►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

In die bloeijare van Afrikaner-nasionalisme gedurende die sestiger- en sewentigerjare is algemeen aanvaar dat die Afrikaner ʼn volwaardige volk is met vryheid soos in die vierde vers van Die Stem: Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry. Sedertdien met die geweldige aanslag van die Nuwe Wêreldorde (NWO) en hul handlangers het die begrippe “volk”, “vryheid” en “grond” vir die Afrikaner algaande vervaag.

Veral sedert die nuwe bedeling vanaf 1994 het hierdie begrippe al vinniger verwater en vandag is “volk”, “vryheid” en “grond” selfs vreemde begrippe vir sommige Afrikaners. Met groot waardering word egter gesien daar is nog Afrikaners vir wie hierdie begrippe kosbaar en ononderhandelbaar is en wat dit met toewyding nastreef, soos o.a. by Geloftefeeste.

Met soos wat dit tans prakties in die land aangaan en hoe ellendig dit in talle opsigte met die Afrikaner gesteld is, veral noudat die ANC-voorbokke sommer self die grond en eiendom van blankes sonder vergoeding wil gryp en dit nie eens deur die howe wil doen nie, is die vraag: Gaan die regsinnige Afrikaner opstaan teen hierdie hedendaagse Agabshebsug en ʼn streep trek?

Gaan bymekaarkom wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort en gaan hulle onder ʼn verenigde leierskap, wat nie verbloemde verraaiers insluit nie, saamstaan en polities-inkorrek die dinge by die naam noem? Gaan hulle weer gestalte daaraan gee dat huwelike tussen man en vrou, gesinne met kinders, families en, ja, volke Godsingestelde samelewingsverbande is?

Gaan Afrikaners hul volkskap herontdek en dit met geloof en trots uitleef? Gaan hulle dit deurneem na selfbeskikking, volkstaat en vryheid met geloof dat hierdie groot woorde realiseerbaar is?

Gradeer die artikel
(0 stemme)

18 opmerkings

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top