► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Bykans derde van Afrikaanse skole uitgewis

'n Mediaverklaring van die VF Plus lui soos volg: “Enkelmedium-Afrikaanse skole het onder die ANC-regering sedert 2002 met byna ʼn derde verminder, wat as bewys dien dat die aanslag teen Afrikaans ook op basiese onderwysvlak hewig is. In antwoord op ʼn parlementêre vraag het Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga gesê sy het nie syfers sedert 1994 tot haar beskikking nie, maar dat die aantal Afrikaanse skole afgeneem het vanaf 1 814 in 2002 tot slegs 1 234 in 2016.

“As rede voer sy aan ʼn ‘groter aanvraag’ van leerlinge na Engels en ʼn ‘afname’ in die aantal Afrikaanse leerlinge by skole. Hierdie antwoord is verstommend aangesien daar allermins ʼn afname in die aantal Afrikaanse leerders is en dat daar inderwaarheid eerder ʼn doelbewuste uitwissing van Afrikaans in skole plaasvind.

“Daar is ʼn aggressiewe houding teenoor Afrikaans waar skole gedwing word om andertalige leerlinge in te neem waarna die proses van dubbelmedium en later totale verengelsing vinnig volg. ʼn Groot rede hiervoor is omdat daar nie nuwe skole gebou word nie en baie bestaande skole verwaarloos en in onbruik verval het. Die ongenaakbare stryd teen Afrikaanse skole van Gauteng se LUR van Onderwys Panyaza Lesufi dien as bewys hiervan.

“Daar behoort eerder 'n objektiewe en wetenskaplike studie oor die aangeleentheid gedoen te word.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top