►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Tragiek van Sonop en De Goede Hoop Koshuise by UP

Twee oorwegend Afrikaner / blanke koshuise by die Universiteit van Pretoria is vir alle praktiese doeleindes verban uit die universiteitslewe. De Goede Hoop Koshuis, met afdelings vir mans en dames, wat homself verklaar het as “slegs Afrikaans en Christelik”, is ná ingryping in die sg. Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities (CRL Kommisie, is die koshuis bestempel as 'n oorblyfsel van “apartheid” en verbied om aan studentebedrywighede op kampus deel te neem.

Sonop Koshuis met sy lang en tradisieryke geskiedenis het 160 inwoners, waarvan slegs ses swart is. As gevolg daarvan is die koshuis geskors uit alle eerstejaarsbedrywighede op kampus, omdat dit nie aan die kwotavereistes van die universiteit voldoen nie.

Dit is uiters tragies dat by 'n universiteit wat deur Afrikaners begin is met onderrigmedium Afrikaans, handhawing van die Afrikaner- en Afrikaanse identiteit as 'n misdaad geklassifiseer word en dienooreenkomstig verban word. Die ironie is dat aangebore volkskap 'n basiese mensereg is wat in die volkereg en ook in artikel 2 (7) van die handves van die VN erken word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

2 opmerkings

  • Janacift - Woensdag, 22 April 2020

    Site Cialis Generique [url=https://abuycialisb.com/#]cialis prices[/url] Tab Shipped Ups Progesterone Amex Accepted Store Cialis Cytotec 200mcg

    Report
  • Anschen - Dinsdag, 13 Februarie 2018

    En julle AANVAAR dit sommer net so. Die grondwet maak tog nie voorsiening vir diskriminasie van enige aard nie. Gaan in protes, julle betaal mos!!! Hou op ruggraatloos wees. Geduldig, gedienstig, gedwee.... jul word gedreig, moenie gsan lê nie man!

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top