Sowat 150 deelnemers het vanaf 28 April tot 1 Mei aan een van vier verskillende uithougeleenthede in en om Orania deelgeneem: Vasbyt: 100 km oor 4 dae; Ligloop: 55 km oor 4 dae; Vastrap: 200 km oor 4 dae per fiets; Ligtrap: 116 km oor 4 dae per fiets.
Die uitslae is soos volg:
Ligloop Mans: 1.Helgard Oosthuysen, 2. Daniel Dames, 3. Dirk Cornelius Thomas;
Ligloop Dames: 1. Denice Thomas, 2. Ansie Bronkhorst, 3. Juanine Scheün;
Vasbyt Mans: 1. (nuwe rekord) Henk Mulder, 2. Christo Müller, 3. Joost Strydom;
Vasbyt Dames: 1. (nuwe rekord) Karin Müller, 2. Monja Strydom, 3. Jynie Crafford;
Ligtrap Mans: 1. Wiehan Nel, 2. Stephan Bredenhann, 3. Emile Janse v Rensburg;
Ligtrap Dames: 1. Nadia van Staden, 2. Christa Bredenhann, 3. Yolanda Nel;
Vastrap Mans: 1. (nuwe rekord) Dewald Goosen, 2. Adam Boshoff, 3. Melt Britz;
Vastrap Dames: 1. (nuwe rekord) Erica Kotze, 2. Namaria Britz, 3. Anvia Bredenkamp;
Vanjaar het ook twee persone met prosteses deelgeneem – Lize Brink en Duane van Zyl wat 10 km voltooi het.
Foto: Lize Brink en Duane van Zyl. - Foto: Orania Beweging
Vir meer besonderhede vir deelname volgende jaar, kontak 053 207 0062 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Al hoe meer nasionale handelsmerke maak hul verskyning in die Orania-besigheidswêreld, een waarvan is Afrisam wat pas ‘n massabetonaanleg in samewerking met die Wilco Groep opgerig het, soos op die foto hiernaas. Ander nuwe en bestaande nasionale handelsmerke op die dorp sluit in Big Boy motorfietse, G. Fox veiligheidstoerusting, Exide batterye, Easigas, Seeff Eiendomme en OK MiniMark.
Van die jongste sakenuus te Orania:
Deelnemers van regoor Suid-Afrika berei hulself tans voor vir 'n eiesoortige uitdaging te Orania-omgewing, met 'n keuse uit vier opsies: Vasbyt: 100 km oor 4 dae; Ligloop: 55 km oor 4 dae; Vastrap: 200 km oor 4 dae per fiets; Ligtrap: 116 km oor 4 dae per fiets. Die roetes kronkel deur die groen Bo-Karoo landskap langs die Oranjerivier en begin alles met 'n sweepklap op 28 April en duur tot 1 Mei.
Die geleentheid het die afgelope jare van krag tot krag gegaan en ontwikkel deurentyd allerlei nuwe tradisies, alles aan die hand van nuwe kameraadskappe wat gesmee word. Meer besonderhede by 053 207 0062 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Projek VatVyf het ‘n eie lokaal verkry – in die gebou van die NG kerk in Kleingeluk, maar is apart van die gemeente en het sy eie buitedeur. Die lokaal, aan die oostekant van die gebou, was voorheen onbenut en is goedgunstelik deur die kerkraad aan Projek VatVyf gratis beskikbaar gestel.
Die lokaal, wat onafhanklik van die gemeente benut en bedryf word, is deur VatVyf op eie koste opgeknap – geverf, nuwe vloer, opwasbak en blindings ingesit en gemeubileer - met substansiële borgskappe van verskeie ondernemings in die dorp.
Die lokaal word aangewend vir konsultasies, berading en groepbesprekings. Vir meer inligting of om betrokke by Projek VatVyf te raak, skakel 082 570 5390 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Hierdie nuwe sakeperseel in Smaraglaan, langs OSK, nader voltooiing en maak voorsiening vir vyf winkelruimtes – een groot en vier kleineres. Die woonhuis en nuwe motorhuise op dieselfde perseel bly egter vir residensiële gebruik.
