Aletheim 1

►►► Julius Malema van EFF dagvaar ANC Jeugliga vir laster oor beweringe teen hom oor omkopery ► In Kanana-woongebied by Orkney word 7 mense in bende-oorlog vermoor ► Pres. Moon Jae-in van Suid-Korea ontmoet vandag vir Kim Jong-un in Pyongyang, Noord-Korea vir geskiedkundige samespreking ► Berig dat Zambiese elektrisiteitsmaatskappy Zesco aan China verkoop moet word omdat hulle nie hul lening kan betaal nie ► Moderator van NG Kerk ds. Nelis Janse van Rensburg skryf in Kerkbode dat hyself steun homoseksualisme, hoewel dit nie strook met amptelike beleid van die NG Kerk nie ► John Mitchell amptelik weg by Blou Bulle as afrigter en aanvaar pos by Engelse Rugby-unie as verdedigingsafrigter ► Standard Bank getuig voor Zondo-kommissie oor hoe Guptas ook die bank wou dwing om by staatskaping in te val ►►►

Terwyl 'n onverklaarde burgeroorlog teen blankes in SA, in besonder die Afrikaner, woed, knieval die meeste mensevoor die ANC-regering asof hulle die hoogste en enigste arbiter oor die toekoms in die land is. Dit gaan omtrent net oor wat is ANC-beleid oor dit en dat, hoe beïnvloed dit my en my belange, wat is die siening van hul president en die topbestuur, hoe gaan hulle onderwys en ander sleutelsake hanteer, ens. ens.?

Dit laat die vraag opkom, wie is die ANC nou eintlik? In antwoord hierop, die feite op die keper beskou, is ons antwoord:

  • Die geskiedenis van die ANC veral sedert die vyftigerjare is dat dit 'n terroristiese organisasie is. Dit streef om hul doelstellings met vrees, intimidasie en geweld te bereik, daarvan getuig hul fisiese rekord met bomplantings, sluipmoorde, brandende halssnoere, Quatro, e.s.m.
  • Hulle het destyds geen militêre oorwinning teen die SAW en SAP behaal nie en hoogstens geslaag met die Kerkstraatbom en derglike lafhartigheid. Hul “oorwinning” was met die groot politieke uitverkoop tydens die Codesa-onderhandelings.
  • Hulle is 'n Godlose organisasie wat geen erkenning aan God en Sy gebod gee nie. Dit draai vir hulle in alles net om hulself en die mens. Hoe kan sulke blinde leiers gevolg word?
  • Hulle het in 1994 die enigste geïndustraliseerde staat in Afrika in hul skoot gekry, maar dit oor die afgelope 24 jaar in die afgrond in “bestuur” – dus deeglik bewys as totaal onkapabel.
  • Die afgelope twee dekades het die ANC korrupsie gepleeg op 'n megaskaal soos SA nog nie in sy geskiedenis gesien het nie. Hulle het staatskaping aan SA bekendgestel en die konsep feitlik vervolmaak.
  • Al hoekom die ANC regeer, is omdat hulle die steun het van 'n halfgeletterde swart massa wat vinniger aanwas as enige ander bevolkingsgroep in die land. Daarmee pleeg hulle meerderheidstirannie.
  • Om hul posisie in SA teen blankes en in besonder die Afrikaner te verskans, maak hul van SA die enigste land ter wêreld waar die meerderheid met die politieke mag homself deur wetlike diskriminasie beskerm teen 'n minderheid.

So, hoekom buig voor die ANC en enigsins maar enigsins vir hulle bevrees wees? Dit is hoog tyd dat die ANC gesien word vir wie en wat hulle werklik is en dienooreenkomstig teenoor hulle opgetree word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier