► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Tyd vir Afrikaners om op te staan?

Met die ongelooflike getuienisse van korrupsie en diefstal van miljarde der miljarde rand wat daagliks voor die Zondo-kommissie uitstroom, kom die vraag onwillekeurig op:

  • As die ANC-regering dan soveel belastingbetalergeld aan buitelandse Indiërs en Chinese gee, hoekom nog SEB toepas teen blanke Suid-Afrikaners wat reeds vir bykans vier eeue geswoeg het en grootliks verantwoordelik was vir die opbou van die land? M.a.w. hoe lank gaan spesifiek Afrikaners nog stilswyend toekyk hoe ook in hierdie opsig gruwelik teen hulle in hul geboorteland gediskrimineer word?
  • Hoe lank gaan blankes nog belasting betaal aan 'n korrupte regering, wat die geld net so steel en/of weggee aan buitelandse Indiërs en Chinese en/of die geld teen hulle aanwend om hulle te ondergrawe?
  • Hoe lank gaan Afrikaners toelaat dat hulle geboelie word deur 'n bloot numeriese meerderheid met hoegenaamd geen konstruktiewe baanrekord nie?

Het dit tyd geword vir Afrikaners om op te staan? Of moet 'n Amerikaanse Arabier soos in hierdie videogreep dit vir hulle doen?

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top