Die eienaars van die perseel en entrepreneurs van die nuwe gebou is Dirk en Alet van Antwerpen – vir meer inligting skakel 084 5566 110.
Die plaas Vluytjeskraal-Noord, groot 284 ha en aangrensend aan die noordekant van Orania, is in 2011 deur ‘n groep sakelui van Orania aangekoop teen ‘n bedrag van R18 miljoen. Met ‘n hoë kop aan die westekant en aan die oostekant ‘n 1,2 km oewer aan die Oranjerivier, beskik die eiendom oor besproeiingsregte.
Terwyl die grond grootliks winsgewend vir die verbouing van mielies en koring aangewend word, het dit groot ontwikkelingspotensiaal, wat insluit residensieël en toerisme. Met die druk wat daar tans op Orania is om voorsiening te maak vir die vestiging van al hoe meer Afrikaners, is 'n projek om die eiendom as ‘n agri landgoed ontwikkel, tans besig om momentum te kry – meer besonderhede elders op hierdie bladsy.
Die O/21 Bokkietoernooi wat in Maart jaarliks al 'n instelling in Orania geword het, is besig om in ’n sportfees met unieke karakter te ontwikkel. Benewens 'n langnaweek van rugby en netbal, gaan daar aktiwiteite en saamkuiergeleenthede wees soos musiek deur Jan Rhaap en Ricus Nel, Mej. Sprankelbokkie, ‘n aand van Cantus en 'n sokkie.
Die rugby en netbal met elk ses streekspanne skop Vrydag 22 Maart af, met die finale rugby en netbal Maandagoggend 25 Maart. Vir verder in die toekoms word beoog om uit te brei na sporte soos krieket en hokkie.
Vir meer besonderhede, kontak Jeske van der Walt by081 251 9617 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Tans in Orania oorskry die vraag na residensiële akkommodasie die aanbod by verre, terwyl 'n nypende tekort aan sakepersele ondervind word. Met gemiddeld sowat 40 nuwe intrekkers per maand (volwassenes en kinders) in Orania en 'n nog groter getal wat na Orania wil trek, maar nog nie hul verblyf- en trekreëlings gefinaliseer het nie, is beskikbare akkommodasie om verskeie redes 'n probleem.
Hoewel daar tans sowat 20 individuele bouprojekte te Orania aan die gang is, is dit relatief kleinskaal in omvang en is aansienlike versnelling en uitbreiding van die boubedryf ooglopend noodsaaklik. Nuwe intrekkers en entrepreneurs met wie Ditsem Nuus gepraat het, voel dat veel meer en groter private ontwikkelingsprojekte van stapel gestuur moet word, dat in die proses innoverende omgewingspraktyke ingevoer behoort te word, dat veral in die groot vraag na bekostigbare middelklasbehuising met eie tuin voorsien moet word en dat die kleinsakesektor gestimuleer behoort te word deur beskikbaarheid van moderne bekostigbare sakepersele hetsy te huur of te koop.
Met die verslegtende situasie in die land en die groeiende vyandiggesindheid van die regering en swart politieke aktivisme jeens blanke burgers, sien toenemend al meer Afrikaners Orania as hul
volkstuiste van voorkeur. Om hierdie uitdaging die hoof te bied , sal die owerhede van Orania spoedeisend visionêre beplanning moet implementeer.
Die Orania Karnaval vind vanjaar plaas van 5-8 April en soos elke jaar is daar weer ‘n vol program. ‘n Nuutjie is ‘n rofstoei-item met ses van die land se bestes. Die Karnaval skop amptelik op Woensdag 5 April af met die gewilde Kaalvoetkonsert en dan is daar o.a. die Klein Reus-konsert met Jannie Moolman op Donderdagaand 6 April, die jaarlikse Karnavaloptog op Vrydag en benewens die talle Karnavalstalletjies, ook verskeie ander prettige aktiwiteite soos die strooibaalkompetisie, skyfskiet en boeresport. By vanjaar se feeskonsert, wat oudergewoonte op die Saterdagaand plaasvind, sal Wynand en Cheree asook Steyn Fourie optree.