►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

“Nog 'n georganiseerde hinderlaag

Die ‘Padda-in-die-pot’-gesegde is al holrug gery, maar kyk na die huidige strategie wat betref nasionale roetes in die land:

1) Eers net hoof snelweë met baie taxi’s afgeblok (klein besige voertuigies). Dus getalle gebruik vir die doel. Dit was sonder groot aggressie.

2) Toe word die blokkeerdery opgegradeer na vragmotors orals in die land om verkeer te laat ophoop. Steeds kalm sonder aggressie.

3) Toe word die bale en brandende bande geïmplementeer op snelweë. Oral in die land is belangrike vragmotors so beroof en waaroor die media tjoepstil is. Vragmotors word vasgekeer tussen brandende bande en kaal gestroop, en drywers gedreig maar nie doodgemaak nie.

4) Opgradering het daarna weer plaasgevind en die stroping van Mooirivier se Spar-vragmotor was 'n deurbraak en het padgebruikers begin soek na alternatiewe roetes.

5) Daarna die jongste ‘opgradering’ – die massa verbranding van vragmotors hierdie week by Mooirivier, met erge intimidasie en selfs doodsdreigemente.

6) Wat sou die laaste opgradering wees? Dat jy wat 'n drywer is lewendig saam met jou vragmotor gaan brand?

Hierdie aksies is landswyd en dit is waarskynlik dat daar buitelandse magte by betrokke is.

Hoe raak hierdie patroon my en jou?

Ons moet onsself in alle opsigte paraat maak, wakker wees en gereed wees vir enige gebeurlikheid. Ons moet oo saamstaan en alle verskille eenkant laat.

Voorts die volgende wenke:

1) Waarsku vragmotoreienaars om hulle drywers te bewapen.

2) Waarsku vragmotoreienaars oor die agenda en die opgeskerpte aanval teen hulle eiendom en personeel...landswyd.

3) As hulle enige teken van blokkasie sien, brandend of nie, ry oor en deur dit. Herstel die vragmotor later, maar red jou drywer se lewe en beskerm jou vrag.

4) BLY KALM EN BEPLAN.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top