Dit is skreiende en skandalige dubbele standaarde wat toegepas word met die aanklagte teen die Springbokslot Eben Etzebeth n.a.v. ʼn onderonsie met bruin manne in ‘n Kaapse kuierplek en die beweerde gebruik van die h... woord. Daaroor wil anti-blanke bruin rassiste in die Wes-Kaap die stuipe kry, terwyl die MRK alles in sy vermoë om Etzebeth aangekla te kry.
Intussen is in September in Suid-Afrika 46 plaasaanvalle en 7 plaasmoorde gepleeg, dit terwyl die syfers vir Augustus 2019 45 plaasaanvalle en 4 plaasmoorde was – alles swart op wit. Dan word daar nog nie eens genoem van die talle ander swart op wit aanrandings, verkragtings en huisbrake die afgelope maand nie, insluitende bv. in een geval die verkragting ‘n blanke plaasvrou deur drie swart gewapende aanvallers.
In laasgenoemde opsig skitter die MRK en ook blanke liberaliste in hul swye en afwesigheid! So kan dit mos nie aangaan nie!
Hieronder voorsmaakie van ons Nuushooftrekke die afgelope maand – op sigself spieëlbeeld van nuus wat saakmaak!
Appèlhof beslis ten gunste van VF Plus dat BLF ingevolge OVK-regulasies nie as politieke party kwalifiseer nie omdat blanke lidmaatskap nie toegelaat word nie; OVK deregistreer BLF as politieke party
In reaksie op Zuma-getuienis voor Zondo-kommissie sê DA hy moet verduidelik hoe tydens sy presidentskap plundering en korrupsie van een-derde van SA BNP van R 4,9 triljard plaasgevind het
Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek
Tans drama by die Zondo-kommissie met regsverteenwoordiger van voormalige pres. Jacob Zuma,
Vandag in Zondo-kommissie DA-getuies oor staatskorrupsie van sowat R650 miljoen met Estina-suiwelplaas by Vrede met implisering van voormalige premier Ace Magashule
Minister van Finansies Tito Mboweni sê staat leen R1,2 miljard per dag om likied te bly
Mosie in Parlement aanvaar ten gunste van grond onteiening sonder vergoeding 189 teen 67, magtig heraanstelling van Ad Hoc Komitee vir ondersoek na wysiging van Grondwet; stemming 189 – 67, met ANC, EFF, PAC, AIC en NFP daarvoor en DA, IVP, ACDP en VF Plus daarteen
ANC Jeugliga in Gauteng reël vir lede militêre opleiding, wapenhantering en guerrilla-oorlogvoering - luister hierdie onderhoud en sien hierdie kennisgewing
Navorsing van Solidariteit toon dat die blanke bevolking van die land van 0-14 jaar met sowat 17 000 toegeneem het en dat totale blanke bevolking sedert verlede jaar met 130 000 mense gegroei het; dus groot behoefte aan werkskepping vir blankes
Ditsem Nuus skep opwindende digitale markplein, DitsemMarkplein, vir Afrikaanssprekende- en Afrikaner-besighede op Telegram-program vir selfone – om te besoek en in te skakel, volg hierdie skakel
Met ʼn skuld van R441 miljard toon Eskom bedryfsverlies vir 2018/19 finansiële jaar van R20,7 miljard in vergelyking van R2,3 miljard in 2017/18 finansiële jaar, dus styging van 800% in verlies; munisipale skuld by Eskom styg van R13,6 miljard na R19,9 miljard
318 renosters in eerste 6 maande van die jaar in SA gestroop, 190 hiervan in Kruger Wildtuin, dus meer as 50 renosters per maand; in eerste 6 maande van 2018 386 renosters landswyd gestroop
Volgens navorsing verdien 48% van die bevolking van Welkom tans minder as R2 000 per maand
VSA verhoog nuwe invoertariewe op handel met China met $300 miljard, wat iPhone’s en skootrekenaars insluit, finansiële markte in Asië tuimel, groter druk op Chinese ekonomie
Zoeloekoning Goodwill Zwelithini sê as Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming die 2,8 miljoen ha van die Ingonyama Trust wil vat, is dit oorlog
Volgens jongste verslag van SA Inkomstediens (SAID) het kumulatiewe begrotingstekort van Nasionale Tesourie vir die eerste kwartaal meer as verdubbel tot R57,5 miljard; totale inkomste van die staat vir die jaar beloop R317,99 miljard, terwyl die totale uitgawes op R375,45 miljard staan
Daily Maverick berig dat Eskom beplan om R4,32 miljard op diesel te spandeer om ligte aan te hou tot einde van hierdie jaar
