► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Insiggewende Hooftrekke van laas Week:

Hoogste gebou in Afrika, die Leonardo in Sandton, op 234m open in Oktober 2019, ontwikkel @ R3 miljard is dit eenstop leefstylsentrum met 254 woonstelle, drieverdieping dakwoning, vyf verdiepings kantore en talle winkels en restaurante

Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon

Fluitjieblaser kol. Dhanajaya Naidoo getuig voor Zondo-kommissie hoe Richard Mdluli, voormalige hoof van SAPD Misdaadintelligensie, geheime fonds van Polisie misbruik het om een luukse motor na die ander vir homself te koop en terselfdertyd luukse motors vir sy familie uitgedeel het, het ook huise, meubels en kruideniers vir homself uit die fonds aangekoop

Bothaville, eens trots bekend as die Mieliehoofstad van SA, vandag ‘n puinhoop weens geen munisipale dienslewering nie – elektriese substasies gestroop, riool vloei direk in Valsrivier, munisipale werkers lê leeg op straat en huishoudelike afval en bourommel oor 50 ha rondom dorp

Macufe Fees 4 – 13 Oktober 2019 in Bloemfontein @ R34 miljoen belastingbetalergeld, reuse markiestente vir produksies oral in stad opgerig

Solidariteit Beweging en al sy instellings beplan Toekomsberaad op 10 Oktober 2019 vir Afrikaners en Afrikaanse taalgemeenskap – meer besonderhede by hierdie skakel

Pres Cyril Ramaphosa ontvang Nigeriese pres. Muhammadu Buhari op staatsbesoek in SA, voer indringende samesprekings oor handel en verseker Buhari dat Nigeriërs in SA soos gaste behandel word – dit kan egter aanvaar word dat kwessie van Nigeriese dwelmsmokkelaars wat honderde meisies landswyd in SA as seksslawe aanhou, nie op die agenda is nie

SAPD Polisiestasie op Windsorton op 2 Oktober deur 4 gewapende aanvallers om 23:00 oorval, twee SAPD-lede op diens vasgebind en van hul 9mm dienspistole beroof, kry sleutels van kluis, roof nog vuurwapens en vlug met sleutels van SAPD-voertuig

Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê ʼn persoon het aan hom R600 miljoen aangebied om te help met die “modernisering” van die hofstelsel in SA

Facebook #IAmStaying vir Suid-Afrikaners, meesal blankes, wat deur Jarette Petzer begin is en waarop mense bevestig dat hulle in die land gaan aanbly as hul tuisland, het al meer as 6,5 miljoen besoeke ontvang en het volgelingetal van meer as 480 000

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top