► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Kommentaar (168)

Redaksionele Kommentaar

Baie moed kan geskep word uit die volgende gedig deur ‘n Matriekdogter: Suid- Afrika Waarom sou ons vrees in ons eie land met soveel beloftes…
31 Mei 1902 – Vrede van Vereeniging word gesluit 31 Mei 1910 – Die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1928 – Die…
Op Vrydag 31 Mei 1918 het CJ Langenhoven in Arbeidsgenot, Oudtshoorn, 'n gedig geskryf wat later bekend sou word as Die Stem van Suid-Afrika. Sedertdien…
Dit is duideliker as ooit dat daar 'n skeidslyn loop deur die Afrikaner as volk: Aan die een kant diegene wat steeds glo hul heil…
Met die volgende kommentaar op sosiale media kan ons onsself vereenselwig:   Die ANC wil begin onteien deur artikel 25 van die Grondwet op die…
Vir 'n wonderlike seënwens, kliek hier.  
Bladsy 6 van 21
Go to top