Volgens die Vryemark Stigting word elke SA Express passasier gesubsidieer met belastingbetalergeld @ R3 850 per passasier enkelkaartjie en R7 700 op retoerkaartjie; word aanvaar dat gemiddeld 50 passasiers per vlug aanboord van SA Express is, dan kom dit neer op die ekwivalent van twee HOP huise vir elke enkelvlug en vier huise per retoervlug
Volgens die aangehaalde gegewens het SA Express in November verlede jaar ʼn reddingsboei van R1,24 miljard van die staat ontvang en nou weer staatsgewaarborgde finansiering van R300 miljoen
Konferensie getiteld Afrikaner Akkoord en Selfbeskikking op 31 Augustus 2019 in die Amfisaal, Voortrekkermonument, Pretoria, meer as 80 voorbereide dokumente word voorgelê
Antwoord op Parlementêre vraag toon dat SAPD 9,5 miljoen patrone en sowat 4 300 vuurwapens die afgelope 6 jaar deur diefstal verloor het
Pasgepubliseerde Woordeboek van die Afrikaanse Taal Deel XV (WAT) wat slegs gedeelte van letter ‘s’ vanaf ‘skool’ tot ‘SRU’ met ongeveer 9 000 lemmas, toon ontsaglike woordeskat van Afrikaans, ver meer as enige ander amptelike taal in die land behalwe Engels
Afgetrede finansiële hoof van Vrystaatse regering Anna Fourie getuig voor Zondo-kommissie dat op 15 Junie 2012 druk op haar geplaas is deur hoofde van destydse Dept. van Landbou om onmiddellik sonder tenderdokumente en dienslewering R30 miljoen oor te betaal aan Gupta Estina-maatskappy vir Vrede-melkprojek
Betogings in Hong Kong eskaleer in feitlike volskaalse opstand teen Chinese Kommunistiese regering, Hong Kong lughawe gesluit vir alle vlugte; Chinese militêre voertuie naby Hong Kong-grens
VSA Nasionale Veiligheidsraadgewer John Bolton op besoek aan Brittanje bied vryehandelsooreenkoms aan Britte aan in geval van Brexit sonder ooreenkoms
Vandag, 14 Augustus, amptelik die 144ste verjaarsdag van Afrikaans as taal, nadat dit op 14 Augustus 1875 in die Paarl met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) beslag gekry het
TLU SA stel Plaashuise Register bekend om boere te huisves wat hul plase verloor het – navrae Elanza Joubert by 012 804 8031 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die nuus die week dat die Gelykheidshof in Johannesburg beslis dat die openbare vertoon van die van die vorige landsvlag op haatspraak neerkom, is niks minder as ‘n skreiende ongeregtigheid teen oor die Afrikaner en ook skreiende skandalige dubbele standaarde. Die vorige landsvlag is vir behoudende lede van die Afrikanervolk ‘n kosbare kultuurskat en ‘n simbool van selfbeskikkende vryheid.
Ons self sal die vorige landsvlag altyd respekteer en koester en dit met trots vertoon. Daaronder het ons ons vryheid verwerf en ook getrag om ander volke in SA hul vryheid te gee, ‘n strewe in die as geslaan is, met die wrange vrugte wat vandag a.g.v. hierdie verkeerde besluite geneem is.
Ons weet dat agter die hofuitspraak van gister sit die Illuminati en NWO as die bose vyande van die Afrikanervolk en dat die ANC en hul meelopers slegs marionette is in die stryd om die Afrikaner finaal te ondergrawe. Wat ons betref, neem ons saam met eensgesindes die stryd op en sal dit voer tot uiteindelike oorwinning.
In hierdie nuusbulletin gee ons eerstens ‘n agtergrond van die vorige landsvlag soos deur Hanne Engelbrecht op sosiale media versprei, ‘n uiteensetting waarmee ons volkome identifiseer. Daarna verskaf ons die selfverduidelikende voorblad artikel getiteld Drie vlae – en hul verhale, ‘n artikel wat ons aan die hele wêreld wil wys en wat ons hoop ook so versprei sal word.
Die Oranje-Blanje-Blou
Ná die Spaanse godsdiensoorlog is die Hollandse vlag se rooi baan in ere van Willem van Oranje na oranje verander. Dit is hierdie oranje-wit-blou vlag wat Jan van Riebeeck by die kasteel gehys het, vandaar die naam “Die Van Riebeeck”-vlag.
Die Republiek Natalia het teruggegryp na die rooi-wit-blou met die Groot Trek. Op 14 Februarie 1840 het Andries Pretorius met ʼn kanonskoot die hysing van hul vlag gevier. Met die Engelse verowering van Natal in Junie 1842 is die vlag weer gestryk ten gunste van die Union Jack.
