►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Wat huidiglik in Suid-Afrika gebeur, is dat die blanke blatant deur die swarte geboelie word, op feitlik elke terrein – sg. swart ekonomiese bemagtiging, in die werksplek, in skole, by universiteite, sportkwotas, op landbougebied, dreigende grondgryp, noem op! Die ergste is dat die blanke, veral die Afrikaner, dit toelaat en in die meeste gevalle verskrik opsystaan.

Die redes vir die geboelie, is basies getalsoorwig – hulle is meer, so dis demokraties, ons moet buig. 'n Tweede rede is dat die Afrikaner o so wetsgehoorsaam is – die wet sê jy moet ten alle koste gehoorsaam wees, ongeag hoe die wet toegepas word en deur wie dit toegepas word.

'n Derde rede is Christelike gehoorsaamheid – die Bybel sê jy moet onderdanig wees aan die owerheid, want daar is nie 'n owerheid wat nie deur God ingestel is nie. Wat die Bybel egter ook sê, is dat jy God meer gehoorsaam moet wees as die koning (die owerheid).

In elk geval, dit bring ons by die geval van Vicky Momberg. Sy het in 'n stressituasie – byna gekaap deur swart rowers – die k..... woord herhaaldelik gebruik. Daarvoor sê die hof moet sy twee jaar in die tronk sit, sonder die reg van appèl.

Aan die ander kant, dreunsing die SAFTU / NUMSA swart stakende massa: “Kill the Boer, kill the farmer”. Daaroor sê niemand niks nie. Julius Malema lei sy massa om presies dieselfde te sing en niks substansieels word daaromtrent gedoen nie. Oud-pres Jacob Zuma hou aan sing “Bring my masjiengeweer, sodat ek die vyand (impliserend die blanke / die Afrikaner) kan skiet”. Ook skotvry.

Nog erger – blankes word daagliks in hul huise deur swartmense gruwelik vermoor, aangerand, vermink en beroof, maar nee, dit is nie rassisme nie, dit is net “gewone misdaad”.

Na alles, wat is omtrent die k... woord so degraderend of kwetsend, wat nog te sê krimineel? Is dit 'n diepe innerlike minderwaardigheidsgevoel waarvoor geen buiestander verantwoordelik gehou kan word nie, maar waarvoor die blanke gedwing word om pa te staan?

In enige geval, is dit in die geval van Vicky Momberg ongelooflike dubbele standaarde wat toegepas is en steeds toegepas word. As sulks is dit 'n Godskreiende onreg wat haar aangedoen is en derhalwe verdien dit om reggestel te word.

Ons harte gaan uit na haar.        

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top