As ons so rondom ons gadeslaan, hoe ons mense wreed uitgemoor word, uitgeskel word, geblameer word vir alles wat nog verkeerd geloop het, gemarginaliseer word ekonomies en maatskaplik, ons kultuur en erfenis verkrag word, ens., dan kom ons onvermydelik tot die slotsom dat daar tans ‘n yslike vakuum vir politieke leiding vir spesifiek die Afrikaner bestaan. Iemand moet eenvoudig opstaan en geloofwaardig namens die Afrikaner sê ons gaan ons nie langer so laat moerak nie.
Om hierdie situasie te beredder, is dit ons beskeie mening dat die volgende 10 vereistes nagekom behoort te word:
Wat sê ons lesers van hierdie mondvol?

Met die stemme feitlik klaar getel, is die volgende na ons mening die vernaamste gevolgtrekkings om op hierdie stadium te maak:
Waar laat dit alles die Boere-Afrikaner van Mei 2019? Onbepaald die toekoms in onder verdrukkende en diskriminerende ANC-bewind, of wonderbaarlike saamstaan van regsinniges om selfbeskikking op eie grondgebied en meerderheidsbesetting te bewerkstellig? Dit is die kernvraag wat beantwoord moet word as die Boere-Afrikaner met sy kultuurerfenis en vryheidsaspirasies as volk wil voortbestaan.
Die Houtbaai-verkiesingsdebat geborg deur SABC Nuus het nie uitgedraai soos verwag nie. Vanoggend het inwoners van Houtbaai ’n geleentheid gekry om om hul frustrasies aan hul onderskeie streekleiers te bespreek. Die debat het egter in chaos geëindig nadat EFF-lede stoele begin gooi het na die gehoor.
Verskeie partye was teenwoordig om kwessies van nasionale belang te bespreek. Elke paneellid was verplig om die gehoor te oortuig van hul party se strategiese plan om armoede en swaarkry in die Wes-Kaap verlig.
Drie van die onderwerpe op die lys vir bespreking was: misdaad, werkloosheid en grond. Vir die inwoners wat gehoop het om die debat te gebruik as 'n geleentheid om hul frustrasies met hul politieke leiers te bespreek, is die kans ontneem.
Die EFF en Land Party-ondersteuners hul stoele op mekaar gegooi . Ondersteuners van die BLF en GOOD Party was ook in skermutselinge betrokke. Volgens teenwoordiges het sommige EFF-ondersteuners luidkeels laat weet dat hierdie hul land is. Dit is onduidelik hoe en waarom die botsing uitgebreek het.
Dis net jammer dat sulke optrede op ’n lewendige televisie gebeeldsend is, waar die hele wêreld kan sien hoe Suid-Afrika in ’n sirkus ontaard.
Die vrou wat pas as eerste president van Slowakye verkies is, het gesê haar oorwinning het getoon dat jy kan wen sonder om jou teenstanders aan te val. Zuzana Čaputová, 'n 45-jarige liberale prokureur, het 58,4% van die stemme in die presidensiële verkiesing op haar verenig.
Staan op teen die sonde, was die slagspreuk waarmee Čaputová haar veldtog gevoer het,uitgesproke teen korrupsie, maar pro-immigrasie. Voorts is sy omgewingsbewus, ten gunste van regte vir homoseksuele en ’n voorstander vir verbod op aborsie.
Sy lyk dus ‘n komplekse politikus – hoe gaan sy in die praktyk vaar en hoe gaan sy inpas by ander sentraal-europese lande wat sterk nasionalisties is en anti-immigrasie, is van die vrae, wat gevra word.