Tydens die vlagontwerp van die Vrystaat in Februarie 1856 het die Hollandse gesant Hiddigh ʼn versoek van die Huis van Oranje oorgedra dat die nuwe Vrystaatse vlag oranje moet vertoon.
Transvaal het egter in Februarie 1858 besluit om voort te gaan met die rooi-wit-blou. President Burgers was ontevrede en wou die ou Voortrekkervlag van Stephanus Schoeman terug hê. Die Vierkleur (waarby groen bygevoeg is) is eers in Oktober 1874 aangeneem en op 6 Januarie 1875 deur Ds Dirk van der Hoff ontwerp en in Potchefstroom gehys.
Na Uniewording het die Vlagkommissie die openbare mening getoets en bevind dat die meerderheid mense die ou “Van Riebeeck”-vlag verkies.
Twee maande voor die amptelike ingebruikneming van die Oranje-blanje-blou is dit reeds in Havana, Kuba, gehys deur Eric Louw, die Unie se handelskommissaris in New York, tydens ‘n konferensie oor immigrasie op 30 Maart 1928.
Met die hysing van die vlag by die Parlementsgebou in 1928 het die skare spontaan gesing:
“Dis die tyd, dis die dag
Om te handhaaf en te bou,
Hoog die hart, hoog die vlag,
Hoog Oranje-blanje-blou”.
Interessant is dat die vlagkleure, ook onder Hollandse invloed, aanvaar is as die stadsvlag van Manhatten in die VSA.
“Once again a flag is flying
O’er Manhatten, old and new,
And it tells the city’s story
In the Orange, White and Blue”.
Dit is ook minder bekend dat die Tsaristiese Rusland die vlag aanvaar het as die vlag van die Slawiese ras. Slowakië en Slowenië, asook Tseggo-Slowakye, het ook die drie-baan vlag aanvaar.
Die digter en skrywer CJ Langenhoven, skrywer van Die Stem, het ook Die Vlaglied geskryf:
“Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra,
Wat beteken jou vlag dan, Suid Afrika –
Ons weet hy is die seël van ons vryheid en reg
Vir die naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
Die pand van ons erf’nis, geslag op geslag,
Om te bou vir ons kinders se kinders wat wag”.
Drie vlae – en hul verhale
Die tersaaklike feite blyk indien kortliks gelet word op die onderskeie geskiedenisse van die volgende drie vlae: Die vorige landsvlag, die huidige landsvlag en die Kommunistiese vlag oftewel die hamer-en-sekel. Wat het in die geskiedenis van elk van hierdie drie vlae gebeur, m.a.w. wat is die verhaal van elkeen?
Die vorige landsvlag:
Die huidige landsvlag:
Onder die Kommunistiese vlag:
Teen hierdie agtergrond kan tot die volgende slotsom gekom word:
Alle vorige ANC-presidente van die land, behalwe Motlanthe, het bande met Guptas gehad – Mandela, Mbeti, Zuma en Ramaphosa
In 'n tyd waarin in Suid-Afrika sentimente, retoriek en aksies teen die Afrikaner ongekende vlakke bereik – trouens dit wil voorkom of 'n onverklaarde burgeroorlog teen die Afrikaner deur die regering en bondgenote gevoer word – het die FAK sopas aangedui dat dit oor tyd 100 nuwe Afrikanermonumente landswyd gaan oprig. Dit is beslis 'n sterk uitwaartse stap ter bevestiging van die volkskap van die Afrikaner, van die inheemsheid van die Afrikaner in die land en van die feit dat SA die enigste vaderland van die Afrikaner is.
In 'n mediaverklaring sê die FAK: “Die lys van Afrikanerbouers, met bewese en uitnemende prestasies, is baie lank. Dit is bouers wie se nalatenskap die toets van tyd deurstaan het en positiewe vrugte dra. Daarom gaan die die FAK 100 nuwe Afrikaner-monumente bou waarmee ons aan die vergete bouers van ons verlede die erkenning wil gee wat hulle toekom.
“Dit word beplan om die monumente oor die volgende paar jaar op te rig. Vanjaar fokus ons veral op die Anglo-Boere-oorlog vanweë die 120ste herdenking van die uitbreek van die oorlog en is pas die Penkopmonument op die terrein naby Parys onthul ter nagedagtenis van sowat 2 400 seuns tussen die ouderdomme 6 en 16 jaar wat aan die oorlog deelgeneem het en gely het, talle waarvan ten koste van die hoogste tol.
Die volgende monument wat onthul word, is by Irene konsentrasiekamp op 12 Oktober vanjaar. Volgende jaar gaan ons 'n monument vir Afrikanerdogters oprig, langs die Penkopbeeld by Parys. Ons beplan ook monumente vir ons Afrikaner-sporthelde, -sakemanne, -digters, ens.
