► Navorsing van Solidariteit toon dat die blanke bevolking van die land van 0-14 jaar met sowat 17 000 toegeneem het en dat totale blanke bevolking sedert verlede jaar met 130 000 mense gegroei het; dus groot behoefte aan werkskepping vir blankes ► Ditsem Nuus skep opwindende digitale markplein, DitsemMarkplein, vir Afrikaanssprekende- en Afrikaner-besighede op Telegram-program vir selfone – om te besoek en in te skakel, volg hierdie skakel ► Solidariteit kondig omvattende wettige belastingprotesveldtog aan, insluitende minstens ses regsaksies, teen staatsondernemings en belastingplunderaars, sê staat kan nie belasting gebruik om te steel nie ► Met ʼn skuld van R441 miljard toon Eskom bedryfsverlies vir 2018/19 finansiële jaar van R20,7 miljard in vergelyking van R2,3 miljard in 2017/18 finansiële jaar, dus styging van 800% in verlies; munisipale skuld by Eskom styg van R13,6 miljard na R19,9 miljard ► Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan kondig aan dat huidige voorsitter van raad van Eskom Jabu Mabuza ook aangestel is as waarnemende uitvoerende hoof ► Verslag van Stats SA toon dat werkloosheidskoers in SA van 27,6% in eerste kwartaal gestyg het na 29% in tweede kwartaal, na raming 17 miljoen werkloses in Suid-Afrika; vermoede dat werklike werkloosheid minstens 60% kan wees ► Diensbetogers te Petrus-Steyn brand uit frustrasie huis van ANC burgermeester Mamiki Mokoena van Nketoana Munisipaliteit af; geen drinkwater in die dorp nie ► In Pretoria staak munisipale werkers van SAMWU met looneis van 18% verhoging, terwyl inflasiekoers ongeveer 5% is; staking gepaard met vandalisme van infrastruktuur en intimidasie van publiek – kyk hierdie videogreep ► AfriForum beraadslaag met Marloth Park Belastingbetalersvereniging ten einde vestiging van steenkoolmyn van 18 000 ha op drumpel van Kruger Nasionale wildtuin by Krokodilbrughek teen te staan ► Groot verdeeldheid in ANC oor ʼn voormalige minister Derek Hanekom met Ace Magashule en Jacob Zuma wat sê hy was “apartheidspioen”, terwyl ANC-veterane en andere hom verdedig as gerespekteerde lid van ANC ► Kyk by hierdie videogreep hoe gemeenskapslede te Burgersfort volgens sosiale media SAPD-beamptes behandel ► Volgens Parlementêre antwoord van Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Lindiwe Zulu, is pensioentrekkers en ander begunstigdes afgelope jaar uit maatskaplike toelaes van gesamentlik meer as R21 miljoen bedrieg, terwyl staatsamptenare op bedrieglike wyse R5,4 miljoen in sak gesteek het vir onbehoorlike siekte verlof ► Gereelde georganiseerde betogings en nagwake voor SA Hoë Kommissariaat in Ottawa, Kanada, teen geweldsmisdaad in SA insluitende teen boere, asook teen etniese suiwering, rassisme en korrupsie ► Op Vrouedag 9 Augustus Antieke & Versamelaarsmark by Voortrekkersmonument, Pretoria, 09:00 tot 15:00, alle stalletjie volbespreek, toegang R30 per voertuig, geen troeteldiere ►

Fel stryd om siel van UV

Uit opeenvolgende gebeure die afgelope paar jaar blyk dit dat ‘n fel en oplaaiende stryd woed om die siel van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Die jongste skote in hierdie stryd is pas geskiet met die veldtog wat Solidariteit van stapel gestuur het vir die behoud van Afrikaans as onderrigmedium aan die universiteit, asook met die vergoedingseis van meer as R6 miljoen deur twee voormalige studente teen rektor prof. Jonathan Jansen en die UV. Hoewel dit op die oppervlakte gaan oor Afrikaans en die beweerde verontregting