►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Nou wat die ANC, EFF en ander radikales so dreunsing oor die sg. “injustices of the past” en “regstelling” en “opeising”, sê ons: Die Afrikaner het ook ‘n rekening om voor te lê. Hierdie rekening bestaan uit o.m. die volgende:

  • Die sowat 1 500 blanke, meesal Afrikaner-, boere wat sedert 1994 onskuldig op die mees wreedaardige wyse op hul plase vermoor is.
  • Die duisende blankes wat in dorpe en stede deur swartes vermoor en vermink is.
  • Die miljarde aan goedere en eiendom wat deur swart rowers uit blanke wonings en persele die afgelope 24 jaar gesteel is, insluitend motorkapings.
  • Die verlies i.t.v. inkomste, loopbaantyd, gebrek aan opleiding en algemene trouma a.g.v sg. swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en raskwotas.
  • Verliese direk en indirek gely a.g.v. korrupsie van belastingbetalersgeld, gebrekkige nagelate infrastruktuur-instandhouding en staatskaping

Ons is individueel en as volk grootskaals beroof en selfs byna ontneem van ons vaderland en kultuurerfenis. Ons kom met ‘n enorme rekening na die onderhandelingstafel.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top