“Teen die plan van die FAK word teenkanting uit sekere oorde ervaar, aan die wortel waarvan lê die verwagting dat Afrikaners hulle taal, geskiedenis, kultuur en tradisies moet onderwerp aan die meedoënlose rassetransformasie wat op die samelewing afgedwing word. Vir die uniekheid van kultuurgemeenskappe en hulle verhale is daar in die inklusiwiteitsbeskouing geen plek nie.
“Selfs al skep die Grondwet ruimte vir diversiteit en kulturele identiteit, irriteer dit die eksponente van onverdraagsame inklusiwiteit grensloos. Hierdie onverdraag-saamheid is egter voorspelbaar, want daarvolgens moet geskiedenis slegs beoordeel word aan die hand van 'apartheid', want anders kan rassetransformasie nie geregverdig word nie.
“Afrikaners durf nie trots wees op die prestasies van hulle voorouers nie, word geredeneer, want 'apartheid' het dan al die goeie bouwerk en uitnemende prestasies van die verlede tot niks gemaak. Afrikaners mag nie kinders van konsentrasiekampe vereer sonder 'n rits polities korrekte voorwaardes nie.
Wanneer argumente opdroog, word die holruggeryde cliché dat Afrikaners na 'apartheid' terughunker, roekeloos rond-geslinger. Die slot is altyd dieselfde - wit mense word as sondebokke ontmasker en Afrikaner-organisasies wat nie gedienstig en skuldig die nek onder die juk van die meesterverhaal buig nie, word as rassiste verdoem.
“Laat dit vir eens en altyd duidelik gestel word: Die FAK glo aan 'n ruimteskeppende en medemenslike Suid-Afrika. Inklusiwiteit beteken vir die FAK om saam te werk aan sake van gemeenskaplike belang en saam te bou aan 'n beter toekoms vir al Suid-Afrika se kinders. Die FAK weier volstrek om swart rassisme met wit rassisme te beantwoord en glo dat die meerderheid wit, swart en bruin Suid-Afrikaners mekaar nie haat nie.
Inklusiwiteit beteken vir die FAK dat verdraagsame, ontspanne ruimtes geskep word waarbinne die veelvoud van kultuur-gemeenskappe in Suid-Afrika kan floreer. In 'n verdraagsame verstaan van inklusiwiteit is daar vryheid - vryheid om saam te werk en om self te doen. Dit is nie nodig om alles vir almal te probeer wees nie.
“Die FAK is ontspanne oor die feit dat daar verskillende perspektiewe op die geskiedenis is. 'n Verdraagsame inklusiwiteit soek balans tussen eenheid en verskeidenheid - balans wat bevorderlik is vir sosiale kohesie.
“Die FAK probeer nie met die bou van nuwe Afrikanermonumente iemand 'n punt bewys nie, kraak geen kultuurgroepe af nie, probeer niemand verneder, of ander se kulturele identiteit te misken nie. Niemand word gedwing, voorgesê of omgekoop om met die Afrikanermonumente te assosieer nie.
“ Die Afrikanermonumente word beplan op veilige plekke waar dit beskerm, bewaar en waardeer kan word. Dit word ook nie gebou met staatsgeld of belastinggeld nie, maar met die hulp van gewone Afrikaners wat vrywillig tot die FAK Geskiedenisfonds bydra.
“Dit is Afrikaners wat sê ons mag trots wees op wie ons is en op die bouwerk van ons voorouers. Dit is Afrikaners wat nie net monumente bou nie, maar ook toekomsgerigte organisasies, besighede, skole en 'n nuwe Afrikaanse universiteit ontwikkel.”
Om by te dra tot die FAK Geskiedenis-fonds, besoek www.fak.org.za/vat-ons-geskiedenis-terug.
Wat betref die polemiek in die media en op sosiale media rakende beweerde finansiële onreëlmatighede in die Orania Beweging, word Ditsem Nuus as Orania-gebaseerde koerant deur lesers om kommentaar gevra. Daarom kan ons die situasie nie ignoreer nie en lewer derhalwe soos volg kommentaar:
Dit lyk of MultiChoice/DStv-debakel vonk van nasionalisme by Afrikaners wakker gemaak het – sien musiekvideo 'Hoor jy die Stemme' in die verband
Die nuwe regulasies van die Gautengse Onderwysdepartement wat bepaal waar leerlinge aanstaande jaar d.m.v. ʼn aanlynproses geplaas kan word ongeag taal of voorkeur, was duidelik ʼn poging deur LUR Panyaza Lesufi, bekende anti-Afrikaanse aktivis, om Afrikaanse skole in die provinsie nek om te draai. Die nuwe regulasies vir die inskrywing van leerders vir aanstaande jaar, geskeduleer om op 13 Mei te geopen het, stel taal glad nie meer as ʼn vereiste oor waar kinders ingeskryf mag word nie.
