► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Mees insiggewende nuushooftrekke van die week

Uit die talle nuushooftrekke wat deur DitsemBlits hierdie week uitgestuur is, onderstreep ons die volgende as die sewe mees insiggewende:

  1. Mmusi Maimane van DA vra hoe is dit dat terwyl SA ʼn kragkrisis het, bou Chinese in die Musina-Makhado Spesiale Ekonomiese Sone in Limpopo ʼn 4600 MW steenkoolkragstasie net vir hulself?
  2. Blanke kinders uit kinderhuise te Ladysmith en Newcastle in KZN summier deur swart amptenare verwyder en in ander plekke geplaas sonder hul medikasie, blykbaar oor ‘rassisme’; van die kinders loop weg terug na die kinderhuise as hul enigste tuistes
  3. Oor hoe massa hoeveelhede gedroogde vrugte, groente en ander voedselsoorte in Durban bemark kan word vir verspreiding aan arm blankes in plakkerskampe en tehuise vir bejaardes, kontak Adéle Reilly by 083 216 3732 epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  4. Uitstaande punte van Begroting gister deur Min. Tito Mboweni in Parlement: Besteding oorskry inkomste met R243 miljard / Om tekort aan te vul moet elke dag R1,2 miljard geleen word / Rente per dag om skuld te finansier R1 miljard per dag / Mboweni sê staatsondernemings moet waai / R23 miljard vir Eskom sonder om sy skuld oor te neem / Geen voorsiening vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) / SAID het in vorige boekjaar R42,8 miljard te min geïn
  5. Volgens SA Nasionale Weermag, wat as noodmaatreël ingeroep is om te help met rehabilitasie van ergbesoedelde Vaalrivier, sê R1 miljard is nodig vir die projek; om egter te sien hoe ergbesoedeld die Vaaldam is, volg hierdie videoskakel
  6. Dit gons op sosiale media oor maneuvers van SA Nasionale Weermag op Kaapse strand om paraatheid te toon – projek in fiasko verval – volg hierdie videoskakel
  7. Ditsem Nuus doen in Maart 2019 uitgawe spesiale fokus op Afrikaner-kultuurerfenis as deel van Afrikanervolkskap – vir besighede en instansies wat ter ondersteuning wil adverteer, skakel 082 773 2150 epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top