► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Akademia eerste BCom studente

Akademia as die nuwe universiteit van Solidariteit in Centurion het pas die eerste studente vir BCom (Ekonomie en Regte) aanvaar. Hierdie graad word vanaf 2017 aangebied en verdere aansoeke word ingewag. Dit is die derde graadprogram wat Akademia aanbied en volg op BCom (Ondernemingsbestuur) sedert 2014 en BCom (Bestuursrekeningkunde) sedert 2015. Al Akademia se kwalifikasies is behoorlik geakkrediteer in dieselfde akkreditasieproses wat alle openbare universiteite se kwalifikasies beoordeel. Die koste per jaar beloop R31 400, wat ‘n tabletrekenaar en internettoegang by Akademia se studiesentrums insluit. Studente woon kontaksessies in enige van Akademia se sewe studiesentrums landswyd by. Klasse word na-ure en Saterdae aangebied, sodat skoolverlaters reeds tydens hul studie ? inkomste kan verdien en werkservaring kan opdoen; en sodat diegene wat reeds werk sonder onderbreking van diens kan studeer. Vir verdere besonderhede, kontak Elzette le Roux by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of tel. 010 612 0739.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top