► Gister 16 Junie is Jeugdag amptelik in SA gevier ter herdenking van die Sharpville-opstand in 1960, maar dit is ook die herdenking van 16 Junie 1900 toe Lord Roberts proklamasie onderteken het vir inwerkingstelling van beleid van verskroeide aarde wat tot die lyding en dood van sowat 30 000 Boervroue, -kinders en bejaarde mans gelei het – kyk hierdie video ► Vir presies hoe die Anglo-Boere-oorlog 1899 – 1902 verloop het en hoe die Britse oormag die lyding van vroue en kinders misbruik het om die Boerekrygers tot oorgawe te dwing, volg hierdie skakel ► Ambassadeur vir SA in Denemarke Zindzi Mandela skel SA blanke burgers op Twitter uit vir “cowards” en “land thieves” en sê dr. Chris Barnard “learned the basics of heart surgery from his black gardener” ► AfriForum vra Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerkinge Naledi Pandor om Zindzi Mandela onmiddellik terug te roep en af te dank ► Furore oor Twitter-geskel van Zindzi Mandela omdat sy veronderstel is om alle Suid-Afrikaners te dien en sy betaal word met belastinggeld van alle Suid-Afrikaners ► Volgens konsepwetgewing tans voor Parlement Broad Based Black Economic Empowerment Amendment Bill word begunstiging van blanke vroue uitgehaal omdat hulle in die praktyk van die sg. benadeelde groepe die vinnigste in die SA ekonomie vorder – volg hierdie skakel vir meer besonderhede ► Met spanning in Midde-Ooste rondom Iran skiet goudprys op na $1 350/ons, hoogste in 14 maande ► Vakunie Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) kondig aan dat dit met onderhandelinge vir lone in platinumbedryf later vandeesmaand gaan vra vir basiese salaris van R17 000; AMCU verteenwoordig sowat 60 000 lede ► Berig dat SABC slegs salarisse betaal en nie meer enige diensteheffings aan Stad van Johannesburg en City Power betaal nie, vraag of SAUK volgende maand nog in bedryf sal wees ► Vragmotorbestuurder Bernard Groenewald wat by Touwsrivier so deur aanvallers met brandbomme bestook is, is in hospitaal aan sy wonde oorlede ► Die Voortrekkers o.l.v. dr. Danie Langner onthul op plaas naby Parys nuwe standbeeld van Die Penkop tesame met twee borde met name van 2 466 seuns tussen ses en 16 jaar wat dié oorlog oorleef het ► EPR veiligheidsbeampte, Christo Myburgh, te Krugersdorp oorval op perseel deur drie gewapende aanvallers vermoedelik zamas zamas en drie keer geskiet ► Vind by hierdie skakel passievolle pleidooi vir moedertaalonderrig, ook in Afrikaans, deur Johnell Pelser op sosiale media ►

Kampus-rewolusie en Afrikaans

Die geweld tans op SA kampusse gaan wel oor vernietiging van Afrikaans en die Afrikanerkultuur op alle SA kampusse, veral by voorheen Afrikaanse universiteite en dit gaan oor sg. gratis klasloop en sommer alles gratis, maar in die groter prentjie gaan dit oor die aanstigting van rewolusie in SA en die omverwerping van die bestaande orde gebaseer op Christelike norme.

Die aanstigters? Verskillende frontorganisasies op die onderskeie kampusse in samespanning met hoofsaaklik die EFF. Agter hulle staan egter internasionale magte in duisternis gehul, maar gegee onlangse feite in die Midde-Ooste en in ander wêrelddele, is hulle kenbaar as die internasionale geldmag met sy handperde, as Moslem-ekstremisme en as Chinese neo-kolonialisme.

Daar is dus ‘n magtige dryf dat die bestaande orde in Suid-Afrika in duie moet stort en dat anargiste uit die puin die skatte van die land moet kan kom plunder. Dit is egter bloot ‘n moontlikheid, want of hierdie moontlikheid gaan realiseer, is ‘n ope vraag. Daar is steeds die geloof van Christelike landsburgers in die almagtige God, asook die onverbiddelike liefde van baie bona fide Suid-Afrikaners vir hul land.

Dit is ‘n breë agtergrond en daarteen kan kortliks die volgende oor die jongste stand van Afrikaans op kampusse by die voorheen Afrikaanse universiteite opgemerk word:

  • Tukkies: Die sg. UPRising in tandem met die EFF terroriseer vir wegdoen met Afrikaans as onderrigtaal en selfs “die laaste Afrikaanse handboek.” AfriForum Jeug skop verbete vas en dring aan op Afrikaans naas Engels. Die UP-bestuur onder prof. Cheryl de la Rey wil veeltalige onderrig volg en doen ‘n eierdans. Daar is goedondersteunde Christelike gebedsaksies op die kampus en gemoedere bedaar. In unieke omstandighede kom o.a. Solidariteit, AfriForum Jeug, die ANC en die Kommunistiese Jeugliga bymekaar en besluit gesamentlik teen geweld en vir ‘n plek vir Afrikaans. Situasie tans skaakmat.
  • Pukke: Drie kampusse is betrokke – Potch, Mafikeng en Vaaldriehoek. Oorhoofse rektor prof. Dan Kgwadi wil radikaliseer en wegdoen met Afrikaans, maar te Potch bied Afrikaanse studente, dosente en sekere lede van die raad teenstand teen ReformPUK. Die vertrek van Potchkampus- rektor prof. Herman van Schalkwyk, pro-Afrikaans, laat ‘n leemte. Te Mafikeng vind die uiterste plaas – die kampus word gedeeltelik afgebrand en die bestuur sluit dit tot April. Afrikaans is daar nie ‘n kwessie nie, maar duidelik is ‘n rewolusie die doelwit. Te Vaaldriehoek kook dit, maar nie so erg soos te Mafikeng nie.
  • Kovsies: Die lelikste tonele in die geskiedenis van die UV – Varsity Cup rugbywedstryd deur invallers ontwrig, Vishuis aangeval en standbeeld van oud-pres. CR Swart afgebreek. Swart studente o.l.v. SR-voorsitter Lindokuhle Ntuli en Sasco sê hulle sal aanhou betoog totdat rektor prof. Jonathan Jansen bedank het en vervang is deur ‘n swart radikaal. Afrikaans is ná ‘n bekookte proses afgeskaf as onderrigmedium en Engels geld. Uiterse gedwonge rasse-integrasie op kampus is steeds aan die orde van die dag. Die senaat steun Jansen, terwyl die konvokasie al die pad swyg. Die UV-bestuur laat tans ‘n sg. onafhanklike ondersoek doen na die kampusgeweld, maar wil nie sê wie behartig die ondersoek nie.
  • Maties: Die aktivistiese Open Stellenbosch betoog teen al wat Afrikaans is, hoewel hulle numeries klaarblyklik ‘n klein minderheid is. Die US-bestuur en AfriForum Jeug kom ‘n maand gelede ooreen vir gelykberegtiging van Engels en Afrikaans, maar die senaat draai die besluit om – met instemming van die bestuur. Die konvokasie onder voorsitterskap van regter Jan Heunis skop egter vierkantig vas en sê die gelykwaardigheid van Afrikaans is ononderhandelbaar. Studentegeledere is verdeeld. ‘n Vreedsame byeenkoms van AfriForum Jeug by die standbeeld van die US-stigter JH Marais ontlok gewelddadige protes deur Open Stellenbosch en die EFF.
  • Akademia: Hierdie nuwe Afrikaanse universiteit van Solidariteit in Centurion vier sy 5de bestaansjaar en betrek ‘n splinternuwe kampus. Dit het egter nog ‘n ontwikkelingspad om te loop.

Inmiddels het AfriForum Jeug die #RedAfrikaans-veldtog geloods onder die slagspreuk “As ons taal nie goed genoeg is nie, is ons geld ook nie goed genoeg nie!” Die plan behels basies die volgende vyf punte: Die terughou van klasgelde tot Junie 2016 / Die organisering van sterk kampusstrukture / Mobilisering om Afrikaans te beskerm / Aktivisme / Regsaksies teen universiteite. Steun vir hierdie plan en vir die behoud van Afrikaans by universiteite regoor die land kan gewys word deur AFRIKAANS na 32687 te SMS. Die kontakpersoon vir die plan is Ian Cameron by 073 388 0474 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die toekoms verder? Terwyl Christen-gelowiges glo in gebed as die sleutel, is daar ook ‘n spreekwoord wat lui: “Die ergste wat in ‘n krisis kan gebeur, is dat goeie mense niks doen nie.”

Jongste stryd op Matie-kampus – aktivistiese groep OpenStellenbosch saam met EFF het op 3 Maart onsuksesvol probeer om ‘n vreedsame studentebyeenkoms by standbeeld van J H Marais, stigter van Universiteit van Stellenbosch, te ontwrig. Die betogers is, ironies genoeg, gesteun deur ene Johan Pienaar – op die foto skreeu hy op studente en swaai sy vinger.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top