►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Hierdie brief in Volksblad deur Ds. Dawie Botes van Welkom stel dit so raak, dat ons nie kan help om dit ook aan te haal nie – kommentaar waarmee ons onsself volkome vereenselwig:

“Met die uitspraak dat lyfstraf nou teen die wet is, maak iets nie meer sin nie.

“Wat van geweld teen die ongebore kind? Is dit reg as daar geweld is teen ongebore kinders, mag hulle maar om die lewe gebring word?

“Êrens is daar dubbele standaarde. Aan die een kant hoor ons van die regte van een groep, maar het die ongebore kinders nie ook regte nie?

“Iemand sal ook moet opstaan vir ongebore kinders. Klein mensies wat uitgelewer is aan omstandighede buite hul beheer en waar daar maklik besluit word weg met jou as ʼn klein babatjie wat reeds gevorm is.

“Daar is derduisende aborsies in ons land, mense doen wat hulle wil en wil dan nie verantwoordelikheid vat vir hul gedrag nie. Natuurlik is daar uitsonderings op aborsies.

“Êrens moet wetgewers weer gaan besin: Jy mag nie ʼn kind lyfstraf gee nie, maar jy mag ʼn ongebore kind wreed vermoor. Is dit reg?

“Êrens is ons besig om die hele punt te mis in die land met sy wetgewing.

“Kom ons bly bid vir ons mooi land.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top