►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Op ‘n uitstalling in die Britse Museum in Londen is 'n ou marinierskaart wat in 1525 geteken is. Hierdie kaart het die Noord-Amerikaanse kuslyn en die waters wat daar rondom was, uiteengesit.

Die kartograaf het 'n paar vreemde notasies op plekke op die kaart gemaak wat gebiede verteenwoordig wat ondersoek is. Hy het geskryf: “Hier is reuse,” “Hier is vurige skerpioene,” en “Hier is drake.”

Op een of ander manier het die kaart in die hande van 'n Christen met die naam van sir John Franklin gekom, 'n Britse ontdekkingsreisiger in die vroeë 1800's. Hy het die kaart geneem en die vreeslike inskripsies uitgekrap.

Hy het toe hierdie woorde oor die kaart geskryf: “Hier is God”.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top