►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Die sakesektor oor die algemeen en besighede individueel beleef tans tye en omstandighede wat hulle voor enorme uitdagings van voortbestaan en winsbehalings stel. SA is amptelik in resessie en die ekonomiese groeikoers van vanjaar word slegs op 0,2% gestel – indien dit so hoog sou wees.

Dit is egter nie net plaaslik waar die ekonomie platlê nie, maar wêreldwyd is ekonomiese toestande tans uiters swak. Boonop het die Covid-19 virus ʼn neerdrukkende impak, terwyl dit veroorsaak dat internasionale geldmarkte tuimel.

Wat by alles ʼn massiewe rol speel, is die voortsnellende ontwikkeling van tegnologie – nuwe tegnologie maak vandag moontlik wat gister selfs nog ondenkbaar was. So, daar moet deurentyd tred gehou word met nuwe tegnologiese ontwikkeling, want anders kan jy vinnig markaandeel en kliënte verloor.

Dit alles stel vandag ‘n enorme uitdaging aan elke besigheid om selfs net te oorleef, wat van nog gesonde besigheidsgroei en wins te lewer. Dit is so dat talle besighede tans op ʼn mespunt is tussen voortbestaan en toemaak en is dit duidelik dat slegs diegene met geloof, innovasie, aanpassing, deursettingsvermoë en goeie sakesin dit gaan maak.

‘n Siftingsproses is verseker besig om plaas te vind en vir Afrikaner-besighede is die uitdaging om nie net staande te bly nie, maar ook om nuwe geleenthede te benut. Dit kan wel wees dat baie “BEE” besighede afhanklik van die staat gaan sneuwel en daarom behoort Afrikanerbesighede daarop bedag te wees om nuwe velde te betree en hul aandeel in die sakesektor uit te brei.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top