► Beurtkrag: pres. CR en Eskom sê skuld vir Vlak 4 is sikloon in Mosambiek en Zimbabwe wat kraglyne met Cabora Bassa ontwrig ► MTN swig voor druk van Panyaza Lesufi en andere en onttrek borgskap vir Afrikaans is Groot oor deelname van Steve Hofmeyr ► Black Business Council (BBC) kondig voorneme aan om nuwe bank vir swart entrepreneurs te stig in samewerking met Reserwebank, vir verder fondse beoog pensioengeld onder bestuur van OBK ► Eerste pad van herwinde plastiek afval word tans by Jeffreysbaai gebou deur Kouga Munisipaliteit in samewerking met Skotse maatskappy MacRebur, word gesê is goedkoper as teer, maar hou langer – volg hierdie skakel ► Fooi van kurator SizweNtsalubaGobodo vir likwidasie van FBS Bank is R21,6 miljoen ► Vermoede op sosiale media dat skietery van Moslems in Christchurch, Nieu-Zeeland, vooraf beplan om simpatie vir Moslems in Nieu-Zeeland en Australië op te wek vir groter immigrasie na die twee lande soos in infiltrasie in Europa ► Nog kommentaar op sosiale media wys daarop dat Moslems wêreldwyd die grootste enkele vervolgers en moordenaar van Christene is, Somalië, Libië, Pakistan, Jemen, Iran, Sirië, Irak, Saoedi-Arabië, Egipte, Oesbekistan, Nigerië, Turkye en vele ander lande – besoek www.opendoors.org.za ► Pas verneem skietery in Utrecht, Nederland, op trem, een persoon gedood, skieter nog op vrye voet, nuus besig om te breek ► In Algerië tree pres. Abdel Aziz Bouteflika (82) ná 20 jaar af en word nuwe kabinet met Noureddine Bedoui aangewys, maar duisende betogers eis vrye verkiesing ► Luister hoe word Die Stem gisteraand by 'n konsert in Vlaandere, België, gesing in simpatie met blanke Suid-Afrikaners ►

Beskerm arme meerderheid teen die minderheid!

Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar wetgewing oor regstellende aksie ten gunste van die meerderheid is, wat ten volle politieke beheer het. Die feit dat die politieke meerderheid regstellende aksie vereis om hulle teen 'n 8% minderheidsgroep te beskerm, getuig van 'n volslae mislukking van hul kant om hul eie rykdomstrukture te bou, sodat hul enigste oplossing is om dit van ander af te vat.

In die lig hiervan is die woord “ineptokrasie” geskep om die huidige politieke situasie in Suid-Afrika te beskryf: “'n Regeringstelsel waar dié wat die minste in staat is om te lei, gekies word deur dié wat die minste in staat om te produseer en waar die lede van die samelewing wat hulself waarskynlik die swakste gaan onderhou of die minste suksesvol gaan wees, beloon word met goedere en dienste wat betaal word deur die gekonfiskeerde rykdom van 'n kleiner wordende getal suksesvolle produsente.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top