► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Op sosiale media gee dr. Elza Meyer, prediker en motiveringspreker van Pretoria, oor die brandende grondkwessie in SA die volgende Bybelse riglyne:

 

“Ek het ervaar dat Vader met my oor grond of ‘land’ gepraat het. Ek het duidelik ervaar dat ek Esegiël 36 moes lees. Dit was vir my interessant dat die opdrag is om te profeteer en dit tot die berge, klowe en dale te rig. Ook die puinhope en verlate stede word opgeroep.

“Esegiël moes eers oor die grond profeteer en daarna oor die mense. Dis Goddelike strategie. Eers die grond en dan die mense …

 

“In die lig hiervan het ek die volgende gebedsriglyne geformuleer:

  1. Suid-Afrika, in die Naam van Jesus Christus profeteer ons tot jou oeroue hoogtes, jou heuwels, berge, klowe en valleie. Ons kondig oor jou puinhope en stede aan: So sê die Here: Niemand sal My land vir hulself as buit vat nie. Vers 1-5.
  2. Die berge sal groot vrugte-oeste dra – gereed vir My mense wat terugkeer huis toe. Kyk Ek gee om vir julle. Ek kom julle help! Julle grond sal omgeploeg en gesaai word. Vers 8-9.
  3. Ek vermeerder die bevolking[ons spreek dit ook uit oor U geestelike volk in ons land, Here]; julle sal die stede bewoon en die puinhope herstel. Ek maak julle meer voorspoedig as vroeër. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” Vers 10-11.
  4. So sê die Here: Julle land is besoedel deur moord en afgode. Daarom het ek julle na baie lande toe verstrooi. Maar Ek bring julle terug, nie omdat julle dit verdien nie, maar terwille van My Naam. Vers 18-24.
  5. Ek was julle met skoon water – julle sal skoon wees. Ek gee julle ‘n nuwe hart met die regte begeertes en ‘n nuwe gees. Julle sal My volk wees en Ek julle God. Vers 24-27.
  6. Julle sal in die land bly wat Ek aan jul voorouers gegee het. Julle sal nie hongersnood ken nie. Julle buurlande sal nooit weer met julle spot nie. Vers 28-32.
  7. In plaas van kaalgestroop sal jul land soos die Tuin van Eden wees! Die stede wat uitgelewer was aan korrupsie, sal sterk en vol mense wees! Die landerye sal beplant wees! Ek doen dit in antwoord op jul gebede! Dan sal almal besef dat Ek die Here is!Vers 34-38.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top