► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Net so verstommend as wat die val van die ystergordyn in 1989 was, so verstommend is die omkeer van Noord-Korea met hul diktator Kim Jong-un om hul kernwapens op te gee en vrede te maak met Suid-Korea. Dit is amper te goed om waar te wees.

'n Mens wil glo dat dit bona fide en waar is en dat hier 'n ontsaglike internasionale deurbraak vir die beste besig is om te gebeur. Tog is daar 'n mate van positiewe skeptisisme.

Drie aspekte wat ons meen in ag gehou moet word, is, eerstens, dat Noord-Korea basies 'n leë dop is wat met ongelooflike geweldsmag in stand gehou word. As sulks is dit onvolhoubaar en besef Jong-un en sy kliek dit ook en daarom eerder 'n eerbare uitweg soek.

Tweedens, om die kunsmatige, bankrot ekonomie van Noord-Korea te red, sou dit verkieslik wees om dit aan te sluit by die hoogs suksesvolle en florerende ekonomie van Suid-Korea en by die res van die wêreld. Pasop egter, dat Jong-un nie werklik sy kernwapens en militêre gevaar opsê nie en net kyk dat hy sy ekonomie 'n tweede asem gee.

Derdens en die belangrikste: Noord-Korea was vir meer as 50 jaar die mees onderdrukkende plek ter wêreld van Christene en Christelikheid. Om net iets oor Christelikheid te fluister, het vir miljoene mense hul doodsvonnis beteken. Jong-un en sy regime het die bloed en lyding van miljoene mense aan hul hande en dit moet verreken word. Daarom is die koms van Christelike vryheid in Noord-Korea ononderhandelbaar.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top