Die vereistes wat nou voorop gestel word, is o.m. die skool naaste aan die woonplek van die leerders en of daar reeds in 'n skool familielede van die leerders is wat aansoek doen. Die aanlynproses is anoniem en leerders wat aansoek doen, moet eenvoudig die uitslag van hul aansoek sonder voorbehoud aanvaar.
Leerders kan dus nie meer aansoek by 'n spesifieke skool doen nie, terwyl 'n skool gedwing kan word om voorsiening te maak vir onderrig in die taal van keuse van die nuwe leerders. Of daar plek in 'n skool is, sal ook nie meer noodwendig as 'n rede vir weiering kan geld nie.
Die VF Plus sê tereg in ʼn mediaverklaring: “Taal is nie meer ter sprake nie, en die voorskrifte is volgens die VF Plus ongrondwetlik aangesien dit enkelmediumskole duidelik sal dwing om leerders van ander tale te akkommodeer. Die geldigheid van hierdie regulasies sal in ʼn hof getoets moet word, aangesien dit geen ruimte laat vir enkelmedium-moedertaalonderrig nie.”
Die nuwe aansoekstelsel kan dus hoogs nadelig wees vir tradisionele Afrikaanse skole. Die wortel van die probleem is ooglopend tweeledig: Aan die een kant, het die Gautengse Dept. van Onderwys gefaal om genoeg nuwe skole en klaskamers te bou vir die ontploffende getalle leerders en nou word, in die tweede plek, die bal aangegee na hoogsfunksionele Afrikaanse skole om hoofsaaklik swart nuwe leerders te akkommodeer.
Weens 'n agterstand in instandhouding moet skole in Gauteng, soos ook in die res van die land, handel met verouderde en verslegtende skoolinfrastruktuur. Daarvan is die Driehoek-brugtragedie vroeër vanjaar in Vanderbijlpark sprekende 'n voorbeeld en ten opsigte waarvan Lesufi en sy departement strafregtelike aanklagte in die gesig staar.
Die Gauteng onderwysdepartement begroot jaarliks R1 miljard vir die opknapping en opgradering van openbare skole, maar die behoefte in hierdie verband in terme van geldwaarde, beloop alreeds ʼn massiewe R5 miljard. Volgens 'n ondersoek deur die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) is daar jaarliks ’n toename van ongeveer 85 000 leerders in Gauteng , wat huidig 'n tekort van 142 nuwe skole meebring, waaronder 85 primêr en 57 sekondêr.
Hoe dit ook al sy, AfriForum en Fedsas het gesamentlik ernstig beswaar gemaak teen die nuwe aanlynregistrasiebeleid en dreig om dit hoftoe te neem, waarop Lesufi gedeeltelik toegegee het en die opening van die aanlynproses met 'n week uitgestel het. Vanoggend 20 Mei 2019 om 08:00 is die aanlynstelsel egter in werking gestel en het reeds meer as 250 000 Gr. 1 en Gr. 8 aansoeke plaasgevind.
Inmiddels het Lesufi gespog dat hy sy ideaal verwesenlik het “deur alle voor-1994 spore van apartheidskole uit te wis en dat dit nou net geïntegreerde en gelykgemaakte onderwys is wat geld.” Daarmee is moontlik die doodskoot gegee vir eens trotse Afrikaanse skole.
In nasionale verband kan volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge minstens 75% van skole in SA as wanfunksioneel beskou word en tot 80% van graad 4’s as funksioneel ongeletterd. Daar is wetenskaplik bevind dat ʼn meerderheid kinders uit SA staatskole nie op die vereiste opvoedkundige vlak is vir hul graad of ouderdom nie en dat dit hulle swak voorbereid laat vir tersiêre studie en die werksplek.
Die nuwe stelsel en beleid in Gauteng laat die rooiligte flikker vir onderwysowerhede in die res van die land, veral wat betref die voortbestaan van Afrikaanse skole. Derhalwe behoort sulke onregmatige en rampspoedige beleidsrigtings in die kiem gesmoor te word voordat onberekenbare skade aangerig word.
Plastiek het ’n bedreiging van epidemiese omvang in die wêreld se oseane geword en volgens wetenskaplikes van die Verenigde Nasies word na raming 100 miljoen ton plastiek in die see gestort wat seelewe ernstig benadeel, tot op diepste diepte van sowat 10 kilometer. SA lê 11de op die wêreldranglys van lande wat die oseane met plastiek besoedel.
