► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►


Die Urban Dictionary definieer 'n Stadige Oorlog (Slow War) as 'n oorlog wat slegs sigbaar word wanneer die groot patroon met verloop van tyd aan die lig gebring word. As jy die oënskynlik geïsoleerde gebeure van 'n Stadige Oorlog in versnelde tyd kan speel, sal sy ware aard sigbaar word.

'n Stadige Oorlog is die teenoorgestelde van Blitzkrieg - dit is 'n oorlog so stadig dat jy dit skaars agterkom. Die einddoel is egter dieselfde: Uitwissing van die vyand.
In Suid-Afrika word 'n Stadige Oorlog gevoer.

As jy 20 jaar gelede massaal 4 000 wit boere vermoor, beroof, verkrag en gemartel het en 'n verdere 40 000 blankes in hul huise vermoor het, sou jy 'n opstand gehad het.
As daar 20 jaar gelede aan blanke Suid-Afrikaners gesê was dat hulle 50% van hul plase sou moes weggee aan swartes, sou daar waarskynlik ‘n opstand gewees het.

As daar 20 jaar gelede aan blanke Suid-Afrikaners gesê was dat hul Afrikaanse universiteite gedwing sou word om Engels te word en oorgeneem sou word deur swartes en dat hul kinders nie toegelaat sal word omdat die kwotas vol is, sou jy 'n opstand gehad het.
As blankes 20 jaar gelede gesê sou wees dat hulle in hul massa uit die staatsdiens gedwing sou word en vervang sou word deur dikwels onbekwame kaders, sou jy 'n opstand gehad het.

As Afrikaners 20 jaar gelede gesê was dat hul taal feitlik sou verdwyn uit nasionale televisie, sou jy 'n opstand gehad het.
Tog het dit alles - en nog baie meer - in die 20 jaar lange bewind van die ANC gebeur. Waar is die opstand?

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top