van twee studente, gaan dit in diepere verband oor behoud van Afrikaner-identiteit op die UV-kampus en selfs ten diepste oor Christelike inslag aan die universiteit. Die veldtog van Solidariteit vir die behoud van Afrikaans is in reaksie op die verklaarde voorneme van rektor prof. Jansen om weg te doen met Afrikaans as onderrigtaal by dié universiteit. Jansen het sy voorstel gemotiveer deur na die nadele van ’n dubbelmedium-onderrigtaal vir beide studente en dosente te verwys. Daar is ook tydens ʼn raadsvergadering voorgestel dat die universiteit voortaan van ʼn enkelmedium-onderrigtaal (Engels) gebruik moet maak. Solidariteit meen die verwydering van Afrikaans op Kovsies sal nie net Afrikaans as akademiese taal marginaliseer nie, maar ook ʼn kultuur van stoomroller-transformasie t.o.v. die universiteitspersoneel aanwakker. Jansen is formeel deur Solidariteit in kennis gestel van ‘n voorneme om insette aan die universiteit se taalkomitee voor te lê vir sy wye oorlegpleging en verslag aan die universiteitsraad in November vanjaar. In die lig hiervan het Solidariteit ’n platform geskep waar pro-Afrikaanse mense hul stem kan uitbring oor die taalbeleid deur o.m. die skakel https://solidariteit.co.za/kovsies/ te volg. Inmiddels het prokureursfirma Hurter & Spies van Pretoria in opdrag van AfriForum Jeug namens twee oud-studente van die UV, Charl Blom van Hertzogville en Cobus Muller van Pongola, ‘n skadevergoedingseis van meer as R6 miljoen teen die UV, Jansen en prof. Teuns Verschoor as tugbeampte ingestel. Dit volg nadat Muller en Blom nog as studente verlede jaar van poging tot moord aangekla is nadat hulle byna ʼn swart medestudent met hul voertuig op die kampus raakgery het en destyds deur Jansen openlik as misdadigers gebrandmerk is. Sowel die landdroshof as die Menseregtekommissie het hulle egter onskuldig bevind. Die skadevergoedingeis gaan o.m. oor verkwiste uitgawes en vertraagde toetrede tot die arbeidsmark, asook ʼn lastereis vir naamskending. In die lastereis word o.m. verwys na terminologie wat Jansen na bewering gebruik het soos “misdadigers”, “gewetenloos”, en “gewelddadige en haatlike mense” en wat ook op sosiale media versprei is. Die vergoedingseis word deur die UV, Jansen en Verschoor teengestaan. Uit die annale van die UV met sy meer as eeulange geskiedenis blyk dit dat die universiteit gestig en ontwikkel is as ‘n tersiêre opleidingsinstansie met Christelik-nasionale karakter. As sulks het die universiteit veral gedurende die laaste 30 jaar van die vorige eeu ontwikkel tot ‘n hoër opvoedkundige en navorsingsinstansie van uitnemendheid, met kwalifikasies wat wêreldwyd erkenning gekry het. ‘n Veranderde Suid-Afrika en veranderde internasionale omgewing het met die draai van die eeu nuwe uitdagings en eise gebring en moes uiteraard aanpassings gemaak word. In 2009 met die aanwysing van ‘n nuwe rektor, was prof. Herman van Schalkwyk, destydse dekaan van Landbou- en Natuurwetenskappe, die keuse van die universiteitsenaat, maar die universiteitsraad het prof. Jonathan Jansen aangestel. Onder sy bewind is ingrypende veranderinge aan die wese van die UV aangebring, soos: • Daar is weggedoen met die woord God in die leuse van die universiteit In Deo Sapientae Lux (In God is lig) met In Veritate Sapientae Lux (In waarheid is die lig van wysheid). • Skriflesing en gebed by alle amptelike universiteitsgeleenthede, soos gradeplegtighede, is afgeskaf. • ‘n Intensiewe beleid van rasse-integrasie in