Print this page

Plan om Afrikaanse skole te bevorder

'n Plan om die agteruitgang van Afrikaanse skole in die land te bekamp, is aangekondig deur die voorsitter van die Solidariteit beweging Flip Buys. Dit volg nadat Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga in die Parlement aangedui het dat die aanvraag na Afrikaanse onderrig afgeneem het en dat daar daarom ʼn afname in Afrikaanse skole is.


Buys sê in 'n mediaverklaring: “Die getal Afrikaanse skole krimp wel, maar hulle is groter en Afrikaanse wêreldklasonderrig is steeds moontlik. ʼn Groot rede vir die afname in die getal skole lê daarin opgesluit dat daar nie nuwe skole gebou word nie en talle van die bestaande skole verwaarloos en in onbruik verval het. Migrasie tussen skole a.g.v. meer dubbelmediumskole het egter groter en sterker Afrikaanse skole tot gevolg gehad.


“Solidariteit is in gesprek met verskeie rolspelers in die Afrikaanse onderwysomgewing om na oplossings vir die toekoms van Afrikaanse onderrig te soek, met klem op die volgende aspekte:

  • Opleiding van meer Afrikaanse onderwysers – Aros is reeds besig om 1 000 Afrikaanse laerskoolonderwysers op te lei
  • Die Rapport-onderwysfonds
  • Voortgesette ontwikkeling van onderwysers deur Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum
  • Maatskaplike bystand aan kinders – die Helpende Hand voedingskema bereik 5 000 kleuters per dag
  • Voorsiening van skryfbehoeftes deur Helpende Hand
  • Metodes om outonomie van openbare skole te beskerm
  • Finansiële selfstandigheid van skole
  • Beter samewerking tussen rolspelers in die onderwysomgewing
  • Waar nodig die uitvoerbaarheid van Afrikaanse privaatskole te ondersoek
  • Die moontlikheid word ondersoek om tegnologie soortgelyk aan dié van Akademia te gebruik.”
Gradeer die artikel
(0 stemme)