►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Skole nie deur Ogod laat intimideer

Skole moet nie toelaat dat die organisasie Ogod hulle afpers en intimideer wat godsdiensbeoefening in skole aanbetref nie en hulle staan onder geen verpligting om aan dié organisasie verantwoording te doen oor die skool se interne aangeleenthede nie,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys. Hy sê die Grondwethof se uitspraak wat godsdiensgelykheid op skole bevestig, plaas ʼn verpligting op statutêre liggame om uitvoering aan die uitspraak te gee, en dit beteken dat Ogod buite orde is om aanmaningsbriewe aan Christelike skole, of enge ander skool te stuur.

“Skole moet kennis neem dat hulle steeds godsdiens mag beoefen solank hulle dit op ʼn billike wyse doen en nie leerlinge dwing om daaraan deel te neem nie. Die verantwoordelikheid om aan die Grondwethof-uitspraak te voldoen lê op die vlak van stature liggame soos skoolbeheerrade en die onderskeie onderwysdepartemente.

“Ogod se optrede dui daarop dat die organisasie ʼn vendetta voer teen godsdiens en in besonder teen die Christelike godsdiens aangesien al sy onlangse aanmanings na Christelike skole gestuur is. Die VF Plus adviseer skole om nie geïntimideer te word deur hierdie optrede nie en dat enige aksie van Ogod se kant met die betrokke onderwysdepartement opgeneem moet word.”

Vir meer besonderhede kan Alberts gekontak word by 082 391 3117 of 065 801 7216.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top