Victor Vescovo, ’n afgetrede vlootoffisier en ontdekkingsreisiger van Texas, het onlangs met ’n miniduikboot amper 11 km (10 928 m) die diepste tot nog toe geduik –tot op die bodem van ’n punt in die Mariana-trog in die Stille Oseaan. Tydens sy ekspedisie is nuwe spesies ontdek maar ongelukkig ook afval produkte onder andere plastiek en metaal. Vescovo hoop om met sy ontdekking die bewusmaking te verskerp oor die storting van afval produkte in die oseane en vra dat die regerings moet ingryp deur bestaande regulasies daarteen te verskerp of nuwes in te stel.
Altesaam 80% van alle plastiek wat weggegooi word, beland in oseane en volgens die SA se departement van omgewingsake word minstens 267 verskillende spesies nadelig geraak weens verstrengeling of die inneem van mariene afval, dit sluit seevoëls, karetskilpaaie, robbe, walvisse en visspesies in. Die Ellen MacArthur-stigting voer aan dat ongeveer 8 miljoen ton plastiek elke jaar in die see beland en na raming 13 000 stukke plastiekafval in elke vierkante kilometer oseaan ronddryf. Sonder drastiese optrede sal daar in die toekoms meer plastiek as visse in die wêreld se oseane wees.
Statistiek Suid-Afrika maak bekend dat werkloosheid in die eerste kwartaal van vanjaar met 0,5 persentasiepunte toegeneem tot 27,6%. Die syfers bevestig ekonome se vermoede dat ekonomiese groei in die eerste kwartaal negatief was en werkloosheid nog steeds een van SA se grootste uitdagings is.
Die SA ekonomie het die jaar op ’n bitter noot begin met werkloosheid wat tot 27,6% opgeskiet het nadat dit in die vierde kwartaal van 2018 op 27,1% gestaan het. Die aantal mense in diens , is aansienlik minder as ’n jaar gelede en het met 86 000 mense, tot minder as 16,3 miljoen mense gedaal.
Daarteenoor het die getal werkloses met 3,7% tot 6,3 miljoen mense gestyg en die getal ontmoedigde werksoekers met 7,5% tot byna 3 miljoen. Dit beteken dat byna 9,2 miljoen Suid-Afrikaners van werkende ouderdom nie op skool is, studeer nie verder en is nie vrywilliglik sonder werk. Die syfers kom uit Statistieke SA se kwartaallikse indiensnemingsopname (QLFS) vir die eerste kwartaal van 2019, maar groeisyfers word eers in Junie uitgereik.
Volgens ekonoom Dawie Roodt is ekonomiese groei in SA te swak om genoeg werkgeleenthede te skep en beurtkrag deur Eskom help nie veel om werkskepping te steun. Nywerhede soos AngloGold Ashanti beplan hul uittog ten einde weg te kom van Eskom se onvoorspelbaarheid met kraglewering en tariefaanpassings , asook ingewikkelde arbeidsproblematiek.
Jongste kwartaallikse arbeidsyfers van Stats SA, wys landbousektor het in eerste kwartaal vanjaar geraamde 12 000 werksgeleenthede verloor.
Jongste syfers van Stats SA toon Oos-Kaap het in eerste kwartaal van vanjaar 90 000 werksgeleenthede verloor, wat uitgebreide werkloosheidkoers in provinsie op 48,3% te staan bring – dus elke tweede volwassene in Oos-Kaap sonder werk.
Die omstrede standbeeld van oud pres. MT Steyn van die Vrystaatse Republiek, gaan van die UV se Bloemfontein-kampus na die Oorlogsmuseum verskuif na hul aansoek om ’n permit geslaag het. Die besluit kom in die nasleep van die FeesMustFall-betogings in 2015 en 2016 waar ’n groep studente geëis het dat die standbeeld verwyder moet word omrede studente aanstoot neem van die erfenis stuk wat apartheid en onderdrukking simboliseer.
Steyn was van 1896 tot 1902 die president van die voorheen onafhanklike Oranje-Vrystaat en sy standbeeld wat op 29 September 1929 op die plein voor die Grey-universiteitskollege se hoofgebou onthul is, sal op 11 Oktober, presies 120 jaar ná die uitbreek van die Boereoorlog, op sy nuwe staanplek by die Oorlogsmuseum onthul word.
Die Afrikanerbelange-organisasie en burgerregte waghond AfriForum het egter appelleer teen die besluit en vra indien die beeld verskuif word, of Afrikaanse studente en personeel nog welkom op die kampus is. Hulle beklemtoon ondermeer dat die verskuiwing eerder studente sal polariseer as om respek en samehorigheid onder hulle te bevorder.
Prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier van die UVS voer aan dat hoewel die verskuiwing van die standbeeld die potensiaal het om verdeeldheid in die universiteitsgemeenskap te saai, het die openbare prosesse die potensiaal getoon om ʼn vlak van verdraagsaamheid te skep.
AfriForum versoek lede van die publiek wat die appèl teen die permit en verskuiwing van die standbeeld wil ondersteun om die beswaarskrif by https://www.afriforum.co.za/steyn-moet-bly/ te onderteken, of om “Steyn” na 42315 te SMS (R1).
Die NYSE-genoteerde AngloGold Ashanti het aangekondig dat dit beplan om die Mponeng-aanleg, sy enigste oorblywende goudmyn in SA asook die diepste ter wêreld, te verkoop, tesame met al sy ander bates in die land. Sou dit wel gestand kom, beteken dit dat AngloGold moontlik geen belange in die land gaan hê nie en die einde aangebreek het van die eens veelgeroemde Anglo-American goudryk van die Oppenheimers in SA.
Mponeng-goudmyn, geleë naby Carletonville, is meer as 4 km diep en volgens AngloGold se uitvoerende hoof, Kelvin Dushnisky kan die myn nog vir die volgende agt jaar goud lewer, maar dit gaan beduidende investering benodig om sy leeftyd te verleng. Dushnisky sê daar is egter ander projekte in sy portefeulje wat aantrekliker vir die maatskappy is om kapitaal in te belê.
AngloGold Ashanti, wat gewaardeer word teen R70 miljard en wat gelys is op die FTSE / JSE Top 40-indeks, het sy SA portefeulje alreeds in 2017 drasties afgeskaal ná die verkoop van Moab Khotsong-myn aan Harmony Gold en die Kopanang-myn aan Hong Kong se Heaven Sent-maatskappy. Die verkope kom ná opbrengste nie winsgewend genoeg was a.g.v. 10% stygende koste, terwyl die maatskappy se werkersmag van 6 000 ook ‘n factor is in die negatiewe balansstaat en moes verlede jaar noodgedwonge 2 000 van die werksmag afgelê word tydens ’n herstruktureringsproses.
AngloGold-aandele het verlede Donderdag op die JSE 1,44% laer op R168,74gesluit.
Die KykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het Sondagaand kykers geskok met hul nuwe inskrywing toe die name van die 10 boere bekendgemaak is wat vanjaar in die 12de reeks van dié gewilde program sal poog om die ideale pasmaat te vind. Hierdie seisoen is nege boere op soek na die perfekte vroulike metgesel, met een boer opsoek na sy ideale man.
Die sangeres en aktrise Leah keer terug as die aanbieder van die program en kykers sal van Oktober die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het se liefdesreis op KykNET kan volg. Tydens die eerste episode word 10 boere deur Leah aan die kykers bekendgestel.
Die hele proses van die reeks word verduidelik en kykers word uitgenooi om te skryf vir die boere. Vanjaar se oes is tussen 26 en 51 jaar oud en het vyf boere van die Wes-Kaap, twee van die Noord-Kaap, twee van die Oos-Kaap en een van Gauteng opgelewer.
Na die aankondiging van die eerste gay boer, het talle aanhangers van die program kommentaar op Boer Soek 'n Vrou se digitale platforms gelewer. Een aanhanger het die program bedank dat hul die lesbies, gay, biseksueel en transgender (LGBTQ gemeenskap) deel maak van die program, maar die meerderheid aanhangers is glad nie gelukkig met die aankondiging van die eerste gay boer nie en is teleurgesteld in die program .
Wat is jou kommentaar oor Boer soek ’n man? Lewer gerus jou mening oor die nuwe verwikkeling.
Die klagte van die Nelson Mandela Stigting en die Menseregtekommissie (MRK) voor die Gelykheidshof dat die vorige landsvlag as haatspraak verklaar moet word en dat die vertoon daarvan selfs in private huise strafregtelik vervolgbaar gemaak moet word, kom neer op die ernstigste aantasting nóg van die kultuurerfenis en karakter van die Afrikaner as volk in eie reg. Word egter gelet op die tersaaklike feite, dan is dit duidelik dat hierdie poging nie net berus op gruwelike onwaarhede nie, maar dat dit ook behels skreiende dubbele standaarde en erge diskriminasie.
Wat is die tersaaklike feite? Dit blyk indien kortliks gelet word op die onderskeie geskiedenisse van die volgende drie vlae: Die vorige landsvlag, die huidige landsvlag en die Kommunistiese vlag oftewel die hamer-en-sekel. Wat het in die geskiedenis van elk van hierdie drie vlae gebeur, m.a.w. wat is die verhaal van elkeen?
