Ons steun die It’s Time gebedsbyeenkoms o.l.v. Angus Buchan môre te Pretoria, in Christelike gees, hoewel ons nie fisies teenwoordig sal wees nie. Ons ervaar die poging as ʼn egte verootmoediging en uitroep tot God-Drieënig en ons vereenselwig ons daarmee vir redding van die land.
Ons vra egter terselfdertyd die vraag vir die Afrikaner spesifiek: Sal God ons verhoor as ons nie die heilige Gelofte van Bloedrivier nakom nie? Loop die twee vir die Afrikaner nie hand-aan-hand nie?
Ons sê dat nakoming van die Gelofte deur die Afrikaner noodsaaklik is vir sy redding en voortbestaan.