Met die stemme feitlik klaar getel, is die volgende na ons mening die vernaamste gevolgtrekkings om op hierdie stadium te maak:
Waar laat dit alles die Boere-Afrikaner van Mei 2019? Onbepaald die toekoms in onder verdrukkende en diskriminerende ANC-bewind, of wonderbaarlike saamstaan van regsinniges om selfbeskikking op eie grondgebied en meerderheidsbesetting te bewerkstellig? Dit is die kernvraag wat beantwoord moet word as die Boere-Afrikaner met sy kultuurerfenis en vryheidsaspirasies as volk wil voortbestaan.
In 'n opsienbare verwikkeling het die SA Kommunistiese Party by monde van sy leier dr. Blade Nzimande, wat ook Minister van Hoër Onderwys is en 'n uitgesproke Zuma-kritikus, die afgelope naweek die volgende ultimatum aan die ANC gestel vir voortgesette alliansievorming en samewerking:
Pres. Jacob Zuma moet uittree as regeringshoof / Die SA burgerskap van die Guptas moet herroep word / Brian Molefe moet uit die Parlement bedank / SASSA moet strafregtelik ondersoek word / Die sg. Premierliga binne die ANC moet ontbind word. Hierdie word beskou as 'n stewige ultimatum wat tot 'n skeuring in die ANC en tot 'n waterskeiding in swart politieke geledere kan lei.