► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

SKEP MOED! Selfbeskikking en demografiese werklikhede

Dat daar in die debat oor die hede en toekoms van die Afrikaner stemme opgaan soos hieronder, is bemoedigend, kan daar daaruit moed geskep word en kan daarop voortgebou word.

 

Selfbeskikking en demografiese werklikhede

  • Arend Lambrechts (082 55 66 158 - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

 

Daar is slegs een haalbare opsie vir die Boere-Afrikaner om uit die knyptang van die snel-disintegrerende “nuwe” Suid-Afrika te ontkom: Selfbeskikking. Ons sal self die kettings van korrupsie, staatskaping, nepotisme, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en eiendomsroof moet weggooi.

Enigiemand wat beweer dat daar ʼn ander uitweg is, het alle kontak met die werklikheid verloor. Suid-Afrika en sy bewindhebbers is onlosmaaklik “Afrika” en om te dink dat dit positief kan of gaan verander, is wensdenkery.

Ons moet eenvoudig vir onsself ʼn ontvlugkanaal skep, waardeur ons in staat gestel gaan word om self ons eie heil te bepaal kragtens ons eie norme en standaarde. Hierdie kanaal moet dus lei tot selfbeskikking – die onafwendbare alternatief is uiteindelike volksvernietiging.

Ons moet ook aanvaar dat onsself die selfbeskikkingspad sal moet oopmaak: die regering en al die binne-parlementêre politieke partye behalwe die VF+, sal ons strewes met alles binne hulle vermoë probeer kelder. Dit sal dus ʼn opdraande stryd wees, gegewe ons beperkte bronne en boonop met talle mede- “Afrikaners” wat hul bes sal doen om ons verdag te maak, te dwarsboom en te verkleineer.

Hoewel ons self die bul by die horings moet pak, het ons gelukkig verskeie wetlike en internasionaal-aanvaarbare beginsels aan ons kant. Artikel 235 van die grondwet maak implisiet vir selfbeskikking binne ʼn eie geografiese gebied voorsiening, die Volkstaat Akkoord van 1994 wat ook deur die ANC goedgekeur is, maak voorsiening vir ʼn volkstaat en twee Internasionale Akkoorde oor Minderheidsregte wat deur Mandela self onderteken is, ondersteun openlik ons reg op selfbeskikking.

Ongelukkig het daar reeds 20 jaar en langer verloop, sonder dat daar enige noemenswaardige beweging in die rigting van selfbeskikking gewees het. Slegs Orania en Kleinfontein bestaan reeds as Boere-Afrikaner-groeipunte – en dit is maar slegs ʼn begin.

Die demografie van die dele van die land waar aansienlike getalle Afrikaners hulle bevind, het intussen egter tot ons nadeel verander. Derduisende volksvreemdes is reeds knus ingeburger in die Afrikanergebiede wat deur die Volkstaatraad aangedui is vir selfbeskikking.

Sal hierdie vreemde elemente self verskuif? Nee. Sal die regering hulle ontruim? Nee. Sal die DA met sy derduisende “Afrikaner” -stemme ons strewe ondersteun? Nee. Myns insiens is enige gebied waaruit nie-Afrikaners teen hulle wil verskuif moet word om plek te maak vir ʼn volkstaat, permanent buite ons bereik. Die geskiedenis en die “ja-stemmers” het ons inderdaad ingehaal.

Ons het dus slegs een haalbare opsie oor: ons moet ons eie grond bekom, volksvreemdes dan van daardie privaatgrond verwyder en daarna eiehandig die Selfbeskikkingspad loop. Geografiese selfbeskikkingsgebiede a la Orania is dan onmiddellik buite die bereik van die komende eiendomsroof-program van die regering – daardie artikel 235 grond val dan buite die beheer van die staat en die roofprogram kan dus nie daarop van toepassing gemaak word nie (behalwe as hulle art. 235 ook sou skrap – maar dan baklei ons!)

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top