►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Magashule meestermanipuleerder

Ace Magashule as ANC-politikus van die Vrystaat, het die afgelope 26 jaar ʼn massiewe baanrekord opgebou van korrupte politieke manipulasie. In die negentigerjare het destydse Vrystaatse premier Mosiuoa Lekota hom op grond van korrupsie ontslaan as LUR vir Ekonomiese Sake, maar tog het Magashule later vir Lekota verslaan as leier van ANC in die provinsie.

Magashule is nog later deur Zuma as premier van die Vrystaat aangestel en in sy termyn is die provinsie deur ongelooflike korrupsie feitlik geruïneer – miljarde rand se onwettige tenders, meelopers in senior poste wat munisipaliteite gestroop het en dienslewering in duie laat stort het en so gaan die lys aan.

Desondanks dit alles het Magashule daarin geslaag om in 2018 as sekretaris-generaal van die ANC deur ʼn twyfelagtige stemming verkies te word en sedertdien is hy kennelik in dié amp die spreekwoordelike stert wat die hond swaai, nie net binne die ANC nie, maar ook t.o.v. die landsregering.

Die jongste is dat Magashule skynbaar agter die skerms werk om pres Cyril Ramaphosa met die meer radikale adjunk-pres David Mabuza te vervang, ten einde die Zondo-kommissie te laat skrap en sodoende sy eie teregstaan op ʼn ellelange klagstaat te voorkom. Dit moet aanvaar word dat een van die redes is waarom Magashule en ook Zuma nog buite die tronk is, is dat hulle deel is van ʼn omvangryke misdaadryk wat die ANC die afgelope 26 jaar met nasionale en internasionale bande opgebou het – ʼn ryk wat hulle eenvoudig nie kan bekostig om ten gronde te laat gaan nie.

Êrens egter moet die borrel bars.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top