Die vorige landsvlag:
Die huidige landsvlag:
Onder die Kommunistiese vlag:
Teen hierdie agtergrond kan tot die volgende slotsom gekom word:
Op die internasionale front is die grootste verwikkeling die handelstariefoorlog waarin die VSA en China tans indryf, met die VSA wat sy algemene invoertariewe op Chinese goedere verhoog vanaf 10% na 25%. Dít nadat intense onderhandelinge tussen die twee moondhede misluk het. Die volgende twiet van pres. Donald Trump sê dit alles: “We have lost 500 Billion Dollars a year, for many years, on Crazy Trade with China. NO MORE!” – Trump 10 Mei 2019.
Inmiddels, soos die spreekwoord lui, as die olifante stoei, dan moet die gras ly – wêreldwyd sidder internasionale geldmarkte, terwyl die pryse van kommoditeite soos klere styg. Dit geld ook vir Suid-Afrika.
Met die stemme feitlik klaar getel, is die volgende na ons mening die vernaamste gevolgtrekkings om op hierdie stadium te maak:
Waar laat dit alles die Boere-Afrikaner van Mei 2019? Onbepaald die toekoms in onder verdrukkende en diskriminerende ANC-bewind, of wonderbaarlike saamstaan van regsinniges om selfbeskikking op eie grondgebied en meerderheidsbesetting te bewerkstellig? Dit is die kernvraag wat beantwoord moet word as die Boere-Afrikaner met sy kultuurerfenis en vryheidsaspirasies as volk wil voortbestaan.
Nadat die organisasie Black First Land First (BLF) deur die Gelykheidshof beveel is om skriftelike verskoning te bied aan alle Suid-Afrikaners omdat hul slagspreuk Land or Death neerkom op haatspraak, het hulle by monde van hul leier Andile Mngxitama botweg geweier om daaraan gehoor te gee. Die BLF, wat ook berug is vir slagspreuke soos Kill the Boer en One settler, one bullet weier ook om die slagspreuk te verwyder van hul sosiale mediaplatforms, webwerf en ander promosiemateriaal.
Die BLF, wat in 2015 gestig is deur Mngxitama as voormalige EFF-lid, se hoofbeleid is grondonteiening sonder vergoeding in blanke besit, al moet dit gepaard gaan met bloedvergieting . Mngxitama was verlede jaar ook in die moeilikheid by die Gelykheidshof nadat hy moord op blankes, insluitende vroue en kinders, blatant aangehits het
Inmiddels lyk dit of die BLF power vaar in die verkiesing van 8 Mei en is dit te betwyfel of hulle êrens ‘n enkele setel sal inpalm. Die legitimiteit van hul deelname aan die verkiesing word in elk geval betwis nadat die Gelykheidshof die VF Plus gelyk gegee het dat die OVK wetlik oortree het deur die BLF as politieke party te registreer, omdat die organisasie volgens sy grondwet slegs vir swart mense oop is.
Terwyl die nasionale kragvoorsiener spartel om aan die groeiende aanvraag van elektrisiteit te voorsien, is daar potensieel ’n alternatiewe oplossing vir die Noord-Kaapse dorp Kathu. Dit is in die vorm van die grootste sonplaas in SA naby die dorp, wat elektriese krag kan lewer van 100 MW, genoeg vir sowat 179 000 huishoudings ononderbroke krag.
Die Kathu Solar Park (KSP) projek, wat in 2016 begin ontwikkel is, is 'n 100 MW Greenfield Gekonsentreerde Sonkrag (CSP) projek met paraboliese trog en gesmelte soutstoortegnologie. Die aanleg, wat 600 ha beslaan, bestaan uit ʼn totaal van 384 000 panele.
Die aanleg is anders as enige ander sonplaas, want krag word in ’n reuse stel batterye opgegaar om te verseker dat krag beskikbaar is selfs op reënerige of bewolkte dae. Die stoorstelsel maak dit voorts moontlik om 4.5 ure van hitte-energie te berg ten einde die gevolge van onreëlmatige sonlig te absorbeer en selfs om elektrisiteit op te wek ná sonsondergang.
Daar word verklaar dat die Kathu-aanleg binne 20 jaar 6 miljoen ton CO2 in die atmosfeer sal spaar. In die konstruksiefase van die projek is sowat 1 700 werksgeleenthede geskep.
Die projek dien ter bevestiging van die siening dat die Noord-Kaap die mekka van sonkrag in SA is – ʼn potensiaal wat nog ver van behoorlike benutting is. Die sleutelvraag is hoe om die monopolistiese knelgreep van Eskom te verbreek.