► Gister 16 Junie is Jeugdag amptelik in SA gevier ter herdenking van die Sharpville-opstand in 1960, maar dit is ook die herdenking van 16 Junie 1900 toe Lord Roberts proklamasie onderteken het vir inwerkingstelling van beleid van verskroeide aarde wat tot die lyding en dood van sowat 30 000 Boervroue, -kinders en bejaarde mans gelei het – kyk hierdie video ► Vir presies hoe die Anglo-Boere-oorlog 1899 – 1902 verloop het en hoe die Britse oormag die lyding van vroue en kinders misbruik het om die Boerekrygers tot oorgawe te dwing, volg hierdie skakel ► Ambassadeur vir SA in Denemarke Zindzi Mandela skel SA blanke burgers op Twitter uit vir “cowards” en “land thieves” en sê dr. Chris Barnard “learned the basics of heart surgery from his black gardener” ► AfriForum vra Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerkinge Naledi Pandor om Zindzi Mandela onmiddellik terug te roep en af te dank ► Furore oor Twitter-geskel van Zindzi Mandela omdat sy veronderstel is om alle Suid-Afrikaners te dien en sy betaal word met belastinggeld van alle Suid-Afrikaners ► Volgens konsepwetgewing tans voor Parlement Broad Based Black Economic Empowerment Amendment Bill word begunstiging van blanke vroue uitgehaal omdat hulle in die praktyk van die sg. benadeelde groepe die vinnigste in die SA ekonomie vorder – volg hierdie skakel vir meer besonderhede ► Met spanning in Midde-Ooste rondom Iran skiet goudprys op na $1 350/ons, hoogste in 14 maande ► Vakunie Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) kondig aan dat dit met onderhandelinge vir lone in platinumbedryf later vandeesmaand gaan vra vir basiese salaris van R17 000; AMCU verteenwoordig sowat 60 000 lede ► Berig dat SABC slegs salarisse betaal en nie meer enige diensteheffings aan Stad van Johannesburg en City Power betaal nie, vraag of SAUK volgende maand nog in bedryf sal wees ► Vragmotorbestuurder Bernard Groenewald wat by Touwsrivier so deur aanvallers met brandbomme bestook is, is in hospitaal aan sy wonde oorlede ► Die Voortrekkers o.l.v. dr. Danie Langner onthul op plaas naby Parys nuwe standbeeld van Die Penkop tesame met twee borde met name van 2 466 seuns tussen ses en 16 jaar wat dié oorlog oorleef het ► EPR veiligheidsbeampte, Christo Myburgh, te Krugersdorp oorval op perseel deur drie gewapende aanvallers vermoedelik zamas zamas en drie keer geskiet ► Vind by hierdie skakel passievolle pleidooi vir moedertaalonderrig, ook in Afrikaans, deur Johnell Pelser op sosiale media ►

Met die ongelooflike getuienisse van korrupsie en diefstal van miljarde der miljarde rand wat soos in uit 'n rolprent daagliks op nasionale televisie vanuit die Zondo-kommissiesittings stroom, kom die volgende vrae onwillekeurig op:

  • As die ANC-regering dan soveel belastingbetalergeld aan buitelandse Indiërs en Chinese gee, hoekom nog SEB toepas teen blanke Suid-Afrikaners wat reeds vir bykans vier eeue geswoeg het en grootliks verantwoordelik was vir die opbou van die land?
  • Hoe lank gaan spesifiek Afrikaners nog stilswyend toekyk hoe ook in hierdie opsig gruwelik teen hulle in hul geboorteland gediskrimineer word?
  • Hoe lank gaan blankes nog belasting betaal aan 'n korrupte regering, wat die geld grootliks aanwend om teen hulle te diskrimineer op grond van velkleur en hulle te ondergrawe?
  • Hoe lank gaan blanke SA burgers toekyk hoe 'n regering hul belastinggeld nie aanwend om die eerste plig van owerheid teenoor onderdaan na te kom nie, nl. die beskerming van hul lewe en goed?
  • Gaan blanke burgers toelaat dat 'n regering hul belastinggeld gebruik om hul eiendom te konfiskeer sonder vergoeding?
  • Hoe lank gaan Afrikaners handegevou toekyk hoe die ANC-bewind hul kultuurerfenis opgebou oor 367 jaar verder vertrap totdat dit moontlik onherstelbaar vernietig is?
  • Hoe lank gaan Afrikaners nog wetsgehoorsaam wees aan 'n bewind wie se lede van die grootste kriminele in die geskiedenis van die land is en nog los rondloop en nie eens aangekla word nie?
  • Hoe lank gaan Afrikaners toelaat dat hulle geboelie word deur 'n bloot numeriese meerderheid met weinig outentieke konstruktiewe baanrekord nie?
  • Gaan Afrikaners toelaat dat hulle tans verder deur 'n reeks drakoniese wette in 'n Kommunistiese “straight jacket” ingedruk word waarin hulle hul basiese mensevryhede verloor?
  • Hoe lank gaan die Afrikaner nog gedienstig wees aan 'n Godlose regering met 'n bestel wat direk indruis teen die verordeninge van die Bybel?

Ons vra weer: Het dit tyd geword vir Afrikaners om op te staan, polities-inkorrek dinge by die naam te noem en daadwerklike teenaksie neem?

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top