universiteitskoshuise is geïmplementeer. • ‘n Verpligte indoktrinerende kursus UFS 101 is vir alle eerstejaarstudente ingestel. • Ná ‘n voorval by Pres. Reitz Kamerwonings tussen vier blanke inwoners en swart skoonmaakpersoneel is die studente summier geskors en is die koshuis op kampus permanent gesluit. • Rassekwotas vir studente-inname in die Fakulteit Geneeskunde is ingestel. • Ná stryd en selfs gewelddadige botsings tussen die ANCJL, Sasco en Jong Kommuniste aan die een kant en die VF Plus en AfriForum Jeug aan die ander kant, is partypolitiek op die kampus verbied en vervang met voorskriftelike studenteraadsverkiesings. Tot toe het die VF Plus telkens bo uitgekom in vrye studenteraadsverkiesings. • Die blanke en Afrikaanssprekende profiel van doserende en ander personeel is stelselmatig verminder en vervang met ‘n profiel van kleur. Jansen is tot dusver in sy ampstermyn gekenmerk deur omstrede, meesal anti-blanke en anti-Afrikaner, uitlatinge. So bv. het hy ná die afsterwe van prof. Russel Bothman, rektor van die Universiteit van Stellenbosch, in Julie 2014, o.m. gesê: “Kampusse wat hoofsaaklik wit is, is in die lig van ons onlangse aaklige rassistiese verlede moreel onaanvaarbaar, demografies onregverdigbaar en opvoedkundig gevaarlik.” Hoewel dit duidelik is dat Jansen ‘n leidende protagonis is om ‘n splinternuwe atmosfeer aan die UV te skep, staan hy nie alleen nie en moet aanvaar word dat hy gesteun word deur ‘n verskeidenheid van magte. Die raad van die UV onder voorsitterskap van regter Ian van der Merwe het Jansen tot dusver nog konsekwent gesteun. In April 2014 is tydens ‘n sonderlinge vergadering van die konvokasie van gegradueerde UV-studente skerp kritiek op tendense by die UV uitgespreek, maar daarvan het dadels gekom. Die konvokasie beskik oor geen grondwet of regskrag nie. Daar is aan die positiewe kant egter ook verskeie positiewe verwikkelinge rakende die UV, bv. in amptelike verklarings van die UV word gewys op nuwe hoogtepunte in navorsing, uitstaande akademiese prestasies van studente en internasionale onderskeidings deur doserende personeel behaal. Op sportgebied presteer die UV voorts puik, met o.a. atletieksterre, UV-studente in die nasionale Protea-netbalspan en die Shimlas wat die Varsitybeker vanjaar gebuit het. Die groot dryf wat die UV betref, is egter op stilswyende politieke gebied, waar hard probeer word om die UV ‘n wêreldse universiteit te maak waar amptelik kultuur, ras en taal behalwe Engels geen rol speel nie. Daarteenoor staan die opvatting dat geen opvoedkundige instansie van werklike waarde sonder sy Christelike en kulturele waardes, gebaseer op vrye assosiasie, kan wees nie. Die stryd om die UV moet verder in wyer verband gesien word waar Afrikaans aan die sg. historiese Afrikaanse universiteite ook erg in die spervuur is – RAU wat nou die Engelse UJ is, Pretoria wat grootliks “getransformeer” is, Stellenbosch waar die laaste reste van Afrikaans as onderrigmedium aangeval word en NWU Potchefstroom waar prof. Herman van Schalkwyk met effek Januarie 2016 die trekpas gekry het. Alles dui daarop dat die versweë mikpunt is om die Afrikaner op tersiêre vlak te ontneem van onderrig en navorsing in sy moedertaal en volgens sy kultuur. Dit alles maak die stryd omtrent die siel van die UV van meer as kritieke belang. • Die skrywer is die redakteur van Ditsem Nuus en het in 1975 die graad D.Phil. in Staatsleer aan die UV behaal.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top