestaande en voornemende klante om hulle veral in hierdie tyd te besoek ten einde voordeel te trek uit ongekende spesiale aanbiedinge.

DIY Depot het landswyd ʼn netwerk van meer as 140 winkels / franchises en vorm weer deel van die groter hardewaregroep Legendary Retail Brands. Hul onderliggende filosofie is uitnemende klantediens.

Go to top