► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Afrikaner nog plek in huidige SA?

Met die land wat feitlik tot in die afgrond gekorrupteer is deur die ANC-regering, die staatskas wat bykans leeg is, die aanhoudende moorde van swart op wit beide op die platteland en in dorpe en stede en die ongeëwenaarde rassediskriminasie teen blanke burgers wil ons die eenvoudige vraag vra: Is daar ʼn volhoubare toekoms vir spesifiek die Afrikaner in Suid-Afrika?

In 1994 het die blankbeheerde regering die regering van SA op ʼn skinkbord aan die ANC as die numeries meerderheidsparty oorhandig. Toe het die land die sterkste ekonomie, weermag en maatskaplike struktuur op die vasteland van Afrika gehad, trouens dit was die enigste ontwikkelde industriële staat op die vasteland.

Hoe lyk die prentjie vandag ná 24 jaar van ANC-bewind? Die land verkoop aan die Guptas en ander rampokkers, die staatskas leeggeplunder deur staatskorrupsie, die weermag in vodde, misdaad van die hoogste in die wêreld en rassediskriminasie teen blankes baie erger as wat sg. apartheid ooit was.

Om ʼn lang storie kort te maak, een eenvoudige vraag: Gee vir ons drie goeie redes waarom die Afrikanervolk nog sy heil en toekoms binne die huidige SA moet soek en nie moet wegbreek om op eie gedeelte grondgebied sy selfbeskikking uit te leef nie? Is dit dalk tyd vir Afrikaner-leierskap om op te staan en die geregverdigde eise vir selfbeskikking tot op die vlak van soewereine vryheid op eie grondgebied te stel?

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top