► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Sol-Tech ambagsopleding in 2019 in vyf dorpe

Sol-Tech het aangekondig dat dit vanaf 2019 vir die eerste keer ’n oorbruggingsprogram vir toelating tot

ambagsopleiding by die kollege in vyf dorpe regoor Suid-Afrika gaan aanbied. Deur hierdie toevoeging hoop Sol-Tech om ambagsopleiding vir meer jongmense, ook in die platteland, toeganklik te maak.

Sodoende kry jongmense met onvoldoende skolastiese kwalifikasies die geleentheid om hulself te bekwaam vir gekrediteerde ambagsopleiding en behaling van kwalifikasies. Studente gaan die basiese beginsels van relevante vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Ingenieursgrafika en -ontwerp, en ambag-spesifieke tegniese vakke leer om sodoende die nodige toepaslike onderbou vir verdere studies te verkry.

Die institusionele opleiding vind steeds by Sol-Tech in Pretoria plaas, maar die oorbruggingsprogram gaan net soveel meer jongmense toelating tot opleiding by Sol-Tech bied. Hierdie program word al vir ’n geruime tyd deur middel van voltydse kontaksessies in Pretoria aangebied vir studente wat reeds hul skoolloopbaan voltooi het en die Sol-Tech-keuring geslaag het. Vanaf 2019 sal dit egter vir die eerste maal ook deur middel van ’n

afstandsonderrigmodel met geskeduleerde kontaksessies in samewerking met vyf skole verspreid oor Suid-Afrika aangebied word.

Satellietkampusse op Wolmaransstad (Hoërskool Wolmaransstad), Bethlehem (Bethlehem Voortrekker Hoërskool), Naboomspruit (Hoërskool Hans Strijdom), Worcester (HTS Drostdy) en Klerksdorp (Hoërskool Schoonspruit) verseker dat studente toegang tot gehalte-onderrig in hul eie dorp kan kry. Opleiding gaan aaneenlopend oor ‘n tydperk van 24 weke geskied en leerders moet oor ’n graad 10-sertifikaat

beskik.

Vir meer besonderhede besoek www.sol-tech.co.za of skakel Schikkie Geldenhuys by 082 555 6865.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top