► MRK besluit om sy hoof van regsdienste Buang Jones te ondersoek en te verbied om weer met media te praat oor sy voortydige en rassistiese kommentaar oor Eben Etzebeth-saak ► Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanaf 1 Januarie vanjaar tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, oudste slagoffer 96 jaar, gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers ► Volgens syfers van Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga is daar tans 1 126 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, teenoor 1 279 in 2017; 1 112 openbare skole dubbelmedium in Afrikaans en Engels, dus tans 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans ► Universiteit van Vrystaat weier om erflating te aanvaar vir ’n “blanke, behoeftige, talentvolle student”; hooggeregshof in Bloemfontein staan aansoek van FNB toe dat “blanke” uit die testament geskrap word ► NG Kerk Algemene Sinode besluit om formulering van beleid oor selfdegeslagverhoudings van heel vooraf te begin ► Terwyl sommige banke takke sluit, kondig FNB aan dat dit vanjaar 7 takke gaan open in Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Wes-Kaap ► Ter viering van 70-jaar van Kommunisme in China vertoon Chinese weermag in Beijing skrikwekkende interkontinentale wapentuig – sien videogreep ► Ditsem Nuus besig om spesiale fokus saam te stel getiteld Tuisskoling: Oplossing vir onderwyskrisis in die land – enige diensverskaffer of rolspeler in die bedryf wat inset wil maak, skakel 082 773 2150 of advertensies@ditsem.net ► Projek VatVyf kry reaksie op beplande projek Operasie Brandhout om blanke Afrikanermeisies en -vroue in Nigeriese seksslawehandel in die land te probeer bevry, nog medewerkers / ondersteuners / finansiering benodig – skakel 053 207 0127 of epos projekvatvyf@gmail.com – sien videogreep ►

Tyd vir politieke inkorrektheid

Een van die belangrikste positiewe aspekte wat Donald Trump in die wêreldpolitiek gebring het en iets waaroor daar weinig te verskil is, is dat hy die konsep van politieke inkorrektheid gevestig het. Talle sake wat “normaalweg” as taboe beskou word, het hy omgekeer en feitelik bewys dat dit nie geldig is nie en dus nie werd is om as norm beskou te word nie.

Een van die sake wat hy op sy kop omgekeer het, is dat die internasionale hoofstroommedia 'n spesifieke agenda het waarvolgens hulle nuus rapporteer en dat dit dikwels geskied aan die hand van halwe waarhede, verdraaiings en selfs leuens. Die agenda wat hulle dien, is hoofsaaklik dié van die NWO en in hierdie kategorie val media soos CNN, New York Times, BBC, ens.

Dit is egter nie net internasionale media wat hierdie agenda dien nie, maar ook nasionale media, soos bv. die meeste media in Suid-Afrika, Afrikaans sowel as Engels.

Daarteenoor het die ontsaglike uitbreiding van sosiale media en die vryheid van spraak vir die gewone persoon in die straat wat daarmee gepaardgaan, alternatiewe mediakommunikasie geskep waardeur die waarheid soos wat dit is baie meer tot sy reg kom. Geen wonder dus dat pres. Donald Trump Twitter gebruik as sy hoofmedium om sy mening en beleidsrigting weer te gee.

Dit is juis deur sosiale media dat ons 'n brief van 'n onbekende skrywer gekry het wat die hele aspek van politieke inkorrektheid uitstekend verwoord, soos wat dit deur Trump geïnisieer is en dan ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak word. Die artikel is getiteld Hoekom Trump? en om 'n idee van die aard en strekking daarvan te gee, word slegs 'n enkele paragraaf aangehaal:    

 

“Nog nooit in die geskiedenis van die demokrasie het 'n demokraties-verkose president meer demokrate so ondemokraties gemaak as die 71-jarige Donald Trump nie. Ek word gelooi vir my lof vir die windgatste president in menseheugenis. En dit is hy beslis. Hy is bruusk, baldadig en aweregs. Hier egter is my redes hoekom ek aan Trump gehoor gee:”

Om die volledige artikel te lees, wat ons sterk aanbeveel, volg hierdie skakel.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Hans - Maandag, 30 April 2018

    Ek terg Donald daagliks oor sy MAGA wat belaglik is. Ek het empatie met POTUS want hy kom met idees wat na 1945 sou gewerk het.
    Met die Syroete, waar treine reeds van fabrieksvloere tot in London in 14 dae ry, het MAGA en Donald reeds sy handelsoorlog met China en Russiese Federasie verloor.
    Die EU is afhanklik van Russiese Federasie gas as alternatiewe vir steenkool. Nordstream 2 gee